Dalk liewer sandpad. Daar voor lê die Chobe Rivier, in die laaste goue strale van die son. Kan nooit die strepe in die pad wat die voertuie maak weerstaan nie, dit vat my iewers heen waar dit mooi is.... Stellings: 1/60 F/10 ISO 320 Canon 80D. Tamron lens. 16-300. Het intussen van kamera verander, en hoop om regtig volgende jaar beter te doen... raad asb?

Views: 25

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Anita du Toit on October 9, 2019 at 7:21pm

Dit is 'n pragtige foto Heleen!

Comment by Rika Schoeman on October 9, 2019 at 6:32pm

Ek hou baie hiervan Heleen. Die laaste lig op die bome is vir my baie mooi.

Comment by Hennie Cronjé on October 9, 2019 at 6:22pm

Die omstandighede was hier moeilik omdat daar son agter is en skaduwee voor. Maar die baie laat lig het die kontras tussen die twee verminder en daarom het die onderste deel wat in skaduwee is, nie onderbelig uitgekom nie. Die horison is reg geplaas en die foto is skerp, met mooi kleure. Die komposisie is ook goed met mooi diepte. Baie goed gedoen. Watse raad benodig jy ivm die nuwe kamera?

Comment by Mark on October 9, 2019 at 5:46pm

Goeie tema foto, mooi sand pad. Kleure is baie natuurlik(sonnetjie was so deur skaduwe val) , en mooi fokus regdeur. Ek sou nie iets verander nie

Comment by Tersia Weitsz on October 9, 2019 at 3:38pm

Die sand spore vat my oog na daar waar die son so mooi op die bome skyn, goed gedoen Heleen

Comment by Pine on October 9, 2019 at 2:55pm

Baie Mooi foto Heleen!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html