Tema : Nagtoneel : Jetty (kyk op vol skerm)

As daar nou iemand in die klas is wat haarself wyd oop kan maak vir pak kry, is die hierdie “aunty”…….ek het die foto in St Francis geneem en dit was asof die jetty hier so ‘n dood loop straat effek gehad het. Die ligte het my vroegaand getrek en ook die bietjie weerkaatsing wat sigbaar was. Hoekom ek ISO na 1600 toe geskuif het, kan ek nou nie meer onthou nie want kamera was op 3-poot gewees. Werk die foto vir die tema?, ek weet nie maar julle gaan vertel. Ek plaas ook die foto na aanleiding van Willie se forum skrywe ‘n ruk gelede tov grein en ISO. Hier is grein in die foto maar op ‘n manier werk dit vir my. Ek haal hom aan : “So skolers moet nie skrik vir ñ bietjie grein nie, raak net bang as dit te veel raak!!” Ek hoor graag wat julle dink.

Baie dankie aan elkeen wat by gister se foto kom krit en kyk het en ek plaas my huiswerk onder

Canon 60D met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 92 mm
Tyd 3.2 sek
f/16
ISO 1600
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 35

Albums: Tema Fotos

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on November 14, 2017 at 7:49pm

So leer ons almal.

Comment by Hennie Cronjé on November 14, 2017 at 7:07pm

Net eers iets oor grein. In wit en swart kan mens meer aanvaar as in kleur. Hier is grein, maar dit pla nie. Hierdie foto pas vir die tema en dis goed verwerk. Hier is egter twee foto's in een. Aan die linkerkant is 'n rustige toneel met herhaling van mooi horisontale, strelende lyne. Aan die regterkant is 'n klomp objekte wat jou laat soek na aksie en wat daar aangaan. Twee uiteenlopende tonele vanuit 'n fotografiese oogpunt. Onthou die ou resep - eenvoud!

Comment by Donald Daniel Jacobs on November 14, 2017 at 4:53pm

baie mooi . al wat my bietjie pla is die'wasbak' wat my oog bly terug trek

Comment by Josef Steyn on November 14, 2017 at 4:19pm

Wonderlike weerkaatsings. Ek sien nie grein nie. S&W die regte keuse.

Comment by Willie Schoombee on November 14, 2017 at 4:11pm

Elna dat dit bietjie deurmekaar is, is waar, maar van die grein weet ek nie, kan nie sien nie, dit wys nie in donker dele nie. Die liggies se weerkaatsing is nogal redelik sterk. Vir ñ 60D is ISO van 1600 kinderspeletjies en beslis nie te hoog nie. Ek dink die verwerking na S/W help jou met die foto, dit bied goeie kontras.

Comment by Magda vd Merwe on November 14, 2017 at 1:01pm

Vir my is dit n pragtige foto Elna, die grain pla nie dit werk goed met s/w

Comment by Tersia Weitsz on November 14, 2017 at 11:43am

Elna, dis n besige foto, allerhande mooi lyne en weerkaatsings.  Ek hou baie van die foto

Comment by Elna Geringer on November 14, 2017 at 8:43am

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html