Views: 59

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on May 24, 2018 at 11:51am

Linda ek het weer kom kyk.  Ek wonder of jy nie die bekertjie maar moes wegvat nie.  Die mes en vurk kan dalk meer wys.  Sny dan die tafel heeltemal vierkantig, dan is die sirkel in die vierkant.  Ai dit is maklik vir my om te praat, jou foto is lekker mooi dink foto.

Comment by Riaan on May 24, 2018 at 7:50am

oeee ke gaan vandag iet aan my lus hiervoor doen en dis alles jou skuld Linda, dis treffend gedoen en slaag 100% in die doel om die speekselkliere te prikkel

Comment by Tina le Grange on May 23, 2018 at 2:01pm

Linda die slaai is pragtig skerp en laat my mond water.

Ek hou van Elna se voorstel dat die mes en vurk saam met die vertikale lyn van die blad kan lê

In hierdie geval sou ek die bekertjie dan by die mes en vurk plaas soos 'n wynglas wat normaalweg regs bo geplaas word.

Ek sien wat Gerrie bedoel; die normale is dat die lyne horisontaal lê

Tensy, soos Hennie dikwels sê, doen iets anders as waaraan die oog gewoond is;

Ek hap dalk borrels; sal ook weer kom kyk wat die ander sê

Jou foto laat my lekker dink  :-)

Comment by Elna Geringer on May 23, 2018 at 10:41am

Hmmm, ek kom saam eet. Ek sien wat Gerrie bedoel. Die mes en vurk moes dalk net in lyn met die tafel se laste gelê wat die oog dan lei om van  onder na  bo  te gaan. Ek dink die feit dat jy reg van geneem het is die oorsaak vir die "opdraand loop" gevoel. Nietemin is die foto lekker "eetbaar" (Ek het al gelees dat kos fotografie nie 'n maklike kalant is nie) Die blouerige kleur kan jy in PS reg maak

Comment by Linda Erasmus on May 23, 2018 at 9:36am

baie dankie aan al die positiewe kommentaar!

Gerrie ek moet erken ek het gesukkel met die bekertjie se plasing , waar sou jy dit geplaas het?

Comment by Hennie Cronjé on May 23, 2018 at 8:29am

Pragtig! 'n Goeie komposisie met mooi eenvoud en skerp fokus. Dit wil voorkom asof die witbalans (kleurbalans) effens uit is met blou bietjie sterk. Verder baie mooi.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 23, 2018 at 7:17am

Mooi kleure en mooi skerp. Linda ek wonder of die bord nie so gedraai moes word dat die planke horisontaal moes loop nie.  Dan ook die bekertjie draai. Ek mag baie verkeerd wees dit voel of die foto opdraand loop. Iets lyk nie reg met die plasing nie.  Ek gaan weer kom kyk.

Comment by Tersia Weitsz on May 23, 2018 at 7:02am

Mooi gedoen

Comment by Dine Potgieter on May 22, 2018 at 10:08pm

Mooi en lekker!

Comment by gabriel parsons on May 22, 2018 at 7:48pm

Pragtig Linda

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html