Hierdie foto was een van daardie “op die ingewing van die oomblik” shots waar ek gevra is om n groepfoto van ons klomp landdroste in Kaapstad te neem. Bertus was eerste daar en het gesit en wag terwyl ek my beligting regkry. Hierdie foto is slegs natuurlik belig.

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Lynne Rapson on May 25, 2019 at 7:49pm

Baie goed gedoen!

Comment by Mickey Theunissen on May 24, 2019 at 10:13pm

Baie dankie vir al die insette. 

Comment by Johan Ayres on May 24, 2019 at 10:04pm

Bietjie laat, maar welkom by Fotoskool. Ek wou al by jou eerste foto skryf hier het ons 'n fotograaf bygekry wat weet wat hy doen, maar ek het nie daarby uitgekom nie. En hierdie foto bewys my eerste waarneming. Baie geluk met hierdie foto. Uitstekende kontras, maar dit hoef ek nie vir jou te sê nie, jy weet dit.

Comment by Hennie Cronjé on May 24, 2019 at 6:41pm

Dis pragtig, met 'n baie goeie komposisie! Selfs sonder Bertus sou dit 'n goeie foto gewees het met goeie balans (formele ontwerp), maar met hom begin eenvoud 'n groter rol te speel (meer informeel). Die verwerking is uitstekend met baie goeie kontraste. Baie mooi en goed gedoen!

Comment by Gerrie Lambrechts on May 24, 2019 at 6:39pm

Goed beplan en mooi foto geneem.

Comment by Tersia Weitsz on May 24, 2019 at 4:14pm
Sjoe, die foto maak indruk, uitstekend Mickey
Comment by Willie Schoombee on May 24, 2019 at 3:20pm

Mickey die perfekte toneel vir S/W, baie goed uitgevoer asook ñ goeie storie. WD!!

Comment by Josef Steyn on May 24, 2019 at 2:28pm

Baie mooi soos dit is Mickey. Die swart-en-wit werk uitstekend. Daar is egter moontlikheid om 'n ander goeie komposisie te kry deur 'n ander crop te doen. Ek hou baie hiervan.

Comment by Anita du Toit on May 24, 2019 at 10:04am

Die foto gee mens die gevoel van die ou dae se wit en swart foto's. Pragtige simmetrie goeie kontras en superskerp fokus.. volpunte vir jou Mickey :-)

Comment by Adriaan Loots on May 24, 2019 at 8:34am

Baie mooi, die foto is `n hele storie op sy eie.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html