My 1ste trou foto's wat ek geneem het. Was redelik op my senuwees. Wag vir jul kommentaar asb. Het nog baie foto's wat ek wil laai. Geen editing is gedoen op foto nie.

Views: 89

Albums: TROUE
Location: Ulco

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 5, 2018 at 9:16pm

Wilna ek kan nie onthou dat ons twee al 'ontmoet' met nie - baie welkom by Fotoskool. Hier leer ons so lekker by mekaar.  Ek het hierdie week net 'n paar familie-foto's geneem en het net weer besef hoe 'moeilik' dit is omdat die agtergrond meeste van die tyd baie besig is om nie van beligting te praat nie.  

Jy het goeie wenke gekry en so het ek nou sommer lekker saam met jou geleer.

Ek sien uit na jou troufoto-reeks.

Comment by Karen Kemp on January 5, 2018 at 9:05pm

10 uit 10 vir jou leeuemoed! n goeie leerskolool (behalwe nou fotoskool) is om uit te gaan en te doen...en dit het jy..en uitstekende raad gekry

Comment by Magda vd Merwe on January 5, 2018 at 7:23pm

Goeie raad al gekry. Mooi foto

Comment by Gerrie Lambrechts on January 5, 2018 at 6:11pm

Wilna jy kon niks beter doen asom jou foto's vir FotoSkool in te stuur nie.  Jy is gehelp met baie goeie raad en verwerkings.  Hou aan foto's plaas en weet jy gaan nog top huwelisfoto's neem.

Comment by Wilna Stoffberg on January 5, 2018 at 3:47pm

Elna baie dankie vir die verandering.

Comment by Elna Geringer on January 5, 2018 at 1:12pm

Jy moet onthou dat agtergrond 'n baie groot en belangrike rol speel te alle tye maar 100% meer met trou fotos. Dis die bruidspaar se herinnereinge vir ‘n leeftyd en moet aan al die merkies vir troufotografie voldoen. Wees versigtig met mense wat bril dra. Daar kan baie maklik weerkaatsings in sluip wat jy as fotograaf later mee gaan sukkel om te verwyder. Jy sal met oom Google moet maats maak en sommer baie gaan lees oor hoe om trou-fotografie te doen. Kyk altyd na die omgewing waar jy ‘n foto wil neem en maak seker dat elemente soos kragpale, telefoonlyne, hekke ens. Nie in jou raam gaan wees nie

 

Die meeste van ons werk met Photoshop, Lightroom en Elements. Van die gratis programme, wat van die Internet gelaai kan word, is daar heelwat van die skolers wat Photoscape, Picasa en FastStone gebruik. Ek weet nie of een van ons Coral Paintshop Pro gebruk nie. Ek het baie jare gelede probeer  maar die program was nie vir my "user friendly" nie en ek kon glad nie iemand kry wat my daarmee kon help nie.

 

Met jou toestemming gaan ek die agtergrond probeer verander. Hou aan plaas en hou aan oefen, dis hoe ons leer en verbeter

 

Comment by Elna Geringer on January 5, 2018 at 1:06pm

Comment by Josef Steyn on January 5, 2018 at 12:37pm

Wilna, die hek kan verwyder word maar daarvoor het jy waarskynlik Photoshop nodig. Dit sal ook moeilik wees om dit so te doen dat dit nie sigbaar is nie. Ek ken nie jou program nie en kan dus nie oordeel of hy dit kan doen nie. Met troufoto's behoort 'n mens so te werk te gaan dat redigering tot 'n minimum beperk word want daar is gewoonlik vreeslik baie foto's en as jy groot werk by 'n klomp moet insit sal dit baie tyd neem. Die keuse van die plek waar jy die mense opstel is dus baie belangrik. Dit moet so gekies word dat dit nie nodig is om groot werk met redigering in te sit nie. Baie troufotograwe gebruik graag Lightroom vir redigering en daarmee kan jy 'n klomp foto's gelyk redigeer, veral as almal bv. 'n bietjie ekstra kontras benodig. Miskien kan jou program dit ook doen.

Die aantal foto's? Jy kan een per dag plaas.

Comment by Wilna Stoffberg on January 5, 2018 at 12:12pm

Baie dankie vir almal se kommentaar.  Hennie baie dankie vir die edit werk.  Hennie jy kan nie die hek ook verwyder nie.  Ek het Coral Paintshop Pro X9 program, maar moet dit nog leer.  Hoeveel foto's kan ek per daag laai? 

Comment by Hennie Cronjé on January 5, 2018 at 11:52am

Baie dankie hiervoor en baie geluk met die huwelik! Die opstelling is goed, behalwe vir die kragdraadpaal reg agter julle. Dit kan maklik op Photoshop verwyder word. Julle poseer mooi en die fokus en beligting is reg. Die kontras is net laag en dit maak dat die kleure nie goed versadig is nie. Hierdie foto het beslis verwerking nodig. Om jou 'n idee te gee: onder het ek bietjie kontras bygesit en die pale verwyder. Ek vee dit weer van my rekenaar af.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html