Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Gister se Toppie, het net na sy bad, ‘n maatjie gekry.

Mark, vanwaar ons in die skuiling gesit het was bos en veld voor ons. Ek het juis die f/6.3 gekies om dit uit te “blur” . Ek plaas onder twee foto’s van die skuiling waar ons in was. Almal op die plaas is toegerus met lugverkoeling, Eksklusiewe stoele en die beste 3-pote waaraan julle kan dink. Die Senekals gaan groot of hulle gaan huis toe. Hulle is ook baie bewus van die omgewing en alles moontlik word gedoen om die natuur in oorspronklike toestand terug te bring.


Canon 60D :Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 87 mm
Tyd 1/125 sek
f/6.3
ISO 320
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 37

Albums: Voëls

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Anita du Toit on September 12, 2019 at 5:17pm

Ditto op die ander kommentare.. mooi gedoen Elna. Mark het 'n geldige punt beet.

Comment by Rika Schoeman on September 12, 2019 at 11:06am

Wonder of hulle kwaad vir mekaar is:). Pragtige foto met 'n baie mooi skoon agtergrond en goeie velddiepte Elna.

Comment by Pine on September 11, 2019 at 8:49pm

Puik foto geneem met ń pragtige bokeh agtergrond Elna!!

Comment by Magda vd Merwe on September 11, 2019 at 8:24pm

Elna dis n pragtige foto, ek lief daai skuiling

Comment by Josef Steyn on September 11, 2019 at 7:24pm

Baie mooi oomblik, skerp en baie spesiaal Elna.

Comment by Tersia Weitsz on September 11, 2019 at 4:52pm
Maar die een outjie is nog sopnat, pragtig Elna. Dankie dat jy wys hoe dit lyk by die skuiling
Comment by Willie Schoombee on September 11, 2019 at 2:45pm

Mooi bokeh agtergrond Elna en die twee Toppies het mooi foto's aan jou besorg. Die linkerkanste een lyk nog half natterig. WD!

Comment by Mark on September 11, 2019 at 1:24pm

Mooi foto, hier is die agtergrond wat ook geblur is darem groen en maak vir n beter foto wat nie so bruin voorkom soos gister se foto nie. Elna as ek nou krities kan wees, wil ek vra is die voorste Tiptol nie te veel verskerp(kleur) nie want ek sien al op die rand van sy rug en stert area en punt van vlerk n wit streep en so bietjie halo om sy snawel. Dis nou as ek op vol grote kyk. Ek weet party mense kyk op hulle cell fone en dan kan mens nie regtig na kwaliteit kyk nie.

Comment by Doretha Kock on September 11, 2019 at 12:56pm

Uitstekende foto, Elna en baie interessante skuiling.

Comment by Linda Erasmus on September 11, 2019 at 12:41pm

sjoe Elna mooi foto van die twee

baie dankie vir die deel van hoe dit daar werk

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html