Daar is vakansies en vakansies...

Meeste van my fotos is seker "vakansiefotos" - ek vermoed dat die tema 'n element van pret wil voorstel. Daar het julle dit - 'n Mede-stapper steek 'n woedende Kleinbosch-rivier oor. Die reen en riviere was so erg dat Sanparke die Otter wou sluit. Ons het hulle met bewende onderlippe en fladderende ooglede oortuig dat ons ervare is en ons sal weerhou van onverantwoordelike stuitighede. Ironies was die een rivier wat wel doodkalm was, die Bloukrans...

Views: 41

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on January 10, 2018 at 5:57pm

Ns - ja, die drooghou van toerusting kan nogal 'n uitdaging wees. Op die vorige Otter moes ons deur die Bloukrans swem - en iemand se "survival bag" het gelek. Gelukkig was die enigste ding wat droog was, 'n groot Bar-One...

Comment by Dine Potgieter on January 10, 2018 at 5:53pm

Baie dankie almal! Riaan, bogenoemde stapper het tree vir tree 'n roete oor die rivier gevolg wat vooraf baie fyn deur 'n baie ervare ekspedisiestapper, klimmer en rivierkruiser uitgewerk en deurgestap is - iemand wat nie sou aarsel om om te draai as die risiko dit sou regverdig nie. Die riviere op die Otter kan erg wisselvallig wees - met die vorige Otter was hierdie rivier so bedees dat ons binne-in die rivier gesit en middagete eet het! Anita ja - daar was nogal 'n lekker klim aan die einde! Met die vorige stap was dit weer 'n wilde swem deur die Bloukrans, maar toe het 'n oopgespoelde sloepie weer die uitklim vergemaklik.

Comment by Riaan on January 10, 2018 at 2:52pm

goeie genade en waar gaan soek jy na jou vals tande en brille as jou voet hier glip. hierdie stapper het duidelik 'n gebrek aan oordeel gehad toe hy op hierdie aksie besluit het (net my mening asb). dit maak die foto nie minder aksiebelaaid nie en die effe donker kontrasteer pragtig met die blou seil wat hy hoop sy toerusting droog gaan hou as daardie kaalvoet glip. Dine jy't waarlik avontuurlus in jou bloed en jou pragtige foto's getuig daarvan

Comment by Tersia Weitsz on January 10, 2018 at 1:24pm

Pragtig Dine

Comment by Gerrie Lambrechts on January 10, 2018 at 8:58am

Weereens een van jou skitterende vakansie foto's. Puik Dine.

Comment by Rika Schoeman on January 10, 2018 at 8:46am

Dit is pragtig daar en ek kan sien hoekom julle met soveel oorredingsvermoë julle weg tot daar gevind het.  Baie mooi foto.

Comment by Doretha Kock on January 10, 2018 at 8:43am

'n Pragtige foto, Dine.

Comment by Hennie Cronjé on January 10, 2018 at 7:50am

Ai, die Otter lê my na aan die hart. Het dit al 'n paar keer gestap, maar nou raak ek en my vrou bietjie oud daarvoor. Niks is mooier nie. Hierdie foto is baie mooi met die lig op die stapper en rivier. Ek is bly julle het dit oorleef sonder teespoed!

Comment by Willie Schoombee on January 10, 2018 at 7:05am

ñ Pragtige natuur foto Dine ek kan jou sien as ñ avonturier. Mooi uitgevoer!

Comment by Elna Geringer on January 10, 2018 at 4:26am

Ja-nee......daar is beslis verskillende idees van "vakansie" hou. Mooi gedoen Dine

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html