Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Hennie, die Kerrieboom se bessies het so ‘n korrelagtige struktuur en dit het dalk ook iets met die makro lens te doen. Josef, ek glo so, in Fotor het ek die raampie om gesit en toe ‘n “raindrop” filter.

‘n Rukkie gelede het ek vroegoggend met een van die boomvaring se nuwe blare gaan spook. Dit groei op ‘n plek waar ek nie maklik met kamera en/of 3-poot kan inkom nie, so vryhand moes die werk doen. (net igv ek raas kry by Hennie tov die IOS…….lol)

FS hang op alles, ek sal weer later kom probeer krit.

Canon 7D MK II met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 39 mm
Tyd 1/320 sek
f/5.6
ISO 800
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode
ON 1 Filter : Increase Colour
Sloppy Border

Views: 33

Albums: Bome

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on Thursday
My Fotoskool-webwerf gee ook weer probleme, het nie opsie-venstertjie vir wysigings nie en kan ook nie onder 'n ekstra foto, indien nodig, aflaai nie.
Maar ek hou uit want ek is 'n Fotoskool-leerling "for life" !!
Comment by Tina le Grange on Thursday
Elna jy hoef beslis nie in die hoekie te gaan staan nie; mooi skerp, veral op die kern van die draai en die verwerking gee 'n kunstige effek.
Die portret-formaat werk goed
Comment by Rika Schoeman on Thursday

Pragtige kurwe en mooi tekstuur. Goed gedoen Elna.

Comment by Josef Steyn on Thursday

Treffend en uiters sulsesvol Elna. Mooi kurwe en baie skerp!

Comment by Tersia Weitsz on Thursday

Oe Elna dis mooi!!!!

Comment by Willie Schoombee on Thursday

Elna dit is baie goeie fotografie, mooi gefokus en ek kan nie sien hoekom jy raas sou kry nie. Goed gedoen! 

Comment by Magda vd Merwe on Thursday

Briljant Elna.

Comment by Gerrie Lambrechts on Thursday

Skitterend Elna.  Baie mooi skerp.

Comment by Marenschia Goosen on Thursday

Baie mooi Elna.

Comment by gabriel parsons on Thursday

Baie mooi foto Elna

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html