Vervalle Windpomp (Abstrak Sepia)

Sommer net 'n speel foto. Die ou windpomp was in dieselfde omgewing as gister se "ketting" foto

Ek hoop krit gaan vandag makliker as gister en eergister wees. Die gesukkel was maar lastig

Canon 7D MK II met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 70 mm
Tyd 1/50 sek
f/22
ISO 100
Exp Bias : 3 Bracketing HDR
AV Mode
ON 1 Filter : Magic City

Views: 45

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on September 21, 2017 at 12:57pm

Dankie aan elkeen wat kom kyk en krit het

Comment by Donald Daniel Jacobs on September 19, 2017 at 8:21pm

mooi Steward & Loyd vanmelewe windpomp  foto

Comment by Dine Potgieter on September 19, 2017 at 7:09pm

Mooi! Ek vermoed die "abstract sepia" is die naam van 'n verwerkingsfilter of aksie, eerder as die styl van die foto.

Comment by Hennie Cronjé on September 19, 2017 at 5:21pm

Ek sien jy't baie moeite met hierdie foto gedoen met bracketing, HDR, ens. Dan kan ek mos nou nie anders as om te sê dis 'n pragtige foto nie! Maar dit IS pragtig en mooi verwerk. Jy kon dalk net bietjie meer spasie rondom ingesit het, sodat die boom (sekondêr) nie so teen die foto se rand is nie en daar bietjie meer lewensruimte om die windpomp (primêr) was.

Comment by Tina le Grange on September 19, 2017 at 4:54pm

Elna, Ek hou ook van die sepia omdat dit die roes-effek versterk.

Ja die outjie is al redelik vervalle;  ek sal weer kom kyk na jou antwoord oor 'abstrak'.

Comment by Magda vd Merwe on September 19, 2017 at 2:57pm

Lieflike foto Elna, hou van die verwerking

Comment by Tersia Weitsz on September 19, 2017 at 2:46pm

Mooi foto en goeie verwerking

Comment by Gerrie Lambrechts on September 19, 2017 at 2:30pm

Mooi en goed gedoen Elna.

Comment by Josef Steyn on September 19, 2017 at 2:21pm

Die windpomp is mooi en die komposisie goed maar dit werk nie as 'n abstrakte foto nie. Miskien verstaan ek jou verkeerd. Vertel asb oor die 'abstrak'.

Comment by Willie Schoombee on September 19, 2017 at 2:09pm

Die verwerking komplimenteer die toneel en werk dus goed en gee ñ gevoel van verwering. Elna ek weet net nie heeltemal van die abstrak nie? Goed gedoen!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html