Dankie vir al die kommentare op my Brandwurm foto van gister

Views: 92

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on January 5, 2020 at 11:26am

Die vlieg teen die helder agtergrond was moeilik in terme van beligting. Die kamera het wel bietjie "toegetrek" met effense onderbeligting. Die fokus is goed, maar kon nog 'n fraksie skerper. Maar die komposisie is goed met goeie eenvoud en kontras. Mooi!

Comment by Tina le Grange on January 4, 2020 at 5:40pm

Pine, nog glad nie my veld nie, veels geluk met wat jy reeds regkry!!

Moenie ophou nie.

Comment by Pieter Steyn on January 4, 2020 at 3:05pm

mooi een Pine - ek kom nog daar

Comment by Koos de Wet on January 4, 2020 at 1:43pm

Mooi Pine, jy bemeester die Makro baie goed. Sal by jou leer in KNP.

Comment by Tersia Weitsz on January 4, 2020 at 11:12am

Jy word lekker uitgedaag, maar dis wonderlik van medeskolers wat help, goed gedoen

Comment by gabriel parsons on January 4, 2020 at 9:54am

baie mooi foto Pine

Comment by jan jordaan on January 4, 2020 at 9:29am

STEM SAAM MET JOHAN. AMPER DAAR. 

Comment by Donald Daniel Jacobs on January 4, 2020 at 8:26am

mooi poging maar bietjie onder belig

Comment by Johan Ayres on January 3, 2020 at 10:43pm

Ek dink hierdie foto van jou illustreer die "rollercoaster ride" van makrofotografie. 'n Mens sukkel om konstant foto's te neem van die gehalte van jou brandwurm foto. Hierdie foto is nie so skerp nie, ek dink jou extention tube bemoeilik dit nog verder. Die foto kan ook doen met bietjie meer lig. Dit lyk my jou f/stop was hier hoog, dit het 'n groot velddiepte besorg, maar jy het lig ingeboet. En dalk was jou ISO bietjie hoog? (Sjoe, jammer mater, maar ek probeer jou net help op hierdie moeilike makropad.) Maar jy is vinnig op pad na wenfoto's.  

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html