Die gawe om te kan sien – ek dink nogal baie hieroor deesdae: Wanneer ‘n mens gesondheid het, het jy eintlik alles. En ek dink die een aspek van gesondheid wat waarskynlik die belangrikste is, is ons oë, die gawe om te kan sien. En ons as fotograwe behoort die Here elke dag daarvoor te dank. Daarsonder kan ons ook nie ons stokperdjie geniet nie. Dit was dan ook die inspirasie vir vandag se foto, asook die kat se oë en die Macaw se oog wat ek geplaas het. Kyk net hierdie (dame?) se pragtige lang wimpers!

Views: 55

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on August 27, 2019 at 12:34pm

Dis so waar Johan en die dame het die mooiste oogwimpers. Uitstekend geneem. BGG

Comment by Karien Booysen on August 27, 2019 at 12:31pm
Dis nou waar woorde.....Pragtige foto van die oog - mooi skerp!!
Comment by Josef Steyn on August 26, 2019 at 5:25pm

Waar woorde en detail op sy beste.

Comment by Tina le Grange on August 26, 2019 at 5:06pm

Pragtige foto Johan met skerp fokus en elke vrou sal hou van die lang wimpers :-)

Ek stem so met jou saam Johan; om te sien, hoor en te loop is kosbaar uit ons Vader se Hand.

Comment by Mark on August 26, 2019 at 12:51pm

Baie goed gedoen, die glans in die oog is so mooi gevang!

Waar woorde..dankie daarvoor.

Comment by Johan de Beer on August 26, 2019 at 10:27am
Pragfoto en baie waar opmerking oor ons gesondheid en danbaarheid
Comment by Tersia Weitsz on August 26, 2019 at 10:24am

Ware woorde Johan!  En puik foto van die dame se oog!

Comment by Hennie Cronjé on August 26, 2019 at 8:48am

Wat jy hierbo skryf, is baie waar en ek deel dit met jou. Hierdie foto is pragtig en ook baie goed uitgevoer. Jy kan oorweeg om die bruin van die oog bietjie helderder te maak, maar die ligter weerkaatsing daarin links mag dit ongewens maak.

Comment by gabriel parsons on August 26, 2019 at 8:31am

n Uitsonderlike foto Johan. Skitterend gedoen

Comment by Willie Schoombee on August 26, 2019 at 6:24am

Jy is só indie kol met jou onderskrif Johan, ons mag dit nie as vanselfspekend aanvaar nie, dit is ñ massiewe geskenk.... nou jou dame se oog vertoon pragtig en so al die foto's wat jy daarvan geplaas het. WD!!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html