N vuurwerk vertoning by gewoon so rukkie terug, Die hele vertoning was so 20 min lank gewees. dit het nogal goeie geleentheid gegee om te speel. Het uit BOLD geskiet en n knoppie gebruik.
4 sec. f/9 20 mm
ISO 100

Sal more n foto plaas met n stadiger "release".

Views: 54

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on May 16, 2018 at 10:25pm

Interessant! Ek het ook aanvanlik gewonder oor Bulb, maar synde langer as 30s is Bulb uit die hand is nogal ongewoon, so dalk is ek verkeerd? Dalk 'n jpeg"pre-set" op die spesifieke kamera?

Comment by Pieter Steyn on May 16, 2018 at 6:14pm

mooi een

Comment by Rika Schoeman on May 16, 2018 at 6:05pm

Ek hou daarvan Werner!

Comment by Magda vd Merwe on May 16, 2018 at 3:28pm

Baie mooi Werner, iets anders

Comment by Willie Schoombee on May 16, 2018 at 3:20pm

Moet sekerlik BULB wees Werner, pragtige foto met die groot ster as fokuspunt en die res wat om dit sirkel. Mooi eenvoud! 

Comment by Elna Geringer on May 16, 2018 at 3:03pm

Ek wonder ook oor die "Bold" en ek wag vir more om te sien wat dit is. Ek hou vandie toneel. Slim gedink

Comment by Hennie Cronjé on May 16, 2018 at 2:28pm

Jou kamera-verstellings was reg maar ek wonder waarom jy nie meer van die vuurwerk in het nie? Jy kan kyk hoe vertoon die foto met Photoshop se screen blending mode. Dupliseer die foto (Ctrl+J) en gaan na die Layers palette. Waar dit Normal sê, kliek en 'n submenu sal open. Kies Screen. Doen dan die fine tuning met die Opacity slider in die Layers palette.

Comment by Josef Steyn on May 16, 2018 at 2:26pm

Treffend Werner en anders as vuurwerkfoto's wat 'n mens gewoonlik sien. Help my bietjie met die term 'BOLD' Ek ken 'B' vir 'BULB', maar BOLD ken ek nie. Stadiger 'release'? Vertel meer asb.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 16, 2018 at 2:00pm

Pragtig, lyk soos koninklike stêr met kleintjies rondom.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html