Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Ek waardeer julle krits oneindig baie. Met tyd op hande besluit ons om in Dullstroom ‘n draai by die Voël Rehabilitasie Sentrum te gaan maak. Dis hartseer om die geveerdes, wat vry in die lug moet rond sweef, so in hokke te sien maar wanneer die storie by elkeen se hok gelees word, is ‘n mens dankbaar vir die plek waar hulle kos en skuilling kan kry ags hulle weens beserings nie los gelaat kan word nie. Wat ons redelik ontstel het is die vele wat daar is, wat “mak” gemaak was en dan op ‘n dag word daar deur die so genaamde eienaars besluit die voëls het ‘n oorlas geword en word dan hier heen gebring. Die lug was al redelik hard maar die weerkaatsing met Dullstroom se heuwels aan die agterkant het my oog gevang

Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 18.79 mm
Tyd 1/1000 sec
f/5.0
ISO 200
Auto Mode
Nik Collection : HDR Landscape : Graduted 1

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on September 16, 2018 at 2:51pm

Baie mooi Huey

Comment by Dawid Roos on September 16, 2018 at 1:59pm

WG Huey

Comment by Hennie Cronjé on September 16, 2018 at 12:37pm

Dis pragtig met die weerkaatsing en mooi herhaling. Baie goed gedoen!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html