Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on May 28, 2020 at 11:02pm

Pragtig - die voel op die stomp is 'n bonus.

Comment by Pine on May 28, 2020 at 9:39pm

Pragtige foto Willie!!

Comment by Johan Ayres on May 28, 2020 at 5:55pm

Pragtig.

Comment by Tina le Grange on May 28, 2020 at 3:59pm

Willie, ek stem saam baie goeie tema vir jou toneel.

Mooi weerkaatsings, fokus en kontras.

Ek leer saam by die ander.

Comment by Elna Geringer on May 28, 2020 at 2:25pm

Lieflik Williw. Hierdie foto wys baie duidelik dat daar mooi moontlikhede is wanneer 'n mens wyer skiet en meer van die toneel in die raam wys. Ek hou baie hiervan. Mooi gedoen

Comment by Mark on May 28, 2020 at 12:49pm

Baie mooi foto, ja daar is altyd iets wat ander gedoen kan word, maar ek dink hierdie is baie mooi foto, ek glo die waterlyn is reguit, dis dalk net die dam wat verbreed na regs wat die lyn laat skuins lyk.

Comment by Willie Dreyer on May 28, 2020 at 11:18am

Omrede die voëls en die skuduwee wou ek  links nie meer afsny nie, sal egter ook so verwerk. Dankie vir jul menings.

Comment by Tersia Weitsz on May 28, 2020 at 11:06am
Wat n mooi en lekker foto om stadig te bekyk. Ek sien wat Hennie se mening is, so hier is meer as 1 opsie vir jou. Ek sou net voorstel om die waterlyn reguit te trek, maar verder verlustig ek my in die rustigheid en mooi
Comment by Josef Steyn on May 28, 2020 at 9:54am

Mooi foto en die titel pas baie mooi en versterk die effek van rustigheid.

Comment by Hennie Cronjé on May 28, 2020 at 9:53am

Hierdie toneel is pragtig en dra beslis die atmosfeer van kalmte oor. Pragtige kleure ook. Wat komposisie betref, kon dit dalk meer effektief gewees het as die boom en vlot meer na links geplaas was. Omdat die boom na regs oorleun en die vlot regs van die boom geplaas is, maak hierdie twee dat jou oog vanaf hulle na regs wil beweeg. Meer ruimte na regs sou dus ‘n goeie ding gewees het. 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html