'n Digitale verwerking van een van my ouer foto's om die degeneratiewe effekte van demensie uit te beeld.Die verlies van jou greep op realiteit en uitgerekte seer van verlies op verlies.Ek is 2 jaar gelede op 54 jr met demensie fase 1 gediagnoseer.

Views: 40

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Vida van Schalkwyk on Friday

'n besonderse verwerking ... baie sterkte vir jou!

Comment by Christa Snyman on Thursday

Pragtige foto met uitstekende verwerking, Leroi. Baie jammer om te hoor van die diagnose - kan net ditto op Josef se kommentaar sê aangaande jou siekte.

Comment by Ella Fourie on Thursday

Baie goeie verwerking Leroi! 'n Kunswerk om te raam.

Comment by Pieter Steyn on Thursday
Baie mooi een Leroi - jammer om te lees van die toestand
Comment by Rika Schoeman on Thursday

Dit is vir my 'n pragtige foto Leroi!! Sterkte met die pad wat jy moet stap!

Comment by Hennie Cronjé on Thursday

Jammer om van jou siekte te lees, maar jou fotografie is beslis nog nie daar nie. Hierdie foto is uitstekend en pragtig. 'n Ware kunsfoto! Ek hou baie hiervan. Die komposisie en outydse aanslag is uitstekend. Baie geluk met 'n baie mooi en goeie foto.

Comment by Josef Steyn on Thursday

'n Treffende foto Leroi. 'n Diagnose, aanvaarding en positiewe ingesteldheid vir die toekoms kan verseker dat jy vir nog baie jare 'n vervulde lewe kan lei.

Comment by Willie Schoombee on Thursday

Leroi hoe jy voel word beslis in hierdie pragtige verwerking oor gedra. Dit is baie goed gedoen. Nou kan ek jou ook net sterkte toewens en bid vir herstel, ek sê ook sterk staan!

Comment by Magda vd Merwe on Thursday

Baie jammer om dit te hoor Leroi sterkte vir jou en jou foto is pragtig verwerk.

Comment by Elna Geringer on Thursday

Ai Leroi, dis hartseer en ons kan net saam met jou en jou familie bid vir wysheid. Ek verwys baie graag na jou fotos as van die beste verwerkte fotos wat ek al gesien het. Lieflike verwerking van die foto

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html