Vandag en môre se foto’s is eintlik ‘n twee-foto-eksperiment en illustrasie om aan julle te wys hoe die blommetjie onder in die perspektieffoto lyk soos afgeneem met ‘n Canon 100mm makrolens plus ‘n Canon “extension tube” EF25II. Vandag se foto is op f/16 geneem, teenoor môre se foto wat op f/4.5 geneem is. Dit is nogal interessant hoe die twee foto’s verskil en elkeen sy eie atmosfeer het. In beide foto's was die fokus op die derde sruifmeeldraad van links, maar selfs hier op f/16 is die velddiepte maar beperk. Ek hoop hierdie vergelyking sal vir julle ook interessant wees.
(Ek weet ek het die makroreeks amptelik afgesluit, maar, ai, ai, dit is moeilik om weg te kom van die makro.)

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by André Pretorius on January 18, 2018 at 1:30pm

So leer ons, dankie vir jou moeite en verduideliking Johan.

Comment by JJ on January 18, 2018 at 1:23pm

Pragtige blommetjie! Die extension tube het waarskeinlik dieselfde uitwerking op die f stop as die tele converters?  Verlaag die nommerwaarde gewoonlik met 'n stop of 2, en die velddiepte word dus nog vlakker?

Comment by Doretha Kock on January 18, 2018 at 12:25pm

Pragtig en kan my verkyk en verwonder.

Comment by Hennie Cronjé on January 18, 2018 at 8:04am

As mens die perspektief foto vergelyk met die een bo, wys dit hoe ‘n geweldige verskil bietjie moeite verskaf met die opstelling en lig op die onderwerp. Dis ‘n pragtige foto. Soos dit gaan met makro, lewer selfs f16 ‘n redelike vlak velddiepte. Baie mooi - dis pragtig!

Comment by Willie Schoombee on January 18, 2018 at 7:21am

Pragtig Johan, daar is ñ sagtheid aan die foto verbonde wat dit baie spesiaal maak. WD!

Comment by Elna Geringer on January 18, 2018 at 4:33am

Dis mooi Johan. Op volskerm het die swart gedeelte baie mooi fokus maar die wit lyk oorbelig. Ek sukkel my flou om sukses met makro te kry en ek kom weer kyk later. 

Comment by Riaan on January 17, 2018 at 8:38pm

regtig 'n pragstukkie Johan

Comment by gabriel parsons on January 17, 2018 at 5:40pm

Baie baie mooi foto Johan

Comment by Tersia Weitsz on January 17, 2018 at 4:01pm

Aarde, weer n klein dingetjie, ek hou van jou hoek.  Pragtige foto, ek sien uit na die volgende een

Comment by Johan Ayres on January 17, 2018 at 3:44pm

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html