Julle ek weet nie of julle al hierdie padstal besoek het nie. Maar die man met die baard, het die winkel oop gemaak toe hy op pensioen gegaan het. Daar het nie veel aan gegaan nie op roete 62. Sy vriende het toe op sy bord gaan skryf(Ronnie's Sex Shop.) Hy kon toe nie verstaan nie, al wat n kar is draai af na sy shop. Toe gaan kyk hy wat is aan die gang: toe sien hy wat sy vriende gedoen het. So het hy dit gelos en tot vandag toe maak Ronnie baie geld. Sy mure is geteken, storie geskryf, ou gelde en oorsese geld wat die mense daar gelos het, nou ja julle kan sien wat die vroue gedoen het. Baie baie interessant.

Sal geboue onder laai. Baie dankie dat julle ons drie se foto waardeer.

Views: 66

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Christa Snyman on Monday

Ha-ha-ha  ... dit is kostelik, Magda. Lekker onthou foto!

Comment by Pine on Monday

Interessante foto en storie Magda.

Comment by Hennie Cronjé on Monday

Baie oulik en 'n interessante storie. Daar moet net bietjie meer lig op die twee manne val. 'n Kameraflits sou goed gewerk het (invul-flits), maar nou sal jy jou op Photoshop moet verlaat.

Comment by Willie Schoombee on Monday

Magda hierdie is ñ baie goeie toer foto, die shoppie is baie bekend en ek dink niemand ry daar verby nie. Ek kan sommer sien julle toer heerlik!!

Comment by Rika Schoeman on Monday

Gids, hier is nou 'n interessante storie, as ek al ooit een gehoor het! Baie dankie vir die foto en storie Magda.

Comment by Anita du Toit on Monday

Ons name is in die gangetjie geskryf :-) Mooi foto Magda!

Comment by Tina le Grange on Monday

Magda ons het al so baie daar verbygery en nooit ingedraai nie;  kostelik! Ek het gehoor hierdie plek lok selfs baie toeristebusse.

'n Mooi onthou-foto  :-)

Comment by gabriel parsons on Monday

Erens in my argiewe is daar ook so n foto. Pragtig Magda1

Comment by gabriel parsons on Monday

Erens in my argiewe is daar ook so n foto. Pragtig Magda1

Comment by Josef Steyn on Monday

Dis nou innoverend. Dankie hiervoor!!!!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html