Seker die lelikste gesig wat ek nog gesien en afgeneem het.
100MM Makro lens met 25mm extention tube en ring flashlight gebruik.
Ek plaas onder ń foto van die wurm se sykant met die doel om beter fokus op die hele wurm te kry.
Dankie vir die kommentare op my W&S foto van gister

Views: 98

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on January 5, 2020 at 11:12am

Ons sien min van hierdie wurmpies op Fotoskool. Dis baie mooi en goed uitgevoer, behalwe dat dit miskien effens onderbelig is. Verder baie mooi.

Comment by Tersia Weitsz on January 3, 2020 at 1:55pm
Onderste foto uitstekend om te sien hoe die kalant lyk en boonste foto uit die boeke! Ek dink ek steun Johan se siening, jou beste foto nog!
Comment by Koos de Wet on January 3, 2020 at 12:05pm

Lelik kan ook mooi wees . Mooi Pine

Comment by Dine Potgieter on January 3, 2020 at 9:34am
Pragtig - baie goed gedoen hier!
Comment by gabriel parsons on January 3, 2020 at 8:29am

Baie mooi foto  Pine Goed gedoen

Comment by Tina le Grange on January 2, 2020 at 9:36pm

Pine, net sy moeder kan hom liefhê :-)

Treffend die verskillende kleure; goeie komposisie, staan skerp uit teen wit agtergrond.

Lyk of ek selfs 'n ogie sien.

Comment by Johan Ayres on January 2, 2020 at 8:03pm

Die lelikste model, maar jou mooiste makrofoto nog. Baie geluk met hierdie foto. (Net vir interessantheid, jou extention tube maak natuurlik jou velddiepte NOG vlakker, so maak jou maar gereed vir baie blur foto's. En die extention tube beteken ook jy gaan nog meer sukkel met voldoende lig.)

Comment by Josef Steyn on January 2, 2020 at 6:08pm

Pragtige foto van 'n afskrikwekkende kalant. Jy het die gevaarlikheid mooi vasgevang Pine.

Comment by Pine on January 2, 2020 at 5:04pm

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html