Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Die rondloper kinders is terug in die klas en nou is dit weer vorentoe beur vir al wat ons werd is. Die weg gaan was lekker maar dit is ook lekker om weer by die huis te wees. Hierdie wynglas het my ‘n paar jaar gelede, by Marekelepark besig gehou. Terwyl Huey vleis braai het ek gespeel.

Canon 60D met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 18 mm
Tyd 1/30 sek
f/18
ISO 100
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode
3-Poot gebruik

Views: 31

Albums: Table Tops

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on Monday

Elna ek hou regtig baie van die foto, die storie is lekker sterk (wys rustigheid, vakansie of ontspanning) en dan is jou focus PUIK van voor tot agter op die berg, beligting is vir my net so mooi. Mooi balans in jou foto met die glas voor en die berg agter. Ook 'n goeie Tema foto want hier het jy 'n wye DOF gebruik. PRAGTIG

Comment by Tersia Weitsz on Monday

Plasing van jou glas pragtig, maar vir my steel die mooi agtergrond die aandag.  Hier is lyne, weerkaatsings, son en skadus ook teenwoordig  Mooi gedoen

Comment by jan jordaan on Monday

BAIE MOOI 

Comment by Tina le Grange on Sunday

Elna jy is so reg, met 'n kamera byderhand is 'n mens nooit verveeld nie.

Pragtige toneel en die plasing van die glas is net reg - ek 'proe' die yskoue wyn.

Comment by Pieter Steyn on Sunday

Baie mooi een Elna

Comment by Willie Schoombee on Sunday

Kom ons drink daarop Elna, want hierdie is ook ñ besonderse park met daardie mooie berg as agtergrond. Jou wynglas skep ñ rustige atmosfeer so by die dam. WD!

Comment by gabriel parsons on Sunday

Baie mooi kreatief BGG

Comment by Magda vd Merwe on Sunday

Elna dis n pragtige foto, wat baie goed gedoen is.

Comment by Dawid Roos on Sunday

WG Elna..kan nou doen met n glasie wyn...

Comment by SJ Botha on Sunday

Regtig 'n toneel wat my jaloers maak. Goed afgeneem ook. Dis net jammer die glas is so vol.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html