Chrissie du Preez
  • Female
  • Komatipoort
  • South Africa
Share

Chrissie du Preez's Friends

  • Tina le Grange
  • Tersia Weitsz

Chrissie du Preez's Groups

 

Chrissie du Preez's Page

Latest Activity

Elaine de Bruin liked Chrissie du Preez's photo
Oct 1
Dawid Roos commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Mooi gesien.."
Sep 30
Tina le Grange commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Chrissie hier het jy heelwat meer eenvoud met slegs die een blaar Die skerp fokus op die grootste druppel trek dadelik aandag Pragtig!"
Sep 30
Lynne Rapson liked Chrissie du Preez's photo
Sep 30
Bruwer Burger liked Chrissie du Preez's photo
Sep 30
Bruwer Burger liked Chrissie du Preez's photo
Sep 30
Bruwer Burger commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Pragtig gedoen Chrissie"
Sep 30
Hennie Cronjé commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Dis pragtig! Mooi skerp in die middel met mooi kleure regdeur. Wanneer mens nader kom, verklein die velddiepte. Daarom moet mens na baie hoë f-stoppe gaan om alles skerp te kry in so 'n foto, bv f22."
Sep 30
Elna Geringer commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Die grootste druppel hier het die beste fokus. Jy kon vir meer eenvoud en sterker kontras net daarop gefokus het. Ek dink Josef het dit by 'n vorige foto genoem. Iets om te onthou vir die toekoms ags jy noem dat die fotos op een dag geneem is.…"
Sep 30
Dine Potgieter commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 7

"Baie mooi - ek wil dit ook nog probeer."
Sep 30
Anita du Toit liked Chrissie du Preez's photo
Sep 29
Chrissie du Preez posted a photo

Reëndruppels 7

Al die fotos is op een dag geneem - Die reëndruppels was dié dag besonder mooi
Sep 29
Bruwer Burger liked Chrissie du Preez's photo
Sep 29
Bruwer Burger commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 5

"Pragtige macro werk Chrissie."
Sep 29
Pieter Steyn commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 5

"mooi een goeie raad van Josef"
Sep 28
Tina le Grange commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Reëndruppels 5

"Mooi kleure Chrissie en veral die perserige kleur druppels is pragtig. Ek leer saam by Josef se wenk oor eenvoud."
Sep 28

Chrissie du Preez's Photos

  • Add Photos
  • View All

Comment Wall (2 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 5:39pm on September 21, 2018, Anita du Toit said…

Hi Chrissie die blad wat jy nou gekies het om temafoto's te laai word nie meer gebruik nie.. net die kennisgewings onder FORUM.

At 1:59pm on March 24, 2018, Chrissie du Preez said…

Gisteraand geregistreer en my eerste foto opgelaai.  Iemand vra dat ek bietjie meer vertel van myself en wat in my kamerasak is.

Wel ek hou van jongs af van fotos neem. Het geen opleiding, net 'n liefde vir dit.  'n Vriendin wat weet van my belangstelling het my 7 jaar gelede gekontak om fotos vir die plaaslike koerantjie te neem vir berigte  en ek moes toe sommer van die intrapslag af ook begin artikels skryf.  Ek was altyd lief op skool om gedigte en opstelle  te skryf en alhoewel hierdie 'n heel ander uitdaging is, geniet ek dit tog en hou daarvan omdat dit my op plekke bring waar ek nooit vantevore sou beweeg nie, sowel as is in aanraking bring met baie verskillende mense.  Mens leer gedurig en ek geniet dit.  Ek moet gereeld sport fotos by skole en plaaslike sport  fotografeer en sou graag meer wou leer om my fotos te verbeter.  My man het my juis gebless met 'n Sigma DG 150-500mm 1:5-6.3APO HSM lens om my taak te vergemaklik en dit help natuurlik ook baie wanneer ons in die Kruger Nasionale Park rondry!  Ons bly 8km daarvandaan en sou graag baie meer tyd daar wou spandeer.  Ons kom hopeloos te min daar.  Ek gebruik tans 'n Canon 750D.

Ek het al 'n paar goedjies aangeskaf, van dit weet ek nie eers mooi hoe om te gebruik nie, soos die studioligte wat ek gekoop het, sou graag nog wou leer hoe om dit op te stel, ens.  

In my sak:

Canon Zoom lens EF-S 18-55mm 1:3.5-5.6 III 58mm

Canon Soom Lens EF 75-300mm !:4-5.6 III

Canon Lens EF 50mm 1:1.8 II

Canon Macro Lens EF 100mm 1:2.8 L IS USM

Sigma EF-610 DG ST EFTL II FLITS

Sunpak 58mm ULTRAVIOLET filter

MARUMI 58mm CIRCULAR-P.L filter

'n Vriendin het my gevra om haar te help om fotos te neem vir haar juwele katalogus wat elke seisoen sou verskyn.  Sy het my vertel dat daar 'n aanvraag is vir persone wat produkte fotografeer en ek het vir my 'n makrolens aangeskaf, tesame met al die toebehore om juwele te fotografeer.    Ongelukkig het die vriendin na 'n jaar haar besigheid verkoop en my lens kon nog nie regtig vir my 'n inkomste verdien nie.  Sou graag op hierdie manier tuis 'n inkomste wou verdien, het net nie 'n idee wie om te kontak nie.

Ek het word soms gevra om troufotos te neem vir vriende en familie, maar doen dit nie graag nie, aangesien ek voel ek is nog nie opgewasse om daardie verantwoordelikheid te neem op iemand se groot dag nie.  My broer het my egter nou weer gevra om by sy troue fotos te neem.  Kan iemand asb help en vir my vertel watter lens ek in my sak nodig het vir troufotos?  Het jul 'n spesiale lens wat jul heeltyd gebruik of wissel jy tussen lense?

Ek is natuurlik versot daarop om my kleinkinders af te neem, en het vir my ook 'n klompie props en "backdrops" bymekaar gemaak om pasgebore babas te fotografeer, alhoewel ek nog net my eie kleinkinders fotografeer het.  Wil nog eers 'n kursus doen voor ek myself as 'n fotograaf uitgee. Ek het 'n hoekie in my kantoor ingerig en sodra ek weet hoe om my studioligte te gebruik sal ek begin oefen.

Ek wens egter dat ek meer tyd sal hê om aan my passie te spandeer.

 
 
 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html