Chrissie du Preez
  • Female
  • Komatipoort
  • South Africa
Share

Chrissie du Preez's Friends

  • Tina le Grange
  • Tersia Weitsz
 

Chrissie du Preez's Page

Latest Activity

Bruwer Burger liked Chrissie du Preez's photo
Aug 15
Bruwer Burger commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Mooi foto Chrissie."
Aug 15
Dine Potgieter commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Mooi!"
Aug 13
Rika Schoeman commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Die pad vorm 'n mooi lyn as inleiding tot die landskap. Mooi Chrissie."
Aug 13
Neville Hein commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Mooi rustige foto Chrissie."
Aug 13
Willie Schoombee commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Hierdie wolke is besig om op te bou tot ñ moontlike reënbui; Mooi gefotografeer Chrissie."
Aug 13
Tersia Weitsz commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Mooi kleure en goed gedoen Chrissie"
Aug 13
Gerrie Lambrechts commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Die donker wolk hang mooi belowend tog sou ek onder dit afsny.  Mooi landskap met die pad wat tot by die koppe daar agter lei.  Jy kan dalk die bosse en pad ligter maak."
Aug 13
Magda vd Merwe commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

Landskap

"Baie mooi Chrissie"
Aug 13
Chrissie du Preez posted a photo

Landskap

Ek het die foto 'n paar jaar terug al in die Kruger Wildtuin geneem.
Aug 13
Susan commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"Oooooo ek is bly ek hoof nie daai wit hempies te was nie. PRAGTIG"
Jul 12
Rassie van Graan commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"Jolig en vrolik!"
Jul 12
jan jordaan commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"PUIK, LEKKER PRET "
Jul 12
Rika Schoeman commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"Dit lyk asof die kinders hulself gate uit geniet. Baie mooi kleurvol."
Jul 11
Josef Steyn commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"Dit lyk na 'n prettige verdryf."
Jul 11
Vida van Schalkwyk commented on Chrissie du Preez's photo
Thumbnail

CMR colour run

"groot pret - oulik chrissie!!"
Jul 11

Chrissie du Preez's Photos

  • Add Photos
  • View All

Comment Wall (1 comment)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 1:59pm on March 24, 2018, Chrissie du Preez said…

Gisteraand geregistreer en my eerste foto opgelaai.  Iemand vra dat ek bietjie meer vertel van myself en wat in my kamerasak is.

Wel ek hou van jongs af van fotos neem. Het geen opleiding, net 'n liefde vir dit.  'n Vriendin wat weet van my belangstelling het my 7 jaar gelede gekontak om fotos vir die plaaslike koerantjie te neem vir berigte  en ek moes toe sommer van die intrapslag af ook begin artikels skryf.  Ek was altyd lief op skool om gedigte en opstelle  te skryf en alhoewel hierdie 'n heel ander uitdaging is, geniet ek dit tog en hou daarvan omdat dit my op plekke bring waar ek nooit vantevore sou beweeg nie, sowel as is in aanraking bring met baie verskillende mense.  Mens leer gedurig en ek geniet dit.  Ek moet gereeld sport fotos by skole en plaaslike sport  fotografeer en sou graag meer wou leer om my fotos te verbeter.  My man het my juis gebless met 'n Sigma DG 150-500mm 1:5-6.3APO HSM lens om my taak te vergemaklik en dit help natuurlik ook baie wanneer ons in die Kruger Nasionale Park rondry!  Ons bly 8km daarvandaan en sou graag baie meer tyd daar wou spandeer.  Ons kom hopeloos te min daar.  Ek gebruik tans 'n Canon 750D.

Ek het al 'n paar goedjies aangeskaf, van dit weet ek nie eers mooi hoe om te gebruik nie, soos die studioligte wat ek gekoop het, sou graag nog wou leer hoe om dit op te stel, ens.  

In my sak:

Canon Zoom lens EF-S 18-55mm 1:3.5-5.6 III 58mm

Canon Soom Lens EF 75-300mm !:4-5.6 III

Canon Lens EF 50mm 1:1.8 II

Canon Macro Lens EF 100mm 1:2.8 L IS USM

Sigma EF-610 DG ST EFTL II FLITS

Sunpak 58mm ULTRAVIOLET filter

MARUMI 58mm CIRCULAR-P.L filter

'n Vriendin het my gevra om haar te help om fotos te neem vir haar juwele katalogus wat elke seisoen sou verskyn.  Sy het my vertel dat daar 'n aanvraag is vir persone wat produkte fotografeer en ek het vir my 'n makrolens aangeskaf, tesame met al die toebehore om juwele te fotografeer.    Ongelukkig het die vriendin na 'n jaar haar besigheid verkoop en my lens kon nog nie regtig vir my 'n inkomste verdien nie.  Sou graag op hierdie manier tuis 'n inkomste wou verdien, het net nie 'n idee wie om te kontak nie.

Ek het word soms gevra om troufotos te neem vir vriende en familie, maar doen dit nie graag nie, aangesien ek voel ek is nog nie opgewasse om daardie verantwoordelikheid te neem op iemand se groot dag nie.  My broer het my egter nou weer gevra om by sy troue fotos te neem.  Kan iemand asb help en vir my vertel watter lens ek in my sak nodig het vir troufotos?  Het jul 'n spesiale lens wat jul heeltyd gebruik of wissel jy tussen lense?

Ek is natuurlik versot daarop om my kleinkinders af te neem, en het vir my ook 'n klompie props en "backdrops" bymekaar gemaak om pasgebore babas te fotografeer, alhoewel ek nog net my eie kleinkinders fotografeer het.  Wil nog eers 'n kursus doen voor ek myself as 'n fotograaf uitgee. Ek het 'n hoekie in my kantoor ingerig en sodra ek weet hoe om my studioligte te gebruik sal ek begin oefen.

Ek wens egter dat ek meer tyd sal hê om aan my passie te spandeer.

 
 
 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html