Hannes Claassens
  • Male
  • Witbank
  • South Africa
Share

Hannes Claassens's Friends

  • Sandra Grobler
  • Elna Geringer
  • Josef Steyn
  • Hennie Cronjé

Hannes Claassens's Groups

 

Hannes Claassens's Page

Latest Activity

Elna Geringer commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Ek hou van die foto maar ek dink ook die f/stop moet kleiner sodat jou hele toneel vol fokus het. Ek stem saam met Sandra dat die mes verder op die bord kon wees. Soos dit nou is, si dit amper nie deel van die bord nie. Nietemin haal ek my hoed vir…"
7 hours ago
Josef Steyn commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Sterkte met jou pogings Hannes. Ek het nog nooit kos afgeneem nie en weerhou my dus van kommentaar oor meriete al dan nie."
8 hours ago
Hennie Cronjé commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Die opstelling is baie goed en die fokus en kleure goed. Die velddiepte was net te klein, omdat die agterste elemente, wat uit fokus raak, mens se aandag nogal sterk trek. Hier is goeie eenvoud, maar jy kan dit nog eenvoudiger maak."
9 hours ago
Sandra Grobler commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Hannes sal graag wil hoor wat die slim mensies sê - ek self sou die glas melk gelos het en die mes eerder heeltemal op die bord geplaas het - miskien so met effe van die smeersel op die punt en op die kant van die brood?  Ek…"
11 hours ago
Gerrie Lambrechts commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Ek is bly jy plaas die foto's want ons almal leer deur wat Hennie sê.  Ek wonder of alles nie in fokus moes wees nie."
13 hours ago
Tersia Weitsz commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Rooster brood met vye

"Baie mooi opstelling en jy maak mens lus"
14 hours ago
Hannes Claassens posted photos
15 hours ago
Gerrie Lambrechts commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Baie mooi opgestel, alles pas goed in en lyk sommer heerlik.  Mooi foto.  Hennie is altyd regte raadgewer."
yesterday
Hennie Cronjé commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Die opstelling is goed, met die rooi tamaties voor as fokuspunt. Die lig kom net van bo. Vir kos het mens verkieslik twee ligbronne nodig om mooi effekte te skep. Die agtergrond is goed. Die kontraste in kleur is egter bietjie laag - die tamaties…"
yesterday
Johan Ayres commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Ek dink jy het baie reg gedoen om 'n pragtige foto te kry. Die opstelling is vir my baie mooi, met pragtige kleure. Help my as ek verkeerd is, miskien wou jy dit so gehad het - dit lyk asof jy 'n groot lensopening gebruik het en op die sny…"
yesterday
Tersia Weitsz commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Ek hou van die opstellingen   stem nogal saam dat alles hier mooi in fokus moet wees"
yesterday
Willie Schoombee commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Hannes mooi opstelling vir ñ stillewe, lyk na ñ groot f-stop 5.6 want alles voor is nie in fokus nie. "
yesterday
Vida van Schalkwyk commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"well done!!"
yesterday
Dean Swanepoel commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Baie interessant."
yesterday
Elna Geringer commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Oestafel

"Hannes gee die foto se EXIF 'seblief???? Op VS vertoon die foto baie beter as hier maar die tamaties is effe uit fokus en ek wonder of dit reg is. Ek gaan weer kom loer want kos fotografie is 'n perd van 'n ander kleur. "
yesterday
Josef Steyn commented on Hannes Claassens's photo
Thumbnail

Sonsondergang agter doringdraad

"Mooi gedoen Hannes."
May 17

Hannes Claassens's Photos

  • Add Photos
  • View All

Comment Wall (6 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 8:19pm on April 24, 2018, Riaan said…

hey Hannes, ek's tans af van FS maar nie onbepaald afwesig. ek geniet jou foto's veral die makro's. dis egter veral jou liefde vir en kennis van die gogters en ander lewende wesens wat deurskemer in jou foto's. sal jy asb as jy iets besonders interessant tussen die goggas en diere teëkom dit met my deel op Whatsapp of op my e-pos riaanforx@gmail.com. groetnis, Riaan

At 8:23pm on April 11, 2018, Josef Steyn said…

Dankie Hannes. Jy doen goed met die makro en ek is ook beindruk daarmee dat jy altyd bietjie inligting gee oor jou foto's. Inligting soos die uitdagings wat met die foto se neem teenwoordig was (of dalk watter toerusting jy gehad het of dalk nie) maak dat 'n mens 'n foto na regte kan waardeer. Dit is vir my die 'provenance' van die foto en dra baie by tot die sukses daarvan. Ek sal graag meer van jou wil weet. As jy wil kan jy my e-pos by superfoto7@gmail.com

At 9:20am on April 9, 2018, Anita du Toit said…

Hi Hannes. Die tema's word op die regterkant van die hoofblad onder verjaarsdae op  FORUM geplaas elke 2de week. Jy kan dit soos gewoonlik laai dit tel dan net vir jou dag se foto. Geniet!

At 2:03pm on April 1, 2018, Josef Steyn said…

Hannes, jy het gevra oor die gebruik van die LED liggies. Ek gebruik twee Godox liggies. (Nie die top model nie). Wat ek doen is die volgende: Ek stel my kamera so op dat daar 'n 10 sekonde vertraging is en ek stel 'n 5 skoot 'bracket' op met 1/2 stop intervalle en die middelpunt van die bracket op nul. Witbalans op 4000 of 4500K.  Dan skakel ek beide liggies aan en hou die een wat op die hoogste intensiteit gestel is in my een hand en lig op dit wat ek wil afneem. Op hierdie stadium sal ek die liggie dan sterker of swakker stel, afhangend van omstandighede. Dan druk ek die sluiter en in die 10 sekondes wat ek beskikbaar het neem ek dan die ander liggie en hou dit op 'n manier wat maak dat ek die beligting kry wat ek benodig. (Verder of nader of skuins om intensiteit aan te pas.) Soms gebruik ek 'n klein gorilla staander vir een liggie of as my vrou saam is help sy met die liggies. Ek maak vooraf seker dat ek fokus kan kry en vir die bedryf soos ek bo beskryf moet ek natuurlik 'n driepoot gebruik. Soms gebruik ek outomatiese fokus en soms fokus ek per hand. Die bracket is nodig omdat die ligintensiteit op die moment wat die kamera die lig gemeet het nie dieselfde is as nadat die tweede liggie bygekom het nie. Jy is enige tyd welkom om vir my te e-pos op superfoto7@gmail.com

At 9:29pm on March 30, 2018, Tina le Grange said…

Hannes ek het nou per ongeluk op julle gesprek afgekom. Ek kry so min tyd om nog meer aandag aan fotografie te gee en makro is nog op my doen-lysie. Dankie vir julle gesprek; klink soos 'n hospitaal-teater met al die buise.... :-)

Ek sal weer kom loer en baie dankie dat jy bereid is om jou kennis met ons te deel. Kaapse groete

At 1:57pm on March 25, 2018, Anita du Toit said…

Welkom by Fotoskool Hannes, hoop jy geniet die deelname hier en ons sien uit na jou foto's. Vra asb as jy iets nie verstaan op die blad nie.. ons help graag.

 
 
 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html