Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Posted on May 16, 2017 at 12:13pm 7 Comments 7 Likes
Wil jy Photoshop koop maar dis te duur? Wel, ek het goeie nuus vir jou. Daar is nou 'n program op die mark wat sterk aan te bevele is: AFFINITY PHOTO version 1.5. Dit kos ongeveer R800 in SA. Dit het in 'n oorsig in Digital Photo 5/5 sterre gekry. Ek haal aan: "Affinity may be very much its own software, but we can't help thinking that this is what Photoshop would look like if Adobe listened to every piece of feedback it received". Alles wat mens nodig het, is daar (behalwe miskien Layers…
ContinuePosted on July 12, 2015 at 10:50am 1 Comment 3 Likes
Ek reël 'n toer deur die Namib van Aus in die suidooste tot Walvisbaai in die noordeweste van 4-10 April 2016. Dit is met die hulp van Johan Jooste van Windhoek. Die basiese wat nodig is, is 'n 4X4 trek voertuig met lae trek, R10 000 per persoon en 'n inskrywing op die webbladsy Johan Jooste Photography. Aangesien…
ContinuePosted on October 19, 2014 at 8:05pm 23 Comments 5 Likes
Onlangs het ek 200 opeenvolgende foto's geanaliseer en geklassifiseer volgens die onderwerp van die fotografie. Hier is die resultate:
Landskappe 55
Wildlewe, insl voëls 46
Objekte 23
Plante 19
Mense 12
Geboue 9
Sonop/sononder 8
Huishoudelike diere …
ContinueBaie geluk met jou verjaardag, Hennie. Mag die Here jou ryklik seen in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir jou positiewe en opbouende kommentaar op al die hordes foto's wat jy so gereeld met ons bespreek - waardeer dit baie!
My foto; sonnetjie in die middel:
Hennie dankie vir die wenk; iets van die komposisie het my gepla - dankie dat jy dit uitgewys het.
Seënwense en mooi nuwe lewensjaar vol pragtige foto's en baie lesse vir ons wens ek jou toe. Geniet die dag.
Baie geluk met jou verjaarsdag Hennie, mag jy 'n wonderlike dag en geseende nuwe lewensjaar he en nog laaaank vir ons gespaar bly dat ons jou nog laaank kan besig hou met ons foto'tjies. Dankie vir al jou geduld en takt met ons :-)
Hennie my RUM-foto: 'n bietjie RUM in 'n warm sjokolade drankie in die winter smaak vorentoe, maar ek stem saam dat my foto wat ek in die klein fabriek in Mauritius gefotografeer het, lyk nie dieselfde as die eindproduk nie :-)
Windlaaiers in die hawe:
Hennie baie dankie vir jou kommentaar; 'n goeie leerskool vir my
Wenke wat ek eintlik lankal weet en nie toegepas het nie.
Die diagonale lyn is toe al die tyd die bootjie se "slip stream" en nie die windlaaier se skaduwee nie.
My plant-hart in Mauritius:
Hennie baie dankie vir die inligting oor "content aware". Ek sal vir vader krismis briefie skryf vir Elements 15.
Hennie my foto van die man en sy hond:
Baie dankie vir jou verduideliking van my probleem en dat ek weer eens by jou kan leer.
In plaas van om na -0.7, as ek dit reg verstaan, te verstel, moes ek eerder na die + kant toe beweeg het?
Hennie, ek het vanoggend dieselfde foto (en ook 'n maatjie van hom) weer gelaai en toe kom beide reg uit op volgrootte. Daar moes dus in die laaiproses iets verkeerd gegaan het. Die klein volgrootte foto se afmetings word op FS as ongeveer 90x100 pixels gegee! Geen wonder hy is so klein nie.
Hennie, ek het ook gesien die sprinkaan is so klein op volgrootte. Ek het geen verklaring daarvoor nie. Die foto is ongeveer 800KB groot en sy afmetings op 'image size' in Photoshop is ongeveer 2000 x 2500 pixels.
© 2018 Created by Igno van Niekerk.
Powered by