Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Dankie vir daai inligting. Ek het net n 75-300 lens...en maar min geleentheid vir voerls afneem...maar sou graag wil begin
Baie dankie Magda vir die kamera-inligting.
Wat vir jou in die Kaap :-)
Baie geluk met jou verjaarsdag Magda. . mag dit vir jou 'n heerlike bederfdag tussen jou geliefdes wees!
Dankie vir jou kyk en kommentaar Magda. Altyd goed om verskillende menings te hoor. Ek het weer gedink daar is dalk te min blaartjies op die grond. Dit is nie 'n ateljeefoto nie en ek wou graag die toneel so natuurlik moontlik hou. Boonop sou 'n mens kon verwag dat daar in 'n draak se grot in die woud, blare op die grond sou lê. (Ek wonder hoeka hoe dikwels drake huis skoonmaak.) Ek het nog 'n ander een waar hy op 'n ander plek tussen 'n klomp blare staan. Miskien plaas ek dit eendag. Laastens was dit maar 'n speel-foto. Sit dus maar jou humor bril op en kyk weer daarna.
Dankie Magda; nogal 'n foto met 'n onbekende storie. Ek leer graag by jou.
En, ja lekker om terug te wees.
Groete en mooi aand vir julle.
Magda, dankie vir jou reaksie op my vraag. Kan jy asb vir my jou e-pos adres stuur?
Magda, ek weet nie of net jy hierdie boodskap kan sien, of almal met wie jy vriende is nie. Kan jy my help asseblief?
Magda en Dine, my see-foto: Magda, net soos Dine sê, was my bedoeling om die brander te probeer vries vandaar die 1/2500 sek, en het ek toe die ISO hoër gestel en ek wou probeer om die fokus van voor tot agter in fokus te kry. Met hierdie pogings het ek nog baie om te leer. Teen 4 nm was daar skadu a.g.v. geboue en die lig al aan die afneem.
My wasgoed-foto: Baie dankie Magda en Riaan vir julle wenk; ek het geweet ek moet die paaltjies en draadjie uithaal, maar was bietjie lui............... :-)
My see-foto: Dankie Magda vir jou wenk; my Powershot se hoogste f/-stop is 8 maar ek sal dit onthou wanneer ek die Nikon gebruik.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by