Susan
  • Female
  • Kathu, Noord Kaap
  • South Africa
Share Twitter

Susan's Friends

  • amanda van der Hoff
  • andries haasbroek
  • Henry Inocco
  • Fred Beck
  • Riana Pretorius
  • Gene
  • Tina le Grange
  • ISSI POTGIETER
  • Sandra Grobler
  • Gerda Robbertse
  • Doret Le Cornu
  • Hannelie Le Cornu
  • Joanette Le Cornu
  • Annelie Murphy
  • Marietjie
 

Susan's Page

Latest Activity

Susan commented on Gerrie Lambrechts's photo
Thumbnail

Vroeg oggend druppels (5)

"Pragtig Gerrie."
Jun 3
Susan commented on Liz's photo
Thumbnail

Knielende

"Uitstekend Liz, soos altyd. Pragtige ou klein rooi bytjie............"
Jun 3
Susan commented on Doretha Kock's photo
Thumbnail

In die bos agtergelaat

"Goed gedoen, wat 'n jammerte dat die ou trok nou so moet staan en roes....."
Jun 3
Susan commented on Gustav Wentzel's photo
Thumbnail

Nats1

"Wow! briljant........... hou sommer baie van albei, meisie en slang. Pragtige foto, komposisie en beligting."
Jun 3
Susan commented on Andy Melville's photo
Thumbnail

Ou kar

"Oulik, hou van die 2 ou erfstukke. Goeie verwerking."
Jun 3
Susan commented on Anita du Toit's photo
Thumbnail

Huisie in die berge

"Pragtig Anita, ek hou van jou beligting en jou lyne. Foto vertoon rustig en maak dat ek graag daar sou wou bly. Met 'n bonus van 'n stroompie ook nog."
Jun 3
Susan commented on Ronnie Bresser's photo
Thumbnail

Pylstertmot

"Pragtig Ronnie, jy het jou agtergrond mooi gekies en jou geduld het jou beloon met 'n puik foto."
Jun 3
Susan commented on Gustav Wentzel's photo
Thumbnail

Natania3

"Gustav, dit is werklik 'n stunning foto, pragtige beligting en uitstekende fokus. Die hele foto skree "wow" en jy kan trots wees hierop. Ek gee hom 'n COM vir dit wat ek op my skerm sien. - Jy kan gerus hierdie foto by…"
May 14
Susan commented on Igno van Niekerk's blog post Versoek vir foto van kameeldoringboom
"Hi Igno, moet die boom vol in die foto wees, en net 1 boom alleen, of wil jy 'n tipe van landskap foto hê met kameeldorings in.  Hoe groot wil jy die foto hê, 1, 2 of 3 mb?"
May 5
Susan commented on Hansie Peens's photo
Apr 24
Susan commented on Hansie Peens's photo
Thumbnail

blink bly mooi

"Baie oulike kreatiewe foto. Goed raakgesien."
Apr 24
Susan commented on Henriette Visser's photo
Thumbnail

Getypoel

"Dit is pragtig en ek hou van die kleur van die waterpoel. Mooi gedoen."
Apr 24
Susan commented on Henriette Visser's photo
Thumbnail

Port Elizabeth Panorama

"Dit is pragtig Henriette, jy het 'n mooi landskap raak gesien.  Jy kan egter die horison reguit maak in photoshop, probeer dit gerus."
Apr 24
Susan commented on Igno van Niekerk's group Gemanipuleerde foto's
"Die landskap met die bloulug en wolke wat in gesit is, is 'n goeie idee. Maar dit voel net vir my bietjie te erg blou, effe onnatuurlik. Ek dink dit sal baie mooi lyk met net soooo titseltjie minder blou. Net my opinie."
Apr 24
Susan commented on Igno van Niekerk's group Gemanipuleerde foto's
"Jy speel lekker met al die filters in PS Amanda. Dit is interessant wat daar als kan uitkom. Geniet dit. Gert ek hou van die laaste foto. Dis pragtige altered reality, maar die ander mens se oog laat my gril. Nicolene, ek hou van jou portretstudies…"
Apr 24
Susan commented on Igno van Niekerk's group Kinderfotografie
"Dis baie oulik, hou van die idee........."
Apr 16

Susan's Photos

Loading…
  • Add Photos
  • View All

Susan's Blog

Kersfees Geskenk Verrassing

Posted on December 25, 2011 at 4:49pm 2 Comments

Liewe Fotoskool lede,

 

Ek wil graag met julle my storie deel en ek kan ongelukkig dit nie met net 1 foto vertel nie, maar ek het die 4 foto's as een gemaak.

Klein Jos (Jozette) is gebore nadat haar Ma en Pa vir 12jaar gesukkel het om 'n kindjie te kan hê. Sy is soos 'n engeltjie wat gestuur is vir haar ouers en die dierbaarste ding wat ek ken.  Ongelukkig met vandag se ekonomie en die lewenskostes wat so duur is, is haar Ma gedwing om aan te hou met werk soos baie…

Continue

Kersfees Geskenk Verrassing

Posted on December 25, 2011 at 4:34pm 8 Comments

 

HERKOUKIES

Posted on June 2, 2011 at 9:57pm 6 Comments

Ek wil graag met julle die volgende deel en ek noem dit: “HERKOUKIES”

Wanneer enige mens begin belangstel in Fotografie is daar ‘n paar basiese dinge wat jy eerste doen

-         Jy skaf vir jou ‘n kamera aan wat by jou behoeftes pas

-         Dan begin jy foto’s neem en so voeg jy 1 x 1 items by wat jy nodig het

-         Besluit om by ‘n klub aan te sluit om meer te leer

-         Nou skaf jy ‘n rekenaar aan en programme om jou foto’s te verwerk en…

Continue

Comment Wall (24 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 7:25pm on October 12, 2012, Riana Pretorius said…

Susan, baie geluk met jou verjaardag!!! Mag die jaar wat voorlê mooi & geseënd wees!!!

At 7:17pm on October 12, 2012, Henk Pretorius said…

Baie geluk met jou verjaarsdag....

At 7:36am on October 12, 2012, Ronnie Bresser said…

More susan baie geluk met jou verjarsdag mag daar sommer nog baie wees, geniet jou dag.

At 6:47am on October 12, 2012, Petro Geldenhuys said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Susan.  Mag jy 'n wonderlike geseënde dag hê!

At 9:25am on February 3, 2012, Josef Steyn said…

Susan, jy verwoord presies wat ook my gedagtes en ervaring is. Ek kry vir Hennie jammer. Dit is onmoontlik om sinvol op so baie fotos kommentaar te lewer. Ek het al aan hom voorgestel dat hy hulp moet kry by die ander ervare fotograwe en sodoende die las versprei. Dan dink ek ook hulle kan die limiet nog verminder na bv. 3 per week. Dit sal maak dat mense meer selektief fotos plaas. 

Dankie vir jou komplimente. My aanvaarbare fotos is nog maar 'n klein persentasie van die totaal wat ek neem, maar ek hoop om mettertyd beter te doen.

Ek reken ons gaan nog hard werk in die mentor program, maar ek gee nie om nie. Dit lyk in elk geval vir my baie belowend. Ek weet ek gaan baie leer.

Ten opsigte van jou "ietsie uitglip": jy kan gerus meer dikwels ietsie laat uitglip. Veral ten opsigte van my fotos gee ek glad nie om vir teregwysings of positiewe kritiek nie. Dit is tog waarvoor mens by Fotoskool publiseer. As iemand daaroor aanstoot neem kan hy maar liewer bedank. Jy moet ook nie skuldig voel as jy nie op alles kommentaar kan lewer nie. Niemand is onder verpligting om kommentaar te lewer nie. Elkeen van ons doen mos maar wat ons kan. Groetnis.

At 4:19pm on February 1, 2012, Josef Steyn said…

Hallo Susan, so 'n jaar gelede, net nadat ek by Fotoskool aangesluit het, het ek 'n foto van 'n daglelie gelaai wat sekere tekortkominge gehad het. Ek glo ek het nou die vorige foto se probleme uitgestryk. Ek het nou weer een gelaai en ek hoor graag jou kommentaar.

Naskrif: Ek het nou weer die geleentheid gebruik om deur jou fotos te kyk en ek dink jy het 'n besondere oog vir 'n goeie foto en dan ook die tegniek om dit te maak werk. Jy kan gerus meer kommentaar op fotos, veral by Fotomentores, lewer. Jy is duidelik baie bevoeg om dit te doen.

At 9:33pm on January 1, 2012, Marietjie said…

Dankie vir jou oulike opmerkings! my kinders is my lewe, sonder hul liefde is mens maar arm!

At 5:53pm on November 11, 2011, Josef Steyn said…

Naand Susan.

Twee kort goedjies.

Hogsback is in die Oos Kaap, min of meer tussen Oos London en Queenstown en omtrent 35km vanaf Alice, waar Fort Hare Universiteit is. Dit is gelee op die eskarp as jy van die kusvlakte na die plato van die binneland styg. Dit het dus 'n baie groot reenval, soms tot 2000mm per jaar met 'n gemiddeld van ongeveer 1200 - 1400mm per jaar. Dit het iewers tussen 1835 en 1850 begin toe die sendelinge huise hier begin bou het om te ontvlug van die hitte in die vallei onder die berg en togryers 'n oorslaapplek nodig gekry het. 'N webwerf wat my vrou, Elsa, aan die gang hou sal jou meer vertel.  (www.hogsbackinfo.co.za). Ons plek is genaamd Never Daunted.

Elliot.

Hy is inderdaad my kleinseun. Hy is gebore met 'n kondisie "Hypoplastic Left Heart Syndrome" wat beteken dat sy hart se linker ventrikel glad nie ontwikkel het nie en dus glad nie kan werk nie. Dit is 'n toestand wat, as dit nie opereer word nie, 'n 100% sterftesyfer het ongeveer 5-7 dae na geboorte. Geen uitsonderings. Hy het sy eerste groot hartoperasie op 5 dae ouderdom gehad, sy tweede op 5 maande en sy derde op 18 maande. Nou het hy 'n redelik werkende sisteem, maar sy hart sal natuurlik nooit normaal wees nie. Hy was op suurstof 24/7 tot hy twee jaar oud was. Hy het in 'n kind met 'n pragtige persoonlikheid ontwikkel. Nodeloos om te se, sy ouers het deur baie diep waters gegaan.

Dankie vir jou belangstelling.

PS Jy het goed gedoen met die naaldekoker.!!

At 5:56pm on November 10, 2011, Josef Steyn said…

Nogmaals dankie vir jou gewaardeerde opmerkings en suggesties. Die ligene het my oog gevang omdat die geboe lyn van die ligene herhaal word deur die mos en ook die oranje van die saadje wat weerklank vind in die mosgedeelte.

Ek het nie 'n naby skoot van die mos nie, maar dit is 'n goeie voorstel. Dit behoort 'n mooi tekstuurfoto te maak en ek gaan soek vir 'n foto.

Die gogga storie.

My jongste dogter is so tien jaar gelede met 'n Amerikaner getroud. Hulle het in Suid-Afrika kom trou (iets waarvoor ons groot waardering gehad het).

My dogter is 'n regte platjie en sy oortuig toe haar aanstaande dat, omdat Bloemfontein 'n Afrikaanse gemeenskap is, sal dit nie goed wees as hy nie ook 'n paar woorde in Afrikaans kwytraak gedurende sy toespraak nie. Sy rig hom toe af om die volgende sin in sy toespraak in te werk: "Ek het vanoggend 'n groot, groen, grillerige gogga op die grasperk gesien" Nodeloos om te se die Amerikaner het erg gesukkel met die klomp "G's" in die sin maar die feit dat hy probeer het, het hom onmiddelik gewild gemaak onder die gaste. (Probeer die sin vinnig se en kyk hoe moeilik dit is. Ek sukkel soms.)

Nog 'n storie.

Sy het uiteindelik in Warm Springs (Georgia) geland en daar het sy het goeie vriende gemaak met 'n Indier meisie (Samantha) van Durban wat saam met haar gewerk het. Een aand, 'n kort rukkie na hulle ontmoet het, is hulle saam iewers in 'n restaurant en Sunette begin toe vir Jonathan vertel van haar skooldae en veral hoedat sy en Samantha skooltoe moes ry op 'n olifant!! Samantha val toe ook in en vertel dat hulle te arm was om elkeen 'n olifant te kry en dat hulle die een olifant moes deel! Waar die storie gedraai het weet ek nie, maar Jonathan eet alles vir soetkoek op en luister oopmond na hul avonture. Eers toe die storie bietjie te wild begin raak het, het die meisiekinders uitgebars van die lag en kom Jonathan agter hulle trek sy been. Dit het amper tot 'n vroee egskeiding gelei.

Hulle kom nou weer in Februarie/Maart kuier en ons sien uit daarna. Kyk onder my fotos na die fotos van Elliot, hul seuntjie, wat ek geplaas het. Dat hy lewe is 'n wonderwerk.

 

At 2:08pm on November 6, 2011, Josef Steyn said…

Susan, 

Omdat ek lanklaas regtig aandag gegee het aan fotos wat jy gelaai het, het ek vanmiddag tyd gevat en rustig deur al jou fotos gekyk. Ek kan sien jy reis wyd en in die proses het jy 'n klomp mooi fotos bymekaargemaak. Ek sien ook jy fotografeer 'n groot verskeinheid onderwerpe van grillerige goggas (Ek moet jou eendag die storie oor die grillerige goggas vertel) tot mooi landskappe en portrette. As ek nou moet kies, dan is my mening dat jou portretfotografe jou beste is. Veral die kinders is baie treffend. Ek dink jy doen fantasties in hierdie gebied. Ek hou dop vir nog fotos.

 
 
 

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html