Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Started this discussion. Last reply by Alida du Toit Dec 14, 2017. 3 Replies 2 Likes
Dagsê Fotoskolers.Ek wil graag die volgende met julle deel nav my nuutste Fine Art foto's wat ek in ñ reeks plaas. Ek gaan basies weergee wat en hoe die Internet dit beskryf. Soos ek reeds met my…Continue
Started this discussion. Last reply by Josef Steyn Nov 15, 2017. 9 Replies 0 Likes
Vanoggend het ek sommer net lus om bietjie te skryf, want dit is koud hier in Gauteng en dit lyk renerig, daardie soort weer wat ñ mens lus maak om sommer die kaggel aan te steek en ñ ou rooietjie te…Continue
Started this discussion. Last reply by Christa Snyman Oct 30, 2017. 10 Replies 1 Like
Ek kyk elke oggend wie verjaar daardie spesifieke dag en dit is só opmerklik dat weinig van die mense wat verjaar bekend is by Fotoskool. Nou dit het my maar net laat dink wat se impak het die…Continue
Started this discussion. Last reply by Elna Geringer Jul 24, 2017. 5 Replies 0 Likes
Goeie dag Fotoskolers. Ek weet nie of dit net ek is en of daar nog mense is wat sukkel om kommentare te lewer nie. Ek ondervind die probleem nou die afgelope maand. Die stelsel laat my hoogstens…Continue
Posted on October 21, 2015 at 2:40pm 8 Comments 0 Likes
Ek wil maar net van geleentheid gebruik maak om al die Fotoskolers te laat weet dat Elna en Huey Geringer se Swaer vanoggend vroeg oorlede is. Ek en Matt was baie goeie vriende en ek gaan hom mis. Wens hul hele gesin sterkte toe en Vader se nabyheid indie tyd.
My foto van gister, Tekstuur Palmblaar: Willie jy is reg daar was omtrent geen afstand tussen die harde blaar (fokuspunt) en die agtergrond nie.
Willie, wanneer dit by landskappe kom, kan ek verseker na jou luister; baie dankie.
hello my vriend Willie, weereens voel ek voor op die wa om kommentaar te lewer op jou mening van Neville se geitjiefoto. die korrekte omtrent die rede hoekom geitjies teen bv. plafonne kan loop is as volg:
hulle pootjies het groot hoeveelhede uiters klein (nano) en kort haartjies wat elkeen weer uit 'n groot hoeveelheid nog kleiner haartjies bestaan. agv die nano aard van die haartjies is daar aantrekkings en afstoot kragte tussen die oppervlak waarop hy loop se positiewe en negatiewe ione en die van die klein haartjies. die gevolg is die vermoë teen soms onmoontlike oppervlakke te kleef. ek gaan jou nie met nog verduidelikings verveel maar dis min of meer die "basics". vertrou regtig jy's nie al g.vol vir my nie.
Fine Art: Baie dankie Willie vir jou wenk; my gevoel was ook dat my toneel seker te besig is.
Dankie Willie, ek waardeer en gaan nog baie vrae vra aangesien ek nog baie het m te leer. Lekker naweek vir jou
Alida
Alles reg Willie.
Dankie vir die kyk na ky maanligfoto Willie. Die lig links is van die dorp se ligte. Ek sou graag nog 'n bietjie na links geskiet het om die sirkel rotse volledig te maak maar dan het ek te doen gekry met uiters steurende ligte. Soos dit is moes ek daardie lig bietjie onder 'n maatemmer wegsteek! Dit was al redelik donker (op 5 Okt. ongeveer 18:00.) toe ek die foto geneem het. Dit was 'n paar dae voor volmaan en die maan was al redelik ver in die weste.
hello mater, skuus jy moes nou hierheen kom vir iets wat ek opi hart het. Ivm die foto van die Sulphur skoenlapper net vlg. Jou foto is die van die Common Dotted Border butterfly en nie die Sulphur. Die Sulphur het twee kleure nl. geel (wyfie) en liggroen (mannetjie) en word ook African Migrant of Common Vagrant genoem. Google gerus die Latynse naam Catopsilia florella. Ek hou nie daarvan om iemand op die oop kommentaar op FS reg te help want vir my voel dit so beterweterig en mens word te maklik ge"label" maar ek help jou graag reg in nederigheid.
Groetnis
Riaan 0842522571
Baie dankie Gerrie, Willie, Jan en Doretha vir julle kyk, kommentaar en wenke.
Dit help my baie.
Dankie vir jou kommentaar Willie. Ek het intussen die vergelyking met gister se foto in die kommentaarboksie geplaas. Kyk na die verbetering in die skaduwee se detail. Ek het nog twee bewerkings wat ek oor die volgende twee dae gaan plaas, elkeen met sy vergelyking. Let op vir hulle
© 2018 Created by Igno van Niekerk.
Powered by