earle
  • Male
  • eastern cape hankey
  • South Africa
Share
  • Blog Posts (1)
  • Discussions
  • Events
  • Groups
  • Photos
  • Photo Albums
  • Videos
 

earle's Page

Earle's Blog

kamera te koop

Posted on February 1, 2013 at 3:54pm 0 Comments

Hello ek verkoop my sony alpha a500 body met box prys R3 500.My kontak nommer 081 399 0840 of epos earlefortuin326@gmail.com

Comment Wall (2 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 6:46pm on February 14, 2013, Willem Kruger said…

Hi Earle, ek ken nie Sony kameras nie, maar ek het gaan kyk na die specs van jou kamera. Dit lyk goed vir my en met 'n f4 lens sal jy kan genoegsame fotos kan neem en die nodige ondervinding kan opdoen.

 

Wat ek nou sal voorstel, is dat jy (1) my blogs lees, (2) verder lees wat jy in die hande kan kry. (3) Dan jou vrae wat jy nog het, op Fotoskool se wildfotografie groep se website plaas sodat ons kan antwoord. (4) Verder kan jy dan begin om van jou fotos op die discussion session (Kritiek en Opinie Paleis (KOP)) wat ek skep het, pos sodat ek/ons dit vir jou "ernstig" kritiseer sonder om persoonlik te maak.  

 

Hoop dit help en sien uit om jou fotos te sien.

At 2:30pm on February 13, 2013, Willem Kruger said…

Hi Earle

Thanks vir die vraag, sorry dat ek so laat antwoord, maar ek was vir 'n tyd in die Kgalagadi vir fotografie (sekerlik een van die beste plekke vir wildsfotografie) en daar is geen opvangs nie. Dit is maklik en moeilik om jou te antwoord.

 

Maklik deurdat jy net die nodige GEDULD en kennis van jou onderwerp (bv roofvoels, leeus, ens) moet beskik sodat jy weet wat jy wil doen. Dit gaan jou niks kos nie. Hiermee bedoel ek dat jy moet besluit hoe jy jou foto wil neem en wat jy vir die mense wil wys. Bv ek stel baie belang in birds in flight (BIF) en dus sit ek geduldig en wag tot 'n voël opstyg en vlieg. Vir sulke fotos het jy geduld en die nodige kennis van die voël nodig. Bv groot roofvoëls styg altyd teen die wind op - dus kan jy antisipeer hoe die roofvoël gaan opstyf en jy posisioneer jouself daarvolgens.

 

Moeilik deurdat jy die nodige toerusting moet het wat baie duur kan wees. Ook moet hy die geleenthede gaan soek om sulke fotos te kan neem. Wat ook koste implikasies inhou. Jy het gewoonlike beperkte geleenthede in jou agtertuin.

 

My raad is: besluit of jy:

 

1. dit regtig wil doen

2. regtig in die natuur belangstel of gaan dit net oor fotografie; anders gaan jy baie frustreerd wees en net 'n irritasie vir ander fotograwe wees

3. kry redelike goeie equipment en gaan probeer 'n paar keer. Sien of jy daarvan hou. Dit is nie elke een se cup of tea nie

4. daarna is dit oefen, oefen, oefen en nogmaals oefen. O ja, lees ook soveel/so wyd as moontlik oor wildsfotografie 

5. moet nie bang wees om jou fotos vir die publiek te wys vir kritiek nie - nog 'n manier hoe 'n mens leer (moet NOOIT kritiek persoonlik opneem nie - dit is nie die moeite werd nie aangesien elke persoon die reg tot 'n opinie het)

 

Vir verdere inligting, sien my blog oor wat ek al van wildfotografie geskryf het:

http://willemkrugerphotodiscuss.wordpress.com/

 

Of kyk op my blog waar ek my fotos en trip bespreek:

http://willemkruger.wordpress.com/

 

Ek hoop dit help - vra maar soos jy aangaan/probleme opduik en ek kyk waar ek kan help. 

 
 
 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html