January 2010 Blog Posts (10)

Stap vir Stap - Deel 8 - Spoed en Diepte

Jy't dit seker sien kom...

Hierdie ding gaan nie so maklik werk soos ek jou vertel het in die vorige paar lesse nie.

Ek bedoel - dis logies:

Kom ons veronderstel jy wil iets afneem met 'n groot lensopening (F2.8), en dus min diepte van veld. Dis 12:00 die middag, en die son skyn. (Hoekom neem jy foto's teen 12:00 die middag as die son skyn, het jy niks anders om te doen nie?)

Nou as jy werk met 'n lensopening van 2.8 (as jy die A knoppie gebruik), kan die sluiterspoed wat… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 30, 2010 at 10:15pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 7 - Kom ons vang spoed!

Aha - Spoed - sommige mense kan net nie daarsonder nie! Juis daarom is daar in elke kamera 'n spoedknoppie - net om te kyk dat jy nie oorhaastig raak nie!

Darem nie heeltemal nie...

Tog, hierdie keer gesels ons oor die S knoppie - of, as jy 'n Canon het die Tv knoppie (T staan vir TIME, terwyl S vis SHUTTERSPEED staan) - dus, as jy nog altyd gedink het die tyd gaan gou verby - dan was jy reg, want as mens die som doen is Tyd mos gelyk aan spoed!

Genoeg stories ---

Wat die S… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 29, 2010 at 9:56pm — 1 Comment

Stap vir stap - Deel 6 - Diep dinge

Nou toe - ek het mos in die vorige les vertel dat ons oor diep dinge gaan gesels?

"So - hoe was jou kinderjare?"

Toemaar - ek sal nie met die sielkunde voortkarring nie -

Waaroor dit eintlik gaan is DIEPTE van veld!

Daardie "A" of Av knoppie op jou kamera!

Dis seker een van jou beste vriende! Dit help jou om te fokus op die gedeelte van die foto wat jy merendeels in fokus wil he, asook as jy alles in fokus wil he.

Nou, hier is die eerste - baie… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 28, 2010 at 9:31pm — 3 Comments

Stap vir Stap: Deel 5 - Om te "P" of nie?

Nou ja, laas keer het ek gesels oor die gevaarlikste knoppie op jou kamera - Die AUTO ene, want hy maak van jou 'n vriend, jy word dus 'n Auto-maat, en verloor daardeur BAIE kreatiwiteit.



Nou ja, toe het ons oor die "P" knoppie begin gesels, die gids van die kamerawereld wat jou begelei na meer kreatiewe moontlikhede. EN hier begin een van die interessante debatte...



Jy sien, "P" laat jou toe om RAW te neem (as jy wonder van wat ek praat, loer gerus na die vorige lesse),… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 26, 2010 at 8:43pm — No Comments

Die Kleur van Lig

Nou terwyl ek so met die stap vir stap lesse besig is, wil ek darem ook wys wat ek bedoel. Het gou vanmiddag vir Marietjie en Heinrich foto's geneem. Ek het weinig verstel, maar die laterige middaglig en die groen omgewing kombineer nogal lekker om die atmosfeer te "lig". Ek moes ook fill in flash gebruik, om hulle gesigte bietjie meer te lig.

In die volgende foto het ek sommer net bietjie gespeel met die sonlig wat van agter/bo af op hulle hare… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 24, 2010 at 10:00pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 4 - Die gevaarlikste knoppie op jou kamera

Wat dink jy is die gevaarlikste knoppie op jou kamera?

Wel, een van die gevaarlikstes is seker die "delete all" of die "Format" knoppies.

Maar hulle is nie die gevaarlikstes nie.

So wat is?



Yip! Daai groene!

Die "Auto" knoppie.

Hoekom?

Dis die vinnigste manier om die fotograaf in 'n gemaksone in (lees: "Weg van jou kreatiwiteit") te neem. Mens druk net die knoppie, en tjop-tjop is die foto daar.

Dikwels is die komposisie, die… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 24, 2010 at 4:18pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 3 - White Balance

Nou teen hierdie tyd het jy al seker genoeg gehoor van leergroottes, RAW en allerhande dinge. Jy wil foto's neem, en jy wil hulle nou neem - jy het nie verniet gisteraand Queen se "I want it all and I want it now" geluister nie. Goed, as jy nie het nie, is jy dalk bietjie ongeduldig. Maar moenie kommer nie, ek verstaan, dis maar tekens van die tyd. So, as jy klaar jou sielkundige gesien het, laat ons begin.

Fotografie beteken letterlik: "Om te verf met lig." Ja, elke keer as jy agter jou… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 22, 2010 at 10:10pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 2 - Watter van die formate wat my kamera bied is die beste?

Nou goed, noudat ons weet dat ons foto's op die hoogste moontlike kwaliteit geneem moet word (sien Stap vir stap - Deel 1), kan ons na die volgende stap oorgaan.

Moet asseblief nie skrik vir die vlge drieletter woorde nie:

JPG

TIF

RAW

Vir die beginner lyk van bg woorde/afkortings dalk vreemd. Tog, die meeste van ons ken die gewone JPG of JPEG formaat foto's, want dis die een wat die mees algemeenste (sjoe - goeie Afrikaans ne) in gebruik is. Nou die JPG formaat… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 22, 2010 at 7:30pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 1 - Waar goeie foto's begin

Hallo Almal,

Met hierdie stap vir stap reeks beoog ek om op gereelde basis aspekte van fotografie aan te spreek soos ek dit in kursusse doen. Die doel is om waarde toe te voeg tot almal by fotoskool, maar ook om julle opinies te kry oor die aspekte wat bespreek word.

Waar begin 'n goeie foto?

- Sommige reken dis die kamera, ander reken dit is die fotograaf, maar albei daardie faktore beteken niks as die data wat deur die kamera vasgevang word… Continue

Added by Igno van Niekerk on January 21, 2010 at 4:41pm — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html