Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo almal :) Bly om deel van fotoskool te wees! Ek het pas my honneursgraad in joernalistiek by die Noordwes-universiteit van potchefstroom verwerf! My passie lê by fotografie en ek sal graag n professionele fotograaf wil wees... Dit verg harde werk soos julle weet! Ek wil soveel leer as wat ek kan en my fotos met julle deel.. Ek hou nie altyd daarvan om by die reëls van fotografie te hou wat ons op universiteit geleer het nie.. Ek glo almal is uniek en kreatief op hulle eie manier.. Maar…
ContinueAdded by mariska rozanne batt on January 31, 2012 at 6:02pm — 3 Comments
Ek onthou nie sommer my drome nie, - daarvoor slaap ek te lekker. Tog, gisteraand droom ek hoe ek deur 'n pragtige, pragtige stukkie natuurskoon stap, en ek neem nie foto's nie. Ek dink net aan al die geleenthede wat ek misloop, maar ek het nie my kamera by my nie. Dis daardie gevoel dat ek iets mis, en ek weet ek mis dit, maar ek is magteloos om iets daaraan te doen...
En toe ek vanoggend wakker word was die droom reeds vergete.
En tog, terwyl ek 'n…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 28, 2012 at 6:59am — 10 Comments
Hallo Fotoskolers,
Na aanleiding van hierdie blog gaan ek dalk 'n bietjie pak slae kry :-), so deel gerus julle terugvoer. Ek kan dit vat (of ek hoop maar so :-))
Een van die foto's wat onlangs baie kommentaar uitgelok het was baie stylvol, maar ook effe gewaagd in terme van die inhoud. Die foto het komplimente en kritiek gekry, en hoewel dit my beleid is om kuns te aanvaar, bied ek ook gereeld fotografie-kursusse by laerskole aan, en word van hierdie leerlinge dan lede van…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 23, 2012 at 9:39pm — 22 Comments
Rudi, ek dink ons almal sien uit daarna om te hoor hoe dit met julle kiekiesafari gegaan het. Ek is baie spyt ek kon nie saamgaan nie, maar dit gaan heerlik wees om die foto's te sien. Baie dankie vir 'n puik inisiatief!!
Ek hoop almal het dit baie geniet, en ek hoop jy maak sommer binnekort weer so...
Groete
Igno
Added by Igno van Niekerk on January 23, 2012 at 6:25am — No Comments
Radio en "aircon" aan, weer op pad na Edenburg waar ek aan 'n projek werk. Kamera op die passasiers sitplek reg vir aksie. Elke dag hoor jy op die radio van die stop en "go's" en paaie wat besig is, gelukkig geld dit nie vir die grondpad wat ek ry nie en kan ek rustig my omgewing waarneem terwyl ek ry.Na die afgelope reens is dit net trekkers wat ploeg. Het die twee trekkers gekry op en af op die land.…
ContinueAdded by Jacques van Delft on January 19, 2012 at 8:28am — 3 Comments
Hallo Fotoskolers!
Seker die wonderlikste program vir fotoverwerking is Ligthroom (dis nou as jy nie noodwendig jou foto's wil knip en plak nie, maar eerder net "fotografies" wil verwerk.
Nou hier is die goeie nuus!
Lightroom 4 se Beta kan afgelaai word en jy kan daarmee speel...Laai gerus af vanaf www.adobe.com se webwerf! Die Beta is kosteloos maar kan onstabiel wees, onthou jy kry dit verniet omdat hulle graag foute wil opspoor.…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 12, 2012 at 8:00pm — No Comments
Ek glo baie van ons het een of ander "ritueel" wat ons volg op Photoshop om vinnig aan ons foto's te werk.
Ek doen die volgende:
1. Maak die foto reguit indien skeef en crop soos verlang. Ek probeer my crop verhouding in 'n 2 tot 3 verhouding hou indien moontlik, dit maak dit makliker as ek die foto later wil laat ontwikkel.
2. Doen 'n level adjustment
3. Verhoog die Saturation
4. Sharpen die foto
Baie foto's vra meer werk, maar hierdie is…
ContinueAdded by Hannes Kruger on January 11, 2012 at 9:49am — 2 Comments
Nee ek het nie van Fotoskool vergeet nie. Wel bietjie afgeskaal die laatste tyd maar beslis nie stil gesit nie. Eerstens aan julle almal 'n geseende en voorspoedig 2012.
Ek het my eie blog begin ( http://jacquesvandelftphotography.blogspot.com/ ) en die blog gogga het my bietjie beet, so pleks van foto's instuur op die hoof blaai het ek besluit om foto's en die storie agter die foto's op FOTOSKOOL se blog pos te sit. Op…
ContinueAdded by Jacques van Delft on January 10, 2012 at 7:45pm — 1 Comment
"The Hand of God" - http://fotoskool.co.za/photo/die-tollende-wolke
Wat is HDR?
HDR staan vir 'High Dynamic Range'. Dit beteken daar is 'n groter 'range'…
ContinueAdded by Michael Cronje on January 9, 2012 at 1:13pm — 5 Comments
Een van die wonderlikste stukkies toerusting wat saam met ons kameras kom is die flits (flash). Aangesien fotografie behels dat ons met lig verf, is dit verstaanbaar dat die flits baie belangrik is wanneer foto’s geneem word. Tog word die flits dikwels outmaties maar verkeerd aangewend.
Nou of jy ‘n digitale kompak kamera het, en of jy ‘n digitale SLR kamera het, jy het seker al ervaar dat as die kamera op outomaties gestel is, en die lig is min, dan spring die flits vanself op en…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 4, 2012 at 8:47pm — No Comments
Hallo Fotoskolers,
Ons is ongelooflik opgewonde oor die wonderlike groei wat fotoskool ervaar! Danksy die groei is daar egter ook nou heelwat meer foto's wat gelaai word en waarop ons kommentaar probeer lewer! Ons glo julle sal verstaan dat ons die beste moontlike oplossing soek om soveel as moontlik fotograwe te akkommodeer, en daarom het ons die fotolimiet wat per dag gelaai word na 3 verander. (Voorheen was dit 5)
Dit sal beteken dat jy 3 foto's per dag kan laai. Ons kan…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 4, 2012 at 9:38am — 5 Comments
Hallo Fotoskolers!
Hoop elkeen van julle is sommer opgewonde oor die wonderlike 2012 wat vir ons wag!! Dit gaan mos ons beste fotografiejaar ooit wees...en as jy dit glo sal jy dit sien!!
Wenners:
Ons vakansiepret wenners, sowel as ons fotoskool fotograwe van die jaar is aangewys. Kom loer gerus in by die nuutste blogs!
Mentorskapprogram:
Tyd loop ook uit vir die van julle wat belangstel in die mentorskapprogram vanjaar.…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 3, 2012 at 9:48am — 1 Comment
Hallo Almal!
En weer eens glo ek dat enige van die Mahala inskrywings die kompetisie kon wen! En ek sien dat die meeste fotoskolers ook so dink! Uiteindelik kon ons nie anders nie as om 2 wenners te moes kies! Eerstens het ons gekyk na die interpretasie van die tema MAHALA, en sowaar elke persoon het iets besonders gedoen. Daarna het ons weer en weer na die foto's gekyk. Opinies ingewin, en uiteindelik op twee foto's besluit...
Ek moet bely...
Op 'n stadium wou ons…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 3, 2012 at 9:25am — 19 Comments
Hallo Almal,
Net so voor 'n paar moet terugkeer na hulle werksplekke wil ek darem net die twee wenners van die vakansiepret foto-kompetisie aanwys.
Daar was op 'n stadium net soveel wenners as wat daar beoordelaars was, so hierdie ene kon na enige ene toe gegaan het...
Baie geluk weer eens aan al ons finaliste. Ek glo dat enige van die foto's wat ingeskryf het 'n wenner kon wees, dit was werklik heerlik om na al die inskrywings te kyk!
Ons naaswenner was Riaan met…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on January 2, 2012 at 9:19pm — 18 Comments
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by