January 2015 Blog Posts (17)

Nuwe oorlog onder digitale kameras

Canon verras die kamera gemeenskap met grondverskuiwende nuwe tegnologie. Ons kan verwag om binne n week of wat,  meer van die nuwe Canon 5Ds, te weet.  Volgensdie  webblad “Nikon rumours” is hierdie n kamera met n 50,6 MP sensor en dubbele DIDIC 6 prosesseerder wat digitale geraas(digital noise)  verminder. Die kamera beskik oor n 61 punt auto fokus stelsel.

Teen n foto raampie spoed van selgs 5 per sekonde is dit duidelik dat die kamera nie bedoel is vir sport en aksie fotograwe…

Continue

Added by Frans van Heerden on January 31, 2015 at 3:59pm — 8 Comments

Die Toekoms van ons Speelgoed

Met die snelveranderende tegnologie waarvan ons ongelukkig slawe geword het, wonder ek dikwels wat die toekoms van kameras inhou. Om my nuuskierigheid te bevredig, wou ek nie ʼn ondersoek op die internet begin nie aangesien ek nie oortuig is dat so iets op die ekonomiese benutting van my tyd sou neerkom nie. Gelukkig en per toeval, het ek egter op die internet op ʼn onderhoud afgekom waarvan ek die inhoud graag deel.

Die onderhoud is met mnr Byungdeok in sy hoedanigheid as die…

Continue

Added by Frans van Heerden on January 21, 2015 at 1:27pm — 5 Comments

Die Tsitsikamma, Dalene Matthee se Boom en Foefieslaaids

Die afgelope Desembervakansie het ek, my man en van ons familielede die voorreg gehad om bietjie rond te rits en die wondermooi van die Tsitskikamma-woude te ervaar. Daar heers ‘n byna gewyde atmosfeer in die rustige, koel skadu van die mosgroen bome. Mens voel lus om jou wang teen ‘n bosreus se skurwe stam te lê en die bosreuk diep in jou longe in te adem sodat jy die aardse geur en die grootse oomblik in jou geheue kan vaslê vir later se opdiep.…

Continue

Added by Louise Viljoen on January 19, 2015 at 3:57pm — 3 Comments

Digitale Fotografie, 'n Omvattende gids.

Added by Josef Steyn on January 18, 2015 at 8:58pm — 20 Comments

Dink aan Rassie van Gaan

Op die 14 Januarie het Rassie die hartseer nuus met ons gedeel van die afsterwe van sy seun Liebre (53).

Rassie ʼn mens weet soms nie waarom so iets op ʼn jou pad kom nie, met een oogknip verander die lewe in hartseer en leegheid en ʼn gedagte vol wonders. Al ons mense by fotoskool dra saam met jou in ons harte vandag die seer met jou groot verlies. Jammer om te hoor van jou seun ʼn kind wat kosbaar vir jou was en sal bly ons voel saam met julle in die tyd wat voorlê en dra jul gesin in…

Continue

Added by Piet Nel on January 17, 2015 at 4:32am — 11 Comments

Profile Photo

Die vervaardigers van Canon het nie my advertensie kontrak van hul produk soos in my profile foto hernu nie!!!  Skandalig nê?  In retaliation wil ek nou my profiel foto verander sodat hulle sal agterkom wat hulle gaan mis aan verkope, ensovoorts. Ook omdat vriend Piet graag wil sien hoe ek regtig lyk...hy sal ook nog sy fout agterkom as hy eers die ware Arnoldus besigtig het. Probleem is dat my 'profile page' geen nuwe uploads van foto's aanvaar nie. Sê elke keer daar's  'n "error in…

Continue

Added by ArrA on January 16, 2015 at 6:33pm — 3 Comments

Die wildebeeskalfie,die vlakvarkie en God se genade...........

Vroeg Saterdag oggend besluit ons in so “spur of the moment” om bietjie wildtuin toe te gaan.Ons het geweet dit gaan warm wees maar as ons nie so een maal n maand in die veld kom nie, raak ek mos effe “bossies”. Woerts - warts is die koffie en kook water reg, ‘n paar koeldranke in die yskas en daar gaan ons.......

Die Masinga skuiling in die Mkhuze wildtuin is ‘n baie gewilde plek vir fotograwe en ook sommer vir die mense wat wild kyk en nie noodwendig fotos neem nie. By hierdie…

Continue

Added by Elna Geringer on January 16, 2015 at 12:19pm — 4 Comments

verstellings

Baie Dankie vir almal se mooi woorde ek het nog net 2 foto geplaas is is bly om te sien die lede gee kommentaar!!

Ek is in die begin van my "hobby" en daar word  gevra dat ek my kamara verstellings by my fotos moet plaas!  Nou Help asb waar kry ek die korrekte verstellings! Ek is nog op die Mik en druk stadium?

Added by Petro Bothma on January 16, 2015 at 9:18am — 1 Comment

Photoshop Beginners - Leer om jou fotos digitaal te verwerk

Added by Lientjie Beyer on January 15, 2015 at 9:00pm — No Comments

Nikon Lense te koop

Dag almal. Ek het 2 lense wat ek wil verkoop. 1 x Nikon 18 to 55 MM en 1 x Nikon 55 to 200 mm. Alby is DX lense vir Nikon APC DSLR. Albei lense het ook UV filters en ek het circular polarizer filter wat op albei lense pas.

Inbox my gerus indien iemand belang sal stel. Ek is ook bereid om lense apart te verkoop in dien iemand net een soek.

Added by Andy Melville on January 15, 2015 at 1:56pm — No Comments

Voorspoedige nuwe jaar.

Ek is maar nog nuut in die bedryf. Ek wil graag 'n wye hoek lens koop vir troues, maar ondat mens dit nie so baie gebruik nie, wil ek graag weet wat beevel julle aan wat nie te duur is nie.

Dan het ek my fotos wat ek laat print het vir 'n plek hier in Bloemfontein in gegee, dit waar so swak dat ek nie weer kans sien om terug te gaan nie. Waar beveel julle aan vir goeie print werk

 

Added by Hannelie Loubser on January 15, 2015 at 10:00am — No Comments

Manfrotto 498RC2 & 324RC2 ballhead te koop

Hi almal

Ek wil graag die volgende items verkoop

Manfrotto 498RC2 ballhead @ R1000

Manfrotto 324RC2 ballhead @ R1200

Inbox my gerus vir meer inligting.

 

Lekker dag verder.

 

Groete

Antheny Esterhuizen

Added by Antheny Esterhuizen on January 13, 2015 at 4:43pm — No Comments

lemse te koop

Goeie dag

Weet van iemand wat canon 18-55 kit lens en sigma 70-300mm makro lense vir verkoop. Indien belangstel laat weer my en ek sal julle bymekaar uitbring.

Groetnis

Added by Pieter Steyn on January 10, 2015 at 6:48pm — 1 Comment

Reis deur die wereld in 2015

Beste Fotoskool vriende

Kom ons begin die nuwe jaar met 'n ekstra onthou as ons foto's plaas en dit is dat ons sover moontlik altyd se waar die foto geneem is.  Dit gee almal 'n kans om dmv foto's saam deur die wereld te reis en deure, geboue, brue, kulture, strande, ens. te sien en saam te ervaar wat ons andersins nooit die geleentheid voor sou kry nie.

Added by Joan Nel on January 5, 2015 at 12:39pm — 5 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Hoop dat julle almal 'n heerlike ruskans gehad het! En natuurlik sommer heelwat foto's geneem het.

Vanaf Fotoskool wens ons vir elkeen van julle 'n besonderse 2015, vol pragtige prentjies, heerlike ervarings, en 'n groot waardering vir die wonder van die lewe wat ons elke dag geskenk word.

Onthou gerus om jou foto's te kom deel, of net te kom inloer na die kommentaar op andere se foto's,of dalk selfs kommentaar te lewer.

Hierdie is ook die jaar…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 5, 2015 at 6:38am — 5 Comments

Hallo almal...eks opsoek na n zoom lens bv 75-300 vir Canon....of n sigma. het iemand een om te verkoop of beveel jul aan dat ek die duurder Canon een moet kry..hier in Vrystaat is lense skaars hul m…

Hallo almal...eks opsoek na n zoom lens bv 75-300 vir Canon....of n sigma. het iemand een om te verkoop of beveel jul aan dat ek die duurder Canon een moet kry..hier in Vrystaat is lense skaars hul moet bestel..

Continue

Added by Karen Kemp on January 2, 2015 at 2:10pm — 6 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html