February 2010 Blog Posts (8)

Naweekpret

Ek wil sommer met met julle 'n lekker webwerf deel, dis nou as jy sommer lui is, en jy wil blitsvinnig so iets maak:





Dit vat so 3 minute om te maak met shapecollage, wat jy gratis kan aflaai van die webwerf by:

http://www.shapecollage.com/

Omdat die program gratis is (mens kan opgradeer as jy wil), laat dit 'n klein watermerkie aan die regterkant onder, so as dit jou pla, ... koop… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 27, 2010 at 2:44pm — 2 Comments

Stap vir Stap - Deel 15 - Makrolense

Voordat ek begin, wil ek julle vertel van een van die mees algemene "vrae" of "probleme" wat mense dikwels ervaar. Met "mik-en-druk," kameras, sowel as met digitale SLR kameras.

Jy wil iets baie kleins van naby afneem.

Dan weier die kamera om te fokus.

Asof hy sy eie grondwet en kameraregte het.

Nou die eerste, belangrike ding om te onthou, is dat jou kamera dikwels by sy/haar verstellings 'n prentjie van 'n blommetjie het (dit kan dikwels ook op die MENU verstel word). Daardie… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 27, 2010 at 2:34pm — No Comments

Stap vir Stap - Deel 14 - Wyehoeklense

Watsegoete?

Wyehoeklense - dis lense waarmee jy baie wyer kan sien - soos wat 'n zoemlens of telefotolens jou dinge laat nader bring, net so help wyehoeklense jou om meer te kan afneem van wat rondom jou aangaan.

Nou daar is twee belangrike dinge wat jy van wyehoeklense moet weet (daar is eintlik baie meer, maar hierdie twee is regtig belangrik, omdat dit oor my skoonma gaan):

1) Moet nooit vir iemand noem dat jy 'n wyehoeklens gaan moet opsit om hulle af te neem nie. Dis baie… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 14, 2010 at 9:00pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 13 - Standaard of "kit" lens

Deesdae as mens navraag doen oor 'n kamera se prys, kry jy dikwels die prys, maar dan dadelik 'n verdere beskrywing. Iets soos: "R15 000, body only". Dit beteken jou kamera kom sonder 'n lens, nie eers met 'n "standaard" tipe lens nie.

Net sommer so. Body only. Soos Job in die wereld gekom het.

Maar as ek dan van 'n "standaard" lens praat, (die betekenis van die term het so bietjie verander van die ou dae toe die kameras "standaard" met 'n 50…

Continue

Added by Igno van Niekerk on February 9, 2010 at 9:30pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 12 - Lensspoed

Lensspoed:



Nou goed, voordat ons begin gesels oor tipes lense, kom ons kry eers ‘n paar tegniese details agter die rug. Die eerste ding wat mens moet verstaan, veral as jy ‘n lens wil koop, is die sogenaamde “spoed” van die lens. Dit behels hoeveel lig die lens by die kamera inlaat teen die grootste moontlike lensopening (aperture).

As jy hier bietjie onseker is, gaan loer weer na die les oor… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 9, 2010 at 5:18pm — No Comments

Stap vir stap - Deel 11 - Inleiding tot lense

Net sodra mens dink jy verstaan lense sal een of ander wysneus praat van 'n F2 superzoem, wat mens laat dink aan daai vervlakste flightsimulators met die skewe horisonne waar jy dikwels in vlamme opgegaan het, beswaarlik voor jy kon opstyg.

Ja, ek weet daar was jonges wat 'n natuurlike aanleg gehad het, en, met hulle een vliegtuig, die hele wereld kon aanvat. Dis juis hulle wat nou praat van F2 superzoems. Asof niemand anders sal weet nie.

Nou… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 9, 2010 at 5:55am — No Comments

Stap vir stap - Deel 10 - 10 Dinge om te onthou

10 is 'n wonderlike getal.

Dit bou selfbeeld.

Regtig.

Dink maar - as mens 10 uit 10 kry, dan voel mens so goed. En, al is dit dieselfde as 10/10, klink 100% nie so goed nie.

Party sal nou dink ek verkoop knolle vir sitroene. Maar dink daaroor. Daai fliek met Bo Derek in die hoofrol was nie 100 nie. Dit was 10.

Nou wat het dit met hierdie les te doen?

Ek is self nie seker nie, behalwe dat ek gedink het omdat dit die 10e les is, wil ek 10… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 3, 2010 at 9:00pm — 1 Comment

Stap vir Stap - Deel 9 Filmspoed sonder films

En daar sit jy.

Net omdat jy 'n kamera gekoop het...

Nou verwag jou langverlore niggie dat jy haar tweedebeste vriendin se derde troue moet afneem.

"Jy het mos nou die kamera - en ja, al die jare al so goeie oog vir foto's."

Een probleem.

Toe jy die eerste foto in die halfdonker kerk neem gaan die flits (flash) af, en die predikant begin onbeheersd hakkel. Twee babas begin ook troosteloos huil.

Jy dink aan wat jy tot nou toe geleer het: Diepte van… Continue

Added by Igno van Niekerk on February 1, 2010 at 6:09pm — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html