March 2011 Blog Posts (13)

Verbasing

Ek is mal oor mooi fotos.  Ek is iemand wat nie so vreeslik glo dat jy jouself net teen die reels van fotografie moet vasstaar nie, ek glo dat jy die reels moet ken, maar aan die einde van die dag maak dit nie saak hoe jy die foto geneem het of watter reels jy gevolg het nie. Vir my gaan dit oor die emosie wat die foto wat jy geneem het by jou opwek.  Die foto moet ook vir jou mooi wees. (ek kan nou al hoor hoe almal met my gaan baklei, maar ek sal dit vat!)

So het ek vandag 'n foto…

Continue

Added by Nico Baird on March 29, 2011 at 4:31pm — 4 Comments

Jou Fotos op die Web.

Ek weet vandag nie werklik waar presies om weg te spring met hierdie blogpost nie. Daar is soveel om in te sluit en ek wil ook nie net alles noem en nie genoeg se nie. Kom ek begin maar sommer net op 'n punt en dan sal ek in die volgende paar weke hier en daar ander dele bywerk.



Ons geniet dit almal om fotos te neem. Ons geniet dit net nie altyd almal of voor die kamera te sit nie.  Ek was Saterdag vir so rukkie by 'n troufotografie werkwinkel en ek het weer gesien hoe mense…

Continue

Added by Nico Baird on March 28, 2011 at 8:01pm — 1 Comment

5 Finaliste van die "Stadige Sluiter" Tema kompetisie! EN die nuwe tema!

Hallo Almal,

En so raak selfs die keuse van die finaliste nou al moeiliker. Gedurende hierdie rondte was die kompetisie regtig taai. Daar is verskeie ander foto's wat ook baie naby aan insluiting in die laaste vyf gekom het, en uiteindelik bly mens se keuse subjektief (al wil mens ook hoe graag objektief wees). Daarom, moet asseblief nie moed verloor as jou foto nie die finale vyf gehaal het nie.

Ek is ook baie bly ek hoef nie alleen die keuse van die uiteindelike wenner te…

Continue

Added by Igno van Niekerk on March 28, 2011 at 3:32pm — 2 Comments

Les oor Flash in kombinasie met "exposure compensation"

Hier is nou iets vrek interessant. En alle krediet aan Charles Whitehead wat by gister se Troufotografie-kursus hierdie les met ons almal gedeel het. 

Voor ek begin moet ek darem noem dat die kursus heerlik was, en dat ek 'n hele paar fotoskolers ontmoet het - wat net so lekker was. Hier is so 'n paar in aksie: (Ons model het seer sekerlik gevoel of die paparazzi op haar was!)…

Continue

Added by Igno van Niekerk on March 27, 2011 at 5:30pm — 1 Comment

Micro Adjustment van lense

Na aanleiding van 'n onlangse vraag oor die verstelling van lense het ek besluit om die Blog Post vollediger te skryf waar dit van waarde vir almal kan wees. Ek gebruik Canon kameras en uit die aard van die saak gaan my skerm fotos die van Canon wees.

Die beginsels geld egter dieselfde vir alle kamera vervaardigers hetsy Sony, Nikon ens. Verder is die artikel hoofsaaklik gerig op die fotograwe wie se kameras wel verstelbaar is. In die Canon reeks is dit die 50D, 5DMk2, 7D, 1D Mk3, 1D…

Continue

Added by Charles Whitehead on March 27, 2011 at 4:30pm — 6 Comments

Waarom temafoto's pret is - en jou help met jou fotografie...

Hallo Almal,

Dit was heerlike langnaweek. En daar staan ek op die plaas waar ek al soveel jare foto's neem, en ek wonder: "Wat kan mens nou eintlik vanmiddag afneem?" Daar is nie 'n wolkie in die lug nie. Om die waarheid te praat, dis nie foto-vriendelik nie. Toe onthou ek dat ons mos met die tema "Stadige Sluiter" besig is. En dit gee my die idee om sommer by die driffie te gaan speel. Onthou, omdat ek beoordeel mag ek nie deelneem nie, maar die tema was…

Continue

Added by Igno van Niekerk on March 21, 2011 at 5:29pm — 11 Comments

Hoe Baie Fotos Moet ‘n Mens Laai?

Jy het nou net jou kamera gekry en is trots op die fotos wat jy geneem het, of jy het die naweek ‘n wonderlike uitstappie beleef en het dit alles op die kiekiemasjien opgevang. Jy kan nie wag om die fotos vir die wereld te wys nie. Wat sal die ander mense dink? Sal hulle jou ervaring deur jou fotos ook kan beleef?  Of daai nuwe tegniek wat jy nou bemeester het.. sal ander belangstellendes wil weet hoe jy dit reggekry het... of, is jy sommer net trots op die beelde wat jy vasgevang… Continue

Added by Robbie on March 14, 2011 at 5:30pm — 6 Comments

Gebreekte glas - Vyf Finaliste...

Hallo Almal,

Dit was heerlik om almal se interpretasie van gebreekte glas te sien.

En toe VREK MOEILIK om net 5 te kies waaruit mens kan kies...Die wenner uit hierdie 5 (waaroor ons more sal besluit) is dan die eerste persoon wat deurdring na die kompetisie in die laaste kwartaal waar daar 'n lekker prys op die spel gaan wees...

 

Nou net voordat ons besluit oor die wenner  van ons eerste twee-weeklikse tema, kom ons loer watter foto's was almal in die finale…

Continue

Added by Igno van Niekerk on March 13, 2011 at 9:13pm — 2 Comments

Gehalte van Foto's

Ek is nou al n redelike tyd deel van die Fotoskool netwerk. Ek wil werklik almal gelukwens met die gehalte van foto's wat geplaas word. My eie opinie is dat die gehalte en die kwaliteit van die foto's by die dag meer uitstekend word. Dis ongelooflik wat die fotograwe met die kamera kan doen. Dankie aan almal op die hoëstandaard, vir my as beginner n inspirasie kan wees.Doen so voort.

DEON SMIT

Added by Deon Smit on March 12, 2011 at 9:21am — No Comments

Abstrakte Fotografie - Kom ons speel met Refleksies

Is daar nie iets aan refleksies wat jou ook altyd ‘n tweede keer laat kyk nie? Wat daardie iets is, is ek nie seker nie, maar het waarskynlik te doen met die teenwoordigheid van simmetrie en die feit dat mens ‘n ander dimensie van ‘n onderwerp sien.  Somtyds…

Continue

Added by Lientjie Beyer on March 9, 2011 at 2:03am — 1 Comment

Foto's en teksture

Dis interessant om te sien wat 'n mens alles verder met jou foto's kan doen deur hulle met teksture te kombineer. Daar is baie gratis hulpbronne op die Web hiervoor.

 

Kim Klassen het hier oulike video-tutorials wat jou wys hoe om te werk te gaan:

 …

Continue

Added by Martie Venter on March 5, 2011 at 4:28pm — 2 Comments

Kom ons speel met sluiterspoed

Na die afgelope naweek se Beginnerskursus het ek gedink om so 'n paar "Kom ons speel met..." blogs te skryf. In die eerste blog maak ek voorstelle oor sluiterspoed en water, maar ek sal graag wil sien dat julle ander voorstelle ook kom deel. Om die blog bietjie anders te maak gaan ek sommer die prentjies hier plaas. Laat gerus julle gedagtes ook gaan!

 …

Continue

Added by Igno van Niekerk on March 2, 2011 at 5:54pm — 1 Comment

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html