April 2011 Blog Posts (19)

Remote Flash (Afstand beheerde Flits)

Die Blog het ontstaan na aanleiding van 'n vraag oor Kamera Flitse en ek hoop dit is van waarde vir almal.

 

Almal wat al met 'n flits fotos geneem het en met 'n kritiese oog na die fotos gekyk het, sou besef het iets is nie baie lekker met die fotos nie. In die begin stadium kan mens ook nie regtig lekker jou duim op die probleem plaas nie, tot iemand vir dit vir jou uitwys. En dit is presies wat ek vandag wil doen, om uit te wys waarom jou flits van die kamera af moet wees.…

Continue

Added by Charles Whitehead on April 30, 2011 at 10:51pm — 20 Comments

Die sielkunde van landskapsfotografie...Deel 2: Kinderdrome word waar

Nou ek moet sê, net voordat Riaan die vreemde verskynsel in die pad opgemerk het, het hy na sy bril gesoek. Hy en Charles dra reeds bril, en ek stel alreeds die afgelope twee jaar my besoek aan die optometris uit omdat ek ook nie meer lekker sien nie.

Ek noem hier nie eers die feit dat hulle ook albei meer sunscreen aan hulle agterkoppe smeer as aan hulle bolywe nie. Dis skrikwekkend dat mens eers sonbrand aan jou skouers smeer, en dan later jare, moet jou vrou jou herinner…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 29, 2011 at 5:55pm — 9 Comments

Die sielkunde van landskapsfotografie...Deel 1

Omdat ek ongelooflik geinteresseerd is in die motivering van mense, is dit nogal heel interessant om te dink oor die "sielkunde agter landskapsfotografie." Nou moet asseblief nie hierdie blog na enige sielkundige toe neem nie. Ek kan dalk vir waarneming opgeneem word!

Die eerste les oor landskapsfotografie is om tyd te maak vir landskapsfotografie. Jy gaan by baie plekke verbyry en wens jy het tyd gemaak om te stop. En dan, ander kere, gaan jy tyd maak... en dan wonder…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 28, 2011 at 2:30pm — 10 Comments

Lig verander vinnig! So 'n paar idees...

As jy ooit wil weet hoe vinnig lig verander - laat 'n dominees net so bietjie lank preek tydens 'n troue. Skielik moet die gesinsfoto's, die bruid en die bruidegom se foto's en dan nog die onthaal plaasvind. Nou hier praat ons van laatmiddag, vroegskemer, laatskemer, vroegdonker, onthaalsaal --- elke een met sy eie lig. En dis nie altyd maklik nie. Hoewel ons nie almal troues afneem nie, dink ek tog mens kan gerus loer na hoe om die lig te beheer. So, alhoewel ek hier 'n paar troufoto's as…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 25, 2011 at 2:30pm — 5 Comments

Maak 'n paar rand met jou fotos! - Verskoon die Brits!

YOU want to share your photos, but would also like to make some money?

There are many ways in which you can make money with your photos. You can sell your

photos in the form of prints which you sell on your own website or you can even sell

them as stock photos on websites like iStock.

If, however, you are one of the more creative types, I would recommend that you take

the route less travelled in South Africa. Remember when you are on the Internet…

Continue

Added by Nico Baird on April 21, 2011 at 9:57am — No Comments

Balloch fotografie-kursus

Balloch%20kursus.jpg…

Continue

Added by Hennie Cronjé on April 20, 2011 at 8:00pm — No Comments

Die omgekeerde lens tegniek vir Makro Fotografie.

Die omgekeerde lens tegniek vir Makro Fotografie.

Ek het eendag ‘n artikel in ‘n die “WEG’ tydskrif raakgeloop met uitstekende makro fotos wat daarin voorgekom het.  Die fotograaf het van die “reverse Lense Technique” gebruik gemaak. Aangesien ek self nie ‘n makro lens vir my (EOS Canon) kamera het nie, het ek besluit om die tegniek uit te toets.  Ek het uitgegaan en gesoek na iets wat vir ‘n makro foto geskik sou wees.  ‘n Baie klein blommetjie met meire daarop wat…

Continue

Added by Dana Pienaar on April 19, 2011 at 10:30am — 6 Comments

Refleksies in Waterdruppels - Dis Magic!

 

Wat jy nodig het is:

'n  Kamera waarvan jy die sluiterspoed, f-stop en fokus manueel kan…

Continue

Added by Lientjie Beyer on April 19, 2011 at 1:00am — 3 Comments

Kinder- en gesinsfoto's oor 'n papnat naweek!

'n Hele paar jaar gelede, nadat ek 'n aanbieding gedoen het, kom sien een van die dames uit die gehoor my. Sy wil graag gesinsfoto's laat neem. En ja, sy sal sommer so 'n paar ander ma's ook laat weet. Dan maak ons dit sommer so 'n Saterdagoggend "outing." Nou ja, nou doen ons dit een keer per jaar. En elke jaar is dit die lekkerste ervaring - die weer speel saam, die kinders werk soms saam, en ja, in Bethlehem is dit mos heerlik in die herfs! En ja, Marichen reel elke jaar die gesinne, ten…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 17, 2011 at 6:03pm — 2 Comments

Fotoskool is gewoon net LEKKER

Ek is baie bly vriendin Ilza Rauntenbach het my aan Fotoskool bekend gestel. Hoe meer ek daar gaan "klas draf" hoe meer geniet ek dit. Dankie aan almal wat n mens soos ek instaat stel om die stokperdjie net gewoon, te geniet.

Ek het wonder oor die volgende uitlating en ek sal graag wil hoor wat ander se mening hieroor is.

Gewoonlik by tydskrifte ens, wanneer n foto vir n kompetisie ingekryf word, is die reel tov manipulering as volg. Die fotograaf word toegelaat om aan die…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 16, 2011 at 3:30pm — 3 Comments

Korreltjie Sand - Finaliste en wenner!

-Hallo Almal!

Nou ja, hierdie was seker die moeilikste tema nog om te beoordeel. So kom ons loer na die foto's wat die tema die lekkerste aangespreek het. Eerstens was dit vrek moeilik om finaliste te kies, en dit was werklik 'n soektog na die beste interpretasie van die tema - want die foto's was almal uitnemend. Die standaard van fotografie is ongelooflik!

Die finaliste is soos volg:

Rudolph se foto het so iets van die maanlanding in...…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 14, 2011 at 8:57pm — 8 Comments

Sosiale netwerke en jou fotos - bou jou netwerk

Jy het nou jou fotos geneem, én het hulle verwerk en jy het jou blog opgestel soos ek twee weke terug geskryf het.

Jy moet nou verseker dat mense van jou weet. Ek sal in ’n volgende blog skryf oor al die maniere waarop jy geld kan maak met jou foto’s.

Hier is ’n paar basiese gedagtes oor hoe jy sosiale netwerke kan gebruik om jou naam te bou.Die post gaan redelik kort wees dus noem ek net basies gedagtes. Indien enigiemand in meer spesifieke detail belangstel laat my weet en…

Continue

Added by Nico Baird on April 12, 2011 at 4:18pm — No Comments

Die uitdagings van insekfotografie

Toe ek my kamera so twee jaar gelede gekoop het, ('n Canon 450D), was die enigste goeie lens wat ek beskikbaar gehad het 'n 60mm makro lens en uit die aard van die saak het ek hoofsaaklik die klein goedjies afgeneem. Ek bly in Hogsback en blomme is in oorvloed. Een dag was ek besig om 'n rooi  Fuschia blom af te neem toe 'n klein soort heuningby sy ontbyt kom haal. Ek was opgestel met 'n driepoot, en sluiterspoed en f-stop was reg ingestel. (F11, ISO200, 1/250 sek) Ek het nog twee goed…

Continue

Added by Josef Steyn on April 8, 2011 at 10:30pm — 11 Comments

Infrarooi fotografie

Is daar dalk fotograwe wat hulself dalk al op die terrein van Infrarooi fotografie begeef het? Ek het onlangs van n instansie verneem wat kameras teen n bekostigbare fooi, omskakel sodat dit uitsluitlik as n infrarooi kamera gebruik kan word. Die kostes om byvoorbeeld n Nikon D60 om te skakel beloop slegs GB P 250 (Great British Pounds) - dit is aansienlik goedkoper as wat dit sou kos om n infrarooi kamera aan te skaf. Die voordeel is dat n mens teen hierdie fooi, met n kamera sit wat…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 7, 2011 at 5:00pm — 2 Comments

Die toekoms?

Ek wonder of iemand dit wil waag om te spekuleer waarheen die kamera en lens tegnologie op heen is. Daar was op n stadium sprkae dat van die kamera lens vervaardigers navorsing doen tov die gebruik van water lense - Daar is verder gemeen dat water-lense die huidige glas se gewig kan verminder - dalk net in ten opsigte van telefoto en/of "fixed focus" lens evan 400 mm en hoër. Is daar dalk iemand wat dalk meer weet of wil spekuleer waarheen die lens tegnologie op pad is?

Ten opsigte…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 7, 2011 at 4:30pm — No Comments

Die stryd tussen RAW en JPG

 

Ek verstaan dat die kamera vervaardigers elkeen hulle het kode skryf vir die RAW formaat leggers waarin die foto's vasgevang word. In die geval van Nikon is dit NEF (Nikon Electronic Format)

My belewenis van Photshop is dat die RAW leggers met veel groter moeite oopgemaak word en die verwerking daarvan meer kompleks is as wat die geval met JPG's. Ek aanvaar dat n ware en getroue weergawe is van wat deur die lens gesien is. Ek verstaan ook dat dit groter leggers is. Wat ek…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 6, 2011 at 5:06pm — 5 Comments

Geocaching en Fotos

Ek raak net al hoe meer lief vir fotoskool. Ek geniet dit baie om al die idees te kry en dan te eksperimenteer. Ek het so ook dan nou vandag begin speel met die hele HDR konsep. Ek is natuurlik ‘n absolute amateur as dit by HDR kom, maar ek moet se ek is mal oor die HDR fotos wat hier op Fotoskool is.



Ek het ongelooflik baie om nog te leer, op die oomblik is alles maar op “auto pilot” as ek neem en verwerk.



Ek wil hierdie week ook skryf oor Geocaching en die potensiaal wat… Continue

Added by Nico Baird on April 3, 2011 at 9:00pm — No Comments

Oor die neem van baie foto's

Hier is sommer so 'n paar gedagtes oor die feit dat ons in die digitale era dikwels onsself betrap dat ons so baie foto's neem, dat mens amper kan debatteer oor hoeveel foto's mens eintlik moet neem:

Ek dink indien n mens sensitief sou voel oor die voorreg  of voordeel van digitale fotografie wat jou toelaat om byna "onbeperk" te fotografeer, is n mens onregverdig teenoor jou self. Fotografie is n kunsvorm, dit daag die kunstenaar uit om met lig en kleur te verf. Ek dink nie skilders…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 2, 2011 at 8:30pm — 2 Comments

Fotografie in 'n Ligtent

'n Wit ligtent is die ideale hulpmiddel om in te span as jy kleinerige voorwerpe of stillewes wil afneem. Die lig skyn van buite af deur die dun materiaal in die ligtent, en weerkants dan aan die binnekant teen al die wit kante om jou voorwerp te baai in sagte, egalige lig sonder skerp skaduwees. Dit beteken dat 'n mens baie lig uit selfs net een klein ligbron kan kry.

 

Jy kan self 'n ligboks maak uit 'n ou kartonboks en dun wit tissuepapier, soos hierdie…

Continue

Added by Martie Venter on April 2, 2011 at 5:45pm — 3 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html