April 2012 Blog Posts (20)

DETAIL OP FOTO'S

  • Hi julle - help asb!!! Ek het na my foto's gaan kyk wat ek graag vir 'n kompetisie wil inskryf. Iemand hier het een keer gesê dat as mens wil weet "hoe" iemand die foto geneem het dan moet jy die stappe volg op "properties" en dan sien mens hoe dit geskiet was. Ek het na al my foto's gaan kyk maar al wat ek kry is die datum en die kamera se maak die res is leeg. Wat nou? ek het nie aangeteken "hoe" ek die foto's geneem…

Continue

Added by Isoldé Laesecke on April 30, 2012 at 3:49pm — 3 Comments

Foto druk

Hoe moet ek my foto's resize om te kan druk? Ek het foto's geneem van iemand en wil dit vir haar op 'n cd sit sodat sy dit ook kan print. Maar ek is bang as ek dit net so vir haar opsit sal daar dele van die foto wees wat sal afsny as sy dit druk. Ek het hierdie fotos in raw en oorgesit in jpeg. Ek dink sy sal dit net gewoonweg standaard grootte wil print. Wat is die grote en waar gaan verander ek dit. Ek het lightroom, photoshop (wat ek nie ken nie) gimp en nog ander gratis editing…

Continue

Added by Elizma Fourie on April 27, 2012 at 10:49am — 6 Comments

Hoe om die Orton-effek te doen

Die Orton-effek is 'n "layering"-tegniek wat behels dat 'n mens drie kopieë van jou foto bo-op mekaar plaas, een van die lae blur en die lae dan met verskillende "layer blending properties" saamvoeg. Dit is vernoem na Michael Orton, die fotograaf wat dit eerste toegepas het.

Eintlik baie maklik om te doen, hier is die instruksies wat ek gevolg het vir Paint Shop Pro:

How to create the Orton Effect .... 

This works in any editing program that uses layers…

Continue

Added by Martie Venter on April 22, 2012 at 4:40pm — 6 Comments

Panne van niks en iets uit niks

My weergawe van die gebeure en ook hoe dit gekom het dat Igno amper huis toe geloop het ..

...by die panne aangekom wonder ek toe ook of ons nie nie maar by die huis moes gebly het nie. Ons het net vantevore van die CPS kongres van Maselspoort teruggekom en was effens tam.

Dit lyk maar kaal.. Ons parkeer toe maar en haal die kamerasakke stadig uit..ons is mos nou hier.

Ons begin rondloop al hier om die dammetjies en mik orals maar kry nie veel…

Continue

Added by Charles Whitehead on April 21, 2012 at 2:46pm — 10 Comments

Matriekafskeid

Igno, ek dink nie dus die plek vir my navraag nie, maar ek hoop julle sal my kan raadgee. Die skool op Vanrhynsdorp het my gevra om Matriekafskeidfoto's te neem, maar ek moes eers 'n proeflopie vir hulle doen.  Die foto's moet nog raampies kry, maar ek weet nie op die fotokwaliteit en beligting als reg is nie.

Enige iemand met kennis van die soort geleenthede kan julle asb die foto uitmekaar trek en alle moontlike foute en veranderings aanbeveel.  Ek sal dit verskriklik waardeer, want…

Continue

Added by Annelise on April 21, 2012 at 8:47am — 3 Comments

Die Holoprint wenners

Hallo Almal,

Vir die holoprint kompetisie het ek vir Bruce Copley van http://www.aahalearning.com/ gevra om as beoordeelaar op te tree. Bruce is nie 'n fotograaf nie, en hy het bloot gekyk na die foto's wat vir hom die beste weerspieeling van die holoprint was. Ek deel graag met julle sy kommentaar:

Just got your voice mail message about the holoprint photos and have spent the last hour is breathless awe at what…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 20, 2012 at 11:36pm — 16 Comments

Sout van die aarde, aarde van sout...

Toe Charles by my huis stop is hy huiwerig om sy kattebak oop te maak. Die vorige keer het ek die loshaarpoppie ingelaai wat vir hom drie weke se motorwas en haarverwyderaar gekos het. Nadat hy my kameratas met die valkoog van 'n doane-beampte beloer het laat hy my toe om dit te laai. Die missie is 'n soektog na sonneblomme op die Bultfonteinpad.

Skynbaar naby Soutpan.

Tog, daar is mos 'n neukery met laatmiddag sonneblomme. Hulle koppe sak en hulle lyk soos Julius Malema na sy…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 19, 2012 at 8:50pm — 11 Comments

Projek idees (jammer dis in Engels)

So met Martie en Mariska se projek idees (die 365 dae of 52 week projekte), het ek onthou van die lysie wat ek so 'n jaar terug vir myself saamgestel het uit verskillende websites se projek-idees.

 

Ek moet bieg, party klink nou vir my bietjie - hoe sal ek dit stel? - simpel?  Hoeveel maniere kan jy 'n Can of Coke afneem?  Maar ek is nog nie daar nie, so miskien as ek nou heeltemal uit idees raak of so verveeld is, sal ek dit probeer en dan kan ek vir julle vertel - of die…

Continue

Added by Tillie Beaton on April 18, 2012 at 8:00pm — 1 Comment

Projek 52

Wat 'n "eye opener" is Martie Venter se blog oor haar 365-projek net nie!!! 

Ek en Dorette Scheepers (wat foto-maatjies in Alberton, Gauteng is) was dadelik geinspireer om nader ondersoek in te stel.

Na ons koppe bymekaar gesit het, om seker te maak dat dit prakties uitvoerbaar is, want ons altwee werk voltyds, en tyd in die aande is baie beperk, het ons besluit op 'n 52-projek.

Om ons projek 'n uitdaging te maak het ons…

Continue

Added by Mariska Cilliers on April 18, 2012 at 10:51am — 13 Comments

Landskap fotografie tegnieke

Hi julle



Ek het besluit om so stukkie te skryf oor hoe ek my fotos neem en hoe ek hulle bymekaar sit.



Eerste kort mens n DSLR kamera en n stewige tripod

Sonder n tripod gan mens baie sukkel om Landskap foto perfek te neem, die fotos sal nie altyd skerp wees nie of dit sal baie "blur" in die foto he omdat die shutter spoed nie altyd reg sal wees vir sekere lig omstandighede nie, veral as dit begin donker word.



Tweede kort mens ook n CPL…

Continue

Added by Juan Wernecke on April 18, 2012 at 12:41am — 3 Comments

A learning site to visit

Have a look at this website. It is very informative

Cambridgeincolor.com

Added by Donald Daniel Jacobs on April 17, 2012 at 9:16pm — No Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Maandag! Seker die beste dag wat daar is om die week mee te begin! Sjoe, dink net as mens se week met 'n Donderdag moes begin. Die naam vertel so baie...

Nuwe Blogs:

Ek hoop elkeen van julle het 'n heerlike week wat wag. Op fotoskool is daar heerlike nuwe blogs. Martie se blog oor die 365-dae projek is inspirerend en 'n lekker uitdaging. Die holoprint temafoto's is…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 16, 2012 at 5:49pm — No Comments

Die Holoprint Temafoto Inskrywings

Hallo Almal,

Toe die holoprint tema aangekondig is, het ek gewonder waarmee die fotoskolers vorendag gaan kom. Hier is die inskrywings wat ons ontvang het, indien een gemis is, laat weet asseblief voor Dinsdagmiddag (17 April)!

NNB. Onthou gerus dat ons net een inskrywing per persoon kan aanvaar vir die temafoto-kompetisie, dus sal net een foto wys van mense wat meer as een ingeskryf het.

Doret het nie eers nodig gehad om ver te soek nie:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 16, 2012 at 3:00pm — 15 Comments

Wat is 'n 365-projek?

’n 365-projek in fotografie beteken letterlik dat jy elke dag, 365 dae lank, come rain, hail or snow, ’n foto neem en dit in ’n fotografie-gemeenskap op die Internet deel. (’n Mens kan dit ook seker alles vir jouself hou en aan die einde van die jaar ’n koffietafel-boek daarvan maak, maar dis soveel meer pret om dit met ander fotograwe te deel en terugvoering op jou werk te kry!)

Ek het op 2 Januarie vanjaar besluit om so ’n projek aan te pak (gelukkig is dit skrikkeljaar, en…

Continue

Added by Martie Venter on April 13, 2012 at 9:00pm — 9 Comments

Die grootste geheim van landskapfotografie is geen geheim nie

Wil jy graag 'n goeie landskap afneem?

Wel, les een. Kry jou bas uit die bed. Betyds vir daardie pragtige lig wat net voor sonsopkoms en net daarna oor die landskap streel.

As jy werklik nie kan opstaan nie, maak dan seker jy is teen laatskemer/net voor sonsondergang gereed. Kom ek wys wat ek bedoel.

Kyk na hierdie foto van Des:

Vroegoggend Drakensberg

Ek belowe…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 11, 2012 at 7:30am — 3 Comments

Een van die beste maniere om jou fotografie te verbeter...

Hoe verbeter mens jou fotografie?

Wel, een van die beste maniere is om te kyk na foto's van mense wat beter foto's neem as jy!

Kom ek begin met 'n aanhaling van Scott Kelby: "I am constantly tremedously disappointed by my own work"

Was ek nie verlig om dit te hoor nie. Jy sien, so nou en dan kyk ek na ander fotograwe se werk, en dan voel ek om sommer my kamera weg te pak en 'n ander stokperdjie te kry. Soos om duisendpote te versamel, of ou tandeborsels te…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 10, 2012 at 6:30am — 6 Comments

Die belangrikheid van grenspatrollies...

Ek is nog een van daardie generasie wat diensplig moes doen :-) . Een van die belangrikse dinge wat ons geleer is om te doen was grenspatrollies, of dan wagstaan wat behels het jy patrolleer die grense van die basis. Ek verlang glad nie daarna  terug nie, maar ek wil graag met julle gesels oor die belangrikheid van grenspatrollies in julle fotografie!

Soos wat ek kommentaar op foto's lewer, kom ek al meer agter dat baie fotograwe nie "grenspatrollies" doen nie. My korporaal sou julle…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 8, 2012 at 9:13pm — 2 Comments

Hoekom dit waardevol is om na jou modelle se voorstelle te luister!

Jare gelede neem ek my broer se dogtertjie af. Sy was seker so drie jaar oud. Ek het die kamera in portretformaat (regop) vasgehou aangesien die komposisie vir my gewerk het. Dit was die dae van film, en elke foto het geld gekos. En toe begin sy met haar driejarige hardkoppigheid voorskryf ("dlaai die kamela, Oom, dlaai die kamela")! - sy kon nog nie 'n R uitspreek nie -   Ek wou eers bluf en nie die landskapfoto neem nie, maar sy het gewag vir die flits, en natuurlik dat ek…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 6, 2012 at 8:30pm — 2 Comments

Lesse van Charles Whitehead

Hallo Fotoskolers!

In hierdie blog gesels ek graag (sonder Charles se toestemming :-)) oor die lesse wat ek uit sy fotoskool deelname geleer het. Charles is 'n goeie vriendelike mens, so ek glo nie hy sal my kwalik neem nie.

Baie fotograwe reken dat hulle nie tyd het om foto's te neem nie. Charles se deelname aan temafoto-kompetisies en algemene bydrae tot fotoskool laat my egter elke keer besef dat baie besige mense steeds tyd het.

 Die interessante deel is dat Charles…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 4, 2012 at 8:42pm — 8 Comments

Oor kommentaar en kritiek!

Hallo Fotoskolers!

In 'n paar onlangse blogs word gesels oor die moontlikheid van strenger kritiek op foto's. Ek deel graag my idees hieroor...

Die eerste ding waaroor ek dankbaar is vir al die fotoskolers is die ongelooflike sensitiwiteit ten opsigte van kommentaar. Vir elkeen wat 'n foto plaas is dit 'n waagstuk. Onthou, dis jou sensitiewe-kreatiewe siel wat jy deel. Dis 'n kans wat mens vat om dit voor vreemdelinge, (dikwels mense met jare se ervaring)uit te stal. En die…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 3, 2012 at 9:31am — 7 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html