April 2014 Blog Posts (23)

Woensdagwenke 2

Rugsteun, rugsteun, rugsteun.
Die mooi Afrikaanse woord is “backup.” Een klein foutjie, een diefstal of een muurprop wat nie van beurtkrag hou nie – en al jou foto’ is weg.
Maak seker die plek waarop jy jou foto’s rugsteun is betroubaar. CD’s en DVD’s kan maklik krap, so oorweeg aanlystoring of ‘n eksterne hardeskyf.

Added by Igno van Niekerk on April 30, 2014 at 2:00am — 1 Comment

Photoshop Kursus Saterdag 24 Mei 2014

Added by Lientjie Beyer on April 29, 2014 at 4:35pm — No Comments

Vreesloos

Ek het heelwat reaksie gekry op my foto van klein Elize op die rots.

Ek plaas hierdie blog net om Fotoskolers gerus te stel dat sy nooit in enige gevaar was nie. Ons was by Robberg Natuurreservaat by Plettenbergbaai en ek het toe hierdie foto beplan. Ek het eers 'n…

Continue

Added by Josef Steyn on April 29, 2014 at 9:01am — 9 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Hoop dat dit met elkeen van julle goed gaan en dat julle die langnaweek-blaaskansies sommer goed benut om merkwaardige oomblikke te skep!

Fotoskool +

Ons eerste fotoskool plussers maak klaar, handig portefeuljes in en kry sertifikate. Wil jy graag deelneem aan fotoskool+ se aanlynkursus? Vir meer inligting, kom loer gerus in by…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 26, 2014 at 8:30pm — 1 Comment

Kerslig se titel

Jammer ouens ek vergeet om die oorspronklike leer se titel te verander as ek 'n verwerking doen en daar die soms verwarende titels .Kerslig se kers was by die ANC.vroueliga se roudiens vir Mr Nelson Mandela en toe gebruik ek dit ook in ander verwerkings ...dus geen politieke agenda nie ...bloot uit my hart Groete Leroi

Added by Leroi Harm Brewis on April 26, 2014 at 1:46pm — No Comments

Woensdagwenke 1

Maak altyd seker dat jy die foto’s van jou geheuekaart aflaai en die kaart formatteer.Dit word sterk aanbeveel dat jy die kaart eerder met jou kamera as met jou rekenaar formatteer. Seker  een van die grootste frustrasies wat ‘n fotograaf kan hê is om met ‘n halfvol geheuekaart by ‘n funksie te wees en dan te moet begin foto’s uitvee ten einde plek vir nuwe foto’s te maak.

Added by Igno van Niekerk on April 23, 2014 at 4:00am — 6 Comments

Fotoskool op facebook

Hallo Fotoskolers

Ons probeer fotoskool wyd bekendstel, en hiervoor het ons julle hulp nodig. Julle het waarskynlik al gesien dat jy 'n foto of blog op facebook kan deel of "like" deur van die relevante skakels daaronder te klik. Jy kan dit na ander sosiale media ook deel. Ons vra dat julle gerus van hierdie fassiliteit gebruik maak en ons laat weet hoe dit werk.

Dan is daar natuurlik ook die Facebook webbladsy waar ons probeer om nog meer inligting oor fotografie te deel. Vir…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 20, 2014 at 3:09pm — 4 Comments

Baie geluk Hennie!

Vandag is Hennie Cronje se verjaardag! Ek glo dat elke fotoskoler sal weet dat Hennie werklik uit sy pad gaan om ons te help groei in ons fotografie! Van my kant af is ek hom uit my hart dankbaar vir die ruggraatrol wat hy in fotoskool se sukses speel.

So deel saam met my om hom BAIE geluk te wens!

Prof Hennie, ons hoop daar is nog sommer BAAAAIE wonderlike verjaarsdae en dat elke jaar gevul sal wees met pragtige foto-oomblikke!!

Groete

Igno

Added by Igno van Niekerk on April 20, 2014 at 8:01am — 8 Comments

Fotoskool se herfsverjaardag!

Oor die volgende week gaan ons sommer 'n hele paar lekker dinge deel om fotoskool se verjaardag te geniet!

Dit derde week van April is fotoskool se verjaardagweek! Ons word 5 jaar oud, en daar is sommer 'n klompie lekker verassings.

Onthou ook gerus om na ons potgooi oor herfsfoto's te luister by:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 19, 2014 at 2:24pm — 2 Comments

Potgooi: Foto's wat jou wat wens dat jy daar was...

In hierdie Potgooi gesels Igno oor die tegnieke wat 'n fotograaf kan gebruik om mens se aandag na 'n spesifieke deel van die foto te trek.

Raai gerus voor jy luister na watter element van 'n foto mens se aandag eerste getrek word?

En daarna?

En dan?

Kom luister gerus en laat weet wat jy dink.

Hier is die skakel:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 19, 2014 at 2:00pm — 3 Comments

Equine/Perde Fotografie werkswinkel - Saterdag 10 Mei 2014

Added by Lientjie Beyer on April 15, 2014 at 2:09pm — No Comments

Wen Foto vir April

Ek wil net graag my geluk met almal deel .Ek is weereens 'n maand wenner vir April 2014 vir die tydskrif S.A. Graan. Met prysgeld van R1000.00…

Continue

Added by Renette van der Merwe on April 15, 2014 at 10:19am — No Comments

Die Meeu en die Honotsgot.

 Ek deel graag die storie met julle…………. In ons huis is Vrydae aande hamburger aand,al vir baie jare.As jy op n Vrydagaand by ons kom kuier en jy hou nie van hamburgers wat tuis gemaak is nie,dan gaan jy dalk honger slaap.

Wel so gebeur dit toe een dag dat ek nie buns in die dorp kan kry nie en ons was nie lus om net gewone brood te gebruik nie. Huey,my dierbare man kom toe met die voorstel dat ons jafels moet maak en die patties vir die vulsel gebruik met kaas en wat ook al daarmee…

Continue

Added by Elna Geringer on April 13, 2014 at 11:33am — 3 Comments

die Raai foto van die Gans

My raai foto

Ek het die foto van die gans geplaas wat nie juis iets is nie omdat dit baie vinnig gedoen is en ek nie opgelet het na verstellings of wat ook al nie, PS is nie gebruik nie foto geneem op setting nature op my kamera.

Ek het ʼn eenvoudige geel veiligheids bril gebruik omdat hy die kleur anders maak as gewone glas seker omdat dit ʼn half ronde vorm het, julle kan gerus dit by ʼn hardeware winkel gaan soek nogal pret om so met die kleur te speel veral in die skerp sonlig…

Continue

Added by Piet Nel on April 11, 2014 at 3:11pm — 1 Comment

Fotoskool se potgooi...luister gerus en kom lewer kommentaar

Hallo Almal

Ek nooi julle graag om na fotoskool se potgooi te gaan luister. Jy kan ook daarop inteken deur op die RSS prentjie langs die potgooi te klik. Die potgooi word elke Maandag opdateer. Jy kan gratis daarna luister deur hier te…

Continue

Added by Igno van Niekerk on April 10, 2014 at 5:30pm — 5 Comments

Donderdagwenk 1

Rugsteun, rugsteun, rugsteun.

Die mooi Afrikaanse woord is “backup.”

Een klein foutjie, een diefstal of een muurprop wat nie van beurtkrag hou nie – en al jou foto’ is weg. Maak seker die plek waarop jy jou foto’s rugsteun is betroubaar. CD’s en DVD’s kan maklik krap, so oorweeg aanlystoring of ‘n eksterne hardeskyf.

Added by Igno van Niekerk on April 10, 2014 at 5:00am — 1 Comment

So leer ek Sagte ware...........

Nou ja julle,ek moet so bietjie bieg...............ek sal myself nou glad  nie as "goeie" fotograaf uitgee nie maar ek is mal oor fotografie.

So glo ek al vir jare dat n "goeie" foto moet so geneem word,daar moenie ge "edit" word nie. Ek het altyd skeef gekyk as ek van al die wonderlike programme hoor en die uitdrukking van "Photoshop" dit of gaan kyk wat kan Elements met die foto bereik of gebruik Lightroom vir die daai of die ander. Nee nee nee,het ek geglo,sorry vriend/vriendin…

Continue

Added by Elna Geringer on April 9, 2014 at 11:35am — 7 Comments

Beeste

Baie dankie vir insette sover oor my foto van die koei - dit gaan my baie help met my ander projekte. Ek is 15 jaar oud en het eers hierdie jaar met fotografie begin en geniet dit baie.

Added by Mieke Spies on April 7, 2014 at 3:24pm — 2 Comments

Saterdag kursusse Centurion (Midstream)

Added by Hennie Cronjé on April 6, 2014 at 5:43pm — 1 Comment

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html