May 2011 Blog Posts (12)

Kommentaar op Temafotos

Graag wil ek die volgende met my mede Fotoskolers deel.

 

Ek verwys hier ook na 'n Forum inskrywing deur Igno waar hy vra Hoe kan Fotoskool meer waarde toevoeg ?

 

Die meeste fotograwe op Fotoskool is onervare en wil baie graag meer leer oor fotografie. Een van die vrae wat beginner fotograwe het is hoe hulle fotos lyk vir ander meer ervare fotograwe. Graag wil hulle kommentaar verkry oor die fotos wat hulle op Fotoskool…

Continue

Added by Charles Whitehead on May 31, 2011 at 7:40pm — 10 Comments

Foto’s is die venster van ‘n fotograaf se hart.!!!!!

Foto’s is die venster van ‘n fotograaf se hart.



Foto’s is nie net prentjies van iets wat  mooi  lyk op ‘n spesifieke oomblik nie.   Foto’s vertel ‘n storie. ‘n Storie van wat deur die oë van die fotograaf gesien word. Die wat daar na kyk sal dalk nie dieselfde voel en sien as die een agter die kamera nie.

Foto’s van kinders is die…

Continue

Added by ANTOINETTE MARX on May 31, 2011 at 7:38pm — 1 Comment

Die Sosiologie van Stasiefotografie...Deel 3...Nader en nader

"Nou die een ding daarvan om op 'n stasie te wees, is dat dinge mos nooit dieselfde is as wanneer mens nie op 'n stasie is nie." As die vorige sin vir jou sin maak, dan moet jy weet jy is op 'n stasie. Andersins sal jy weet die sin is bloot onsin.

Goed! Noudat jy of deurmekaar is, of dink jy weet wat aangaan - nou voel jy soos 'n fotograaf wat geleenthede begin raaksien!

Die een ding wat ek geleer het is dat mens nooit moet dink jy weet nie. Die belangrikste ingesteldheid wat…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 29, 2011 at 4:45pm — 4 Comments

Die Sosiologie van Stasiefotografie...Deel 2

Toe Liezl gil word ons yskoud. My grootste vrees is dat Julias Malema dalk pas arriveer het en sy nuwe liedjie, Kill the Photographer begin sing het. Ek is al lankal bang dat Julias dit gaan begin sing omdat fotograwe hom altyd in ongewensde posisies afneem.

Ek is nie ver verkeerd nie, want Julias is immers 'n doring in almal se vlees, en dit blyk toe ook dat Liezl in 'n doring gaan sit het!

Dit neem Liezl net 'n sekonde of twee om te herstel. En ons kan voortgaan met…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 22, 2011 at 4:30pm — 4 Comments

Die wenners in Tamatiestraat

Hallo Almal,

Dis lekker om te noem dat ons weer twee wenners het vir die Tamatiestraat kompetisie! Baie geluk aan Charles Whitehead wie se foto sommer 'n lekker klomp kommentaar uitgelok het:

Die gesamentlike eerste plek is met Charles gedeel deur Etienne, Etienne se foto was…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 19, 2011 at 7:58pm — 5 Comments

Die sosiologie van stasiefotografie...

Charles se direkte woorde was: "Ek was lanklaas op 'n stasie - dis nou tyd om dit weer te doen." Ek dog eers ek moet Alkoholiste Anoniem bel, of vir hom noem dat dit dalk nie 'n slegte ding is om met jou drankgeld kameratoerusting te koop nie, toe ek besef dat die man dit dalk letterlik bedoel! En daardie middag is dit tyd om stasie toe te gaan! Charles reken dat hy soos 'n stasiemeester voel, en intussen het Riaan ook besluit om te gaan, veral toe hy hoor ons beplan 'n middag "op 'n…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 18, 2011 at 4:44pm — 10 Comments

In tamatiestraat... kom lewer gerus kommentaar voor ons die wenner aankondig!

Nou ja, dis ongelooflik om te sien watter pragtige gedagtes na vore gekom het vir die "Tamatiestraat" temafoto-kompetisie. Nou omdat hierdie week die groot stem-week is in Suid-Afrika, wil ek eers vir julle al die inskrywings wat ek kon raakloop wys:

(Indien ek iemand se foto gemis het, laat weet gerus)

Nou hier is die versoek - omdat dit stem-week is, sal ek graag julle kommentaar op die foto's wil hoor. (Klik gerus op die foto of voeg jou kommentaar onder aan die blog by). Jy…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 16, 2011 at 8:28pm — 5 Comments

n Boodskap vir alle fotograwe....

Ek het op die webwerf gesnuffel en in die proses ontmoet ek n skrywer wat die volgende wysheid kwytraak. Die konteks is dat hy oorval word deur fotograwe wat nie kan wag om van nuwe fotografie toerusting (kameras) te hoor nie. Ek haal hom aan:

Be happy with the Nikon (Canon, Olympus, Pentax, Samsung, Sony, Panasonic) gear you already own. Get out there and make some great photos. Stop worrying about the next new series of camera and lens models.…

Continue

Added by Frans van Heerden on May 12, 2011 at 9:13pm — 5 Comments

Foto diefstal

Ek lees onlangs n artikel waarin n fotograaf vertel van  n Britse tydskrif wat sy foto van Flicker "gesteel" het en in een van hul publikasies gebruik het. Hy het toevallig die tydskrif raak gesien en toe opgemerk dat dit sy foto daar in gebruik is sonder sy toestemming. Hy het hom tot Flicker gewend en vir die wereld vertel wat gebeur het. Die tydskrif het terug gereageer en was onsteld om dat die fotograaf die insident aan die groot klok gehang het.

Uit die aard van die saak wou die…

Continue

Added by Frans van Heerden on May 9, 2011 at 10:36pm — 6 Comments

Panorama foto's

Al 'n geruime tyd wil ek probeer om panorama foto's te maak. Ek het foto's probeer las met MSEXCEL en dan "copy" en "paste" na paint en dan as 'n JPEG opgeslaan. Alhoewel die resultaat nie altyd 100% uitgekom het veral op die las van die foto's het hulle nogal nie te sleg gelyk nie.

Vandag het ek besluit om weer te probeer en om gebruik te maak van PS CS3 en ek is nogal beindruk met die eenvoud hoe jy foto's kan las in 'n panorama.

Hier is twee voorbeelde van vandaag se…

Continue

Added by Jacques van Delft on May 8, 2011 at 6:30pm — 5 Comments

Die Sielkunde van Landskapsfotografie - Deel 3

Met die murasie in oog kry Riaan parkeerplek vir sy bakkie. Daar is ongelukkig 'n doringdraad wat ons weerhou daarvan om vinnig te beweeg. Omdat ek die kamerakusssing het (ander mense noem dit 'n boep of boeppens), help die twee met die sonbrandgesmeerde agterkoppe my eers deur die draad aan weerskante vas te trap terwyl ek deurklim.

Intussen het die temperatuur ook skielik geval. Ons al drie het warm klere aan, (onthou les 1 in hierdie reeks - trek die regte klere aan of vat die…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 5, 2011 at 9:20pm — 1 Comment

Temafoto Weerkaatsings - Opsomming en Wenner!

Hallo Almal,

Nou ja, met die temafoto weerkaatsings, dink ek is daar sommer weer lekker nuwe standaarde gestel op fotoskool. En hierdie rondte was ek nog in die moelikheid met die beoordeel van die foto's want Hennie is besig om heerlik foto's te neem in die St Lucia omgewing.

Wat treffend was van die weerkaatsings foto's was die absolute verskeidendheid foto's. Ek wil ook sommer hier twee dinge noem wat baie belangrik is vir die temafoto inskrywings:

1) Maak seker jou…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 5, 2011 at 3:54pm — 13 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html