May 2014 Blog Posts (21)

Kursus

Dagse almal

 

Hier was n advertensie van n kursus wat jy R2200 betaal ek is nou nie seker van details ek wil net weet jy doen als blykbaar aanlyn onthou iemand dit want ek wil die geld betaal en ek is bang ek moet die duur pakket betaal as ek dit mis .....asb kan iemand hier help.

 

Added by Belinda on May 30, 2014 at 11:21am — 2 Comments

Help........................

Aan enigiemand wat weet......................wat is die maksimum grootte toelaatbaar op Fotoskool?

Ek werk met Elements 9 en as ek klaar met die foto gewerk het, is die grootte daarvan meer as die oorspronklike foto en dan kan ek nie laai nie

Het enige iemand dalk ook die problem en hoe los ek dit op??????

Groetnis

Added by Hester Gerber on May 30, 2014 at 11:18am — 3 Comments

Fotografie Werkswinkel : 21 Junie 2014 (Primrose, Germiston ~ Gauteng)

Ek bied op Saterdag, 21 Junie ‘n basiese kamera en fotografie werkswinkel aan. Ons gaan die funksies van die kamera deurgaan en ook ‘n paar fotografiese riglyne en daar gaan heelwat praktiese oefeninge gedoen word in die tuin en rondom die dam by Waters Edge Estate in Primrose, Rietfonteinweg 72. Die werkswinkel sal…

Continue

Added by Mariska Cilliers on May 28, 2014 at 2:59pm — No Comments

Photo Editor

Ek en 'n paar FS sal graag wil weet hoe werk die Photo Editor van FS. Ons het dit probeer gebruik maar kan ongelukkig niks uitmaak wat om te doen nie.

Added by Renette van der Merwe on May 25, 2014 at 7:26pm — No Comments

Carol van Aswegen se vuur-foto

Hennie se kommentaar is o.a. dat die vuur iets  moet wees tussen skerp blur of net skerp.

Ek sal graag by Hennie wil hoor wat die kamera-verstellings dan moet wees vir elkeen afsonderlik.

Dankie baie.  Tina le Grange

Added by Tina le Grange on May 23, 2014 at 6:26pm — 6 Comments

Astrofotografie: Bloemfontein

Hallo Almal,

Ek het pas die volgende ontvang:

Dit is ongelukkig op kort kennisgewing, maar ek glo daar kan dalk belangstellendes wees:

Kontak gerus vir Shaun by 083 468 2750 vir meer besonderhede of stuur 'n epos aan assabfn@gmail.com

Groete

Igno

ASSA Bloemfontein bied aan:

‘n Basiese Astrofotografie Werkswinkel.

(English version…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 23, 2014 at 4:26pm — No Comments

Baie groot winskoop vir beginnerfotograwe.

Ek bied graag 'n klompie kameratoerusting te koop aan. Enigiemand wat begin, of dalk wil oorskakel na 'n DSLR kamera, behoort hierdie aanbod ernstig te oorweeg. Jy kry die geleentheid om 'n goeie verskeidenheid toerusting teen 'n weggee prys en sonder enige risiko te bekom.

Ek gee 'n lys van die toerusting wat ek beskikbaar het met hul nuwe pryse, my prys en 'n alles-insluitende aanbod.  

1.   Canon 450D kamera. Ek het ongeveer R5500 betaal. My prys: R2350

2.   Canon…

Continue

Added by Josef Steyn on May 22, 2014 at 10:09am — 2 Comments

Woensdagwenke 5

Toets gereeld of jou kamera se sensor stof op het. Daar is verskeie maniere om dit te doen, en dit is nogal maklik om te sien hoe om dit te toets as mens van Professor Google gebruik maak.
Indien daar stof op jou sensor is, maak seker dat jy iemand betroubaar (dikwels ‘n verskaffer) is wat dit vir jou kan skoonmaak. Jy kan dit self doen, maar weet net dat daar ‘n mate van risiko aan verbonde is.

Added by Igno van Niekerk on May 21, 2014 at 2:00pm — No Comments

Wat moet n mens van so n boodskap verstaan vir n bepaalde handelsmerk?

Ek lees vanoggend die volgende op die internet op n Blog vir fotograwe:

If canon does not come out with a low noise aps-c and a quality high mp full frame in the next twelve months, I am selling my canon and going Nikon. It will take 12 months to put together the money for the system I want, so I will not be without a camera while waiting for my canon stuff to sell.…
Continue

Added by Frans van Heerden on May 19, 2014 at 11:41am — 6 Comments

Woensdagwenke 4

Beskerm jou lense met behulp van filters of die lensbeskermer wat saam met die lens kom.
Dis makliker om ‘n gekrapte filter te vervang as ‘n gekrapte lens.
En ja, die lensbeskermer keer nie net die son nie, maar ook dat die fisiese glas van die lens teen iets stamp.

Added by Igno van Niekerk on May 14, 2014 at 2:00pm — 2 Comments

Foto’s en kommentaar

Vandag wil ek praat oor hoe interessant dit is om almal se kommentare en foto’s te volg op die hoofblad.

Ek het so twee dae gelê en die tyd was tot my beskikking om dit te kan doen. As ek so na alles kyk en hoe die mensdom ʼn ding doen dan besef ek ʼn foto kan jy vir ʼn 1000 mense gee en al 1000 van hulle sien dit anders, soms is daar humor in die kommentaar andermaal ʼn buit maar tog geniet almal dit. Ander weer like ʼn klomp net vinnig gee so op een of twee kommentaar natuurlik die…

Continue

Added by Piet Nel on May 13, 2014 at 4:15pm — 18 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

50 000 Lesse oor fotografie:

Dis so lekker om julle mee te deel dat daar nou meer as 50 000 foto's op fotoskool gelaai is! En is dit nie lekker om te weet dat die meeste van hierdie foto's kommentaar by het wat jou in staat stel om te leer nie.

Ons potgooie duur voort en julle kan gerus gaan luister by…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 8, 2014 at 7:42pm — 4 Comments

Woensdagwenke 3

Gebruik jou flits in die dag.
Veral wanneer modelle skaduwees oor hulle oë het as gevolg van die hoogte van die son, kan die invulflits jou portrette noemenswaardig verbeter.

Added by Igno van Niekerk on May 7, 2014 at 2:00pm — 3 Comments

Photography Tricks and Tips.

Op aanbeveling van Igno van Niekerk, plaas ek graag hierdie blog om Fotoskolers uit te nooi om my webblad te besoek en…

Continue

Added by Josef Steyn on May 6, 2014 at 6:35pm — 1 Comment

Fotoskool

Die fotos wat skolers plaas is so mooi dat mens vir almal wil dankie se dat hulle deelneem , Ek is seker ons sien mekaar se fotos maar kan nie komment gee op alles nie . Wees verseker in die stilte word elke foto ten volle wwaardeer dankie Igno vir jou lekker program

Added by Ferdinand van der Merwe on May 6, 2014 at 5:55am — 2 Comments

Nikon 5100

Ek is maar nog nuut op die Fotoskool blad - love elke oomblik van dit - ek het 'n nikon 5100 en is so gelukkig ek het 2 lense saam gekry - kry 'n mens 'n sigma lens 50 - 500mm - dankie ook vir al die kometaar op my fotos - lekker dagie vir almal

Added by Carol van Aswegen on May 5, 2014 at 3:10pm — 5 Comments

Lens vir Canon Kamera

Hoop iemand kan my help met goeie raad asb.

Ek wil gou hoor ek soek n lens 70mm x 300mm maar kry net oralste n 75mm x 300mm dit vir n Canon kamera asb julle almal se ek maak n fout om die 75mm x 300mm te koop?

Die probleem is ek wil nie n groter lens he nie want my arm raak lam en dit is nou ideaal vir my ....asb julle eerlike opinie sal opreg waardeer word.

Added by Belinda on May 5, 2014 at 10:43am — 7 Comments

Jou foto's, die media en kopiereg...

Na aanleiding van 'n vraag deur Karen in die kletskamer deel ek graag weer een van my blogs oor kopiereg wat verlede jaar geplaas is...

Nou sommer voordat ek hier begin skryf wil ek uitklaar - ek het geen appeltjie met enige iemand te skil nie - ek wil niemand laat sleg voel nie, en ek hoop dat hierdie blog tot 'n baie sinvolle debat kan lei waaruit almal baie kan leer. En ek het spesifiek al mense gevra om te kom help met opmerkings sodat ons almal kan leer.

'n Paar…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 3, 2014 at 7:34pm — 25 Comments

Moedersdag geskenk idee

Hallo Almal

Ek deel graag die omslag van die AUDIO CD "Fotografie vir Besige Mammas."  Dit bestaan uit 'n reeks kort gedagtes oor die fotografie van jou kinders. Dit is nie tegnies nie, maar kan 'n lekker moedersdag geskenk wees. Die koste van die CD is R80.00 (Bloemfontein), en as dit gepos moet word in…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 2, 2014 at 9:42pm — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html