June 2011 Blog Posts (19)

Kuns, Fotografie en manipulasie...

Die afgelope twee dae was daar 'n heerlike debat op fotoskool. Ek deel graag my antwoord op 'n paar van  die vrae. Daarmee gee ek nie te kenne dat ek reg is nie. In hierdie debat is almal reg, want elkeen is geregtig op 'n opinie. Dis immers die grenslose wereld van kuns... of is dit?

Ek gaan so 'n paar punte noem waaraan ek vinnig dink, maar verskil gerus!! Dis jou goeie reg, en as jy van my verskil is ek bereid om van jou te leer! Dis mos 'n teken van leer - wanneer jy van standpunt…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 28, 2011 at 6:30pm — 6 Comments

WINGS

Ek het op n dag n beperkte bllotstelling aan die resultate van die sagteware Platinum Wings gehad. Die aanbieder het dit gebruik om n fotoreeks met klank saam te stel. Het iemand dalk ervaring van en met hierdie sagte ware? Laat weet asseblief

Added by Frans van Heerden on June 26, 2011 at 4:48pm — No Comments

Die stryd tussen RAW en JPG

Ek het deur my ou antwoorde gekyk en toe op die antwoord afgekom wat ek gedurende April gegee het. Ek plaas dit weer hier as 'n Blog waar dit dalk van meer waarde sal wees. Verskoon dus as van julle dit alreeds voorheen gelees het.

 

Net soos baie fotograwe het ek ook maar geworstel met die stryd tussen RAW en JPG vir 'n lang ruk. Waarmee ons moet vrede maak is dat indien 'n fotograaf goeie kwalitiet fotos wil wys, daar maar na RAW gekyk moet word. Kom ek verduidelik so bietjie…

Continue

Added by Charles Whitehead on June 24, 2011 at 2:27pm — 11 Comments

Jou eie persoonlike webblad-ontwerp teen die regte prys - Freelancer.com

Hier volg ‘n vinnige Blog!  Ek het net besluit om vir ‘n minuut of twee gou te sit en net te vertel van ‘n diens waaroor ek absoluut mal is! Verskoon dus my tik en spelfoute aangesien ek weet ek hom nie weer gaan deurlees voor ek hom post nie.

Dit is vir my so snaaks hoe ons Suid-Afrikaners gereeld geleenthede sien om ander mense te melk vir elke sent wat hulle het.  Ons doen dit natuurlik onder die dekmantel van ‘n diens wat ons lewer en dat niemand anders die spesifieke dienste kan…

Continue

Added by Nico Baird on June 22, 2011 at 10:30pm — No Comments

Koekerasie-Beoordeling

Hallo Almal,

En nou om te kyk na die Koekerasie foto's vir beoordeling. Ek gee my mening by die foto's, en Hennie se kommentaar is  onderaan opgesom. As ons bietjie strenger klink met die beoordeling, dan is dit dalk om net te probeer om almal te help. So kyk gerus in die regte gees na die kommentaar!

Nou ja, Hier gaan ons:

 

Rassie se foto:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 22, 2011 at 10:28pm — 9 Comments

Boekbekendstelling, Bokdrolletjies, Jonathan Jansen, Hoendervlerkies en Hoeke...

Ek geniet Prof Jonathan Jansen, rektor by die UV. Hy motiveer mense om te dink, te ondersoek en te leer. Soms doen hy kontroversiële dinge, maar hy beskik oor 'n deernis vir mense wat ek respekteer. Toe ek dus die geleentheid kry om sy boekbekendstelling by te woon, was dit nogal iets om na uit te sien. Arne (my vrou) het egter daardie aand 'n funksie, so vir die boekbekendstelling is ek ook die wenner van toesig oor die kinders. Gelukkig het my kinders in boekwinkels grootgeword, so ek…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 21, 2011 at 7:30pm — 4 Comments

Die Koekerasie inskrywings...

Nou ja, toe die tema "Koekerasie" aangekondig is was ons enige iets te wagte. Enige iets behalwe dat ons die meeste inskrywings nog sou kry... Hierdie blog gee 'n oorsig oor wat ons gekry het, net voordat ons begin met die beoordeling.

Kom ons loer na die inskrywings:

Onthou, indien jy meer as een foto inskryf, kan ons net ene gebruik. Hierdie blog is net om te sien of ons darem almal se foto's "opgespoor" het. Laat weet gerus indien daar nog foto's is wat ons dalk gemis…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 20, 2011 at 9:23pm — 7 Comments

FOTO'S EN GELEENTHEDE

 

Daar is 'n foto in elke geleentheid...

 

"Kwasie-filosofiese psigobabbel of werklikheid?", het ek in my enigheid gewonder.  Gemotiveerd deur my en Emil se Glen foto-ervaring het ek verlede Sondag besluit om die pad te vat en hierdie stelling eksperensieel te ondersoek.  Hierdie keer net met my kamera as metgesel, en die Kimberleypad wat deur die kar se wiele opgevreet word.   

 

Soos wat die wiele versadig begin word het, het ek gewonder of hierdie…

Continue

Added by Rudi Kleynhans on June 20, 2011 at 8:41pm — 13 Comments

Verbeel jou... Net omdat ek my kamera vergeet het!

Hoeveel keer moet mens sonder jou kamera wees voordat jy leer om jou kamera saam te vat. En nee, ek praat nie van groot geleenthede nie, ek praat van allerdaagse kleurskouspelle wat dikwels deel van mens se dag is. 'n Eenvoudige voorbeeld: Entrepreneursdag by die skool. Ek het aan alles gedink - die kinders se sakgeld vir die dag, hulle geld vir "civvy" klere. Selfs onthou om hulle by die skool af te laai.

En toe ek daar stop, besef ek my fout!

Verbeel jou nou 'n wasembewolkte…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 19, 2011 at 7:01pm — 4 Comments

Soms vergeet mens...

Terwyl ek Rudi se blog lees, besef ek weer hoeveel ons het om voor dankbaar te wees. En hoe maklik mens vergeet. Ek dink aan die kere wat mens wens jy het meer tyd gehad om foto's te neem. Dan besef ek - dit beteken eintlik daar is soveel wat vir ons gegee word, dat ons nie genoeg tyd het om dit te geniet nie. Jare gelede, een oggend op Margate se strand het ek die "oorvloed" van oomblikke besef.…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 12, 2011 at 9:18pm — 5 Comments

FOTO'S EN STORIES: GLEN, ANDRIES EN GALASIERS

FOTO'S EN STORIES:  GLEN, ANDRIES EN GALASIERS

 …

Continue

Added by Rudi Kleynhans on June 12, 2011 at 2:56pm — 21 Comments

Hulde aan ou fotograwe.

Met al die reën in George was ek vir twee dae in die huis vasgevang. Dit is toe dat ek besluit om deur al die ou fotos in die tjoklits box wat ek by Pa en Ma geërf te kyk.

Elke een,hoe goed of swak geneem,het my meer vreugde verskaf as wat Rembrand se Nagwag in die Ryksmuseum kon doen.

Want daar het Pa en Ma en my vriende, en Familie wat lank reeds huistoe is,na my uit n vorige leeftyd gekyk. Ek kon weer daardie oomblikke beleef.

Daarom wil ek hulde bring aan elke fotograaf van… Continue

Added by giel groenewald on June 10, 2011 at 10:26pm — 6 Comments

Adobe en Loeries Landswye toer

Hallo Almal,

As julle graag wil deel in die landswye geleentheid waar Adobe meer van hulle nuwe sagteware vertel, loer gerus by die volgende skakel (onder aan hierdie blog). Ek weet dit dui aan dat jy Book vir Bloemfontein, maar as jy op Book Now klik, sal jy die opsies vir Pretoria, Potchefstroom, Kaapstad, Johannesburg en ander stede ook sien. Registreer dan gerus vir die geleentheid in jou stad.

Dis sommer 'n lekker leersame gebeurtenis, so moet dit nie misloop…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 10, 2011 at 12:00pm — No Comments

Stomstreke - ons lewer kommentaar en besluit op die wenners!

Sommer lekker ver-stommend. Dis al wat mens kan uiter as jy na die fotoskolers se kreatiewe inskrywings vir die "Stomstreke" tema kompetisie kyk!

 

Hier is die foto's met die kommentaar, sowel as twee wenners. Dit was inderdaad ongelooflik moeilik om wenners te kies, aangesien hierdie foto's so uiteenlopend en intelligent was. Dankie aan almal wat deelgeneem het!

 

Josef was een van die eerstes wat ingeskryf het, en sy interpretasie van…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 5, 2011 at 10:30am — 12 Comments

blom fotografie

Hier op die suidpunt van Afrika is ons geseënd met die mooiste blomme in die hele wêreld.Elke jaar word die veld opnuut in prag getooi,en elke jaar probeer ek daardie besonderse blom foto neem. Maar dit is soos golf speel net as jy dink jy het dit bemeester dan is jy teleurgesteld.Dit is net asof daar altyd iets kort,daardie iets wat jou die blom kan laat ruik.  Op die weskus sal daar seker hierdie jaar na al die goeie reën weer duisende verskillende soorte wees om afteneem.Hier in die Klein…

Continue

Added by giel groenewald on June 4, 2011 at 7:18am — 6 Comments

HERKOUKIES

Ek wil graag met julle die volgende deel en ek noem dit: “HERKOUKIES”

Wanneer enige mens begin belangstel in Fotografie is daar ‘n paar basiese dinge wat jy eerste doen

-         Jy skaf vir jou ‘n kamera aan wat by jou behoeftes pas

-         Dan begin jy foto’s neem en so voeg jy 1 x 1 items by wat jy nodig het

-         Besluit om by ‘n klub aan te sluit om meer te leer

-         Nou skaf jy ‘n rekenaar aan en programme om jou foto’s te verwerk en…

Continue

Added by Susan on June 2, 2011 at 9:57pm — 6 Comments

Moenie van die ou blogs vergeet nie!

Iets wat my al meer opval is dat baie van die waardevolste blogs op fotoskool dikwels by die blogs onder die opsie "older posts" versteek is. Doen julleself gerus die guns en gaan loer weer na 'n klompie ander blogs as die op die hoofbladsy.

Hennie Cronje het 'n uitstekende reeks gedoen oor fotografiese ontwerp. Gaan loer gerus by hierdie skakels:

 …

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 2, 2011 at 7:54pm — No Comments

Inskrywings vir Stomstreke Temakompetisie

Sommer lekker ver-stommend. Dis al wat mens kan uiter as jy na die fotoskolers se kreatiewe inskrywings vir die "Stomstreke" tema kompetisie kyk!

Soos julle deur hierdie blog lees, vergeet van oordeel, en geniet net absoluut die kreatiwiteit van elke fotograaf!

Die beoordeling volg binnekort!

 

Josef was een van die eerstes wat ingeskryf het, en sy interpretasie van stomstreke is nogal heel interessant...…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 2, 2011 at 6:21pm — 8 Comments

SNEEU FOTO'S

Nou vra ek raad aan julle experts.  Dit is nou ons sneeu seisoen.  Op my vorige sneeu foto het Charles opgemerk dat die sneeu grys vertoon.  Ek het 'n Nikom Coolpix kamera wat ek op sneeu kan stel.  Sal dit genoeg wees of is daar nog iets anders op die "menu" )wat vir my as 'n leek Grieks is) wat ek moet stel om my sneeu foto's mooi te laat lyk?

Added by Selma on June 1, 2011 at 6:10am — 3 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html