July 2011 Blog Posts (12)

Truspieel fotos - Kom ons kyk wie het deelgeneem

Hallo Almal,

Nou ja, skielik is 'n week verby en moet ons bietjie kyk watter foto's in die Truspieel Temafoto ingeskryf is. Ek laai dit hier sodat, indien ons iemand s'n nie raakgesien het nie, jy ons gou kan laat weet. Nou ja, kom ons kyk watter interessanthede het verskyn... Dis sommer lekker om te sien hoe die tema op verskeie maniere interpreteer is. Lewer ook gerus kommentaar oor jou gunstelinge onder aan die bladsy.

Leonie het gewys dat silos nie altyd kleurloos hoef te…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 26, 2011 at 9:00pm — 5 Comments

Die Leeu



Ons was so twee weke terug op ‘n leeu teël plaas buite Bloemfontein. Die doel was om te gaan kyk hoe die leeus gevoer word. Die eienaars van teël plaas doen baie goeie werk daar en hulle leef absoluut vir die leeus. Die leeus is van geboorte af daar en daar word baie goed na hulle omgesien. Elke leeu het sy naam…

Continue

Added by Jan Appelgryn on July 22, 2011 at 12:40pm — No Comments

Fotografiese Ontwerp-kursus

Almal wil mooi foto's neem, maar waarop moet mens konsentreer as jy dit doen? Kom leer hoe om jou fotografie te benader en hoe om rondom jou te sien waar lê die foto's. Die kursus begin 18:00 Vrydagaand en maak Saterdagoggend 11:00 klaar 22-23 Julie op die UV-kampus. Skryf in by Ina (venterhc@ufs.ac.za) en u sal meer besonderhede oor die e-pos ontvang. Hennie Cronjé

Added by Hennie Cronjé on July 17, 2011 at 11:32am — No Comments

Rekordfoto's - soms net vir die album...

Soms raak mens so bedag op jou foto's dat jy van vakansie af terugkom met 'n paar honderd sonsopkoms en sonsondergang-foto's, en weinig herinnering-foto's!

As kind het ons so dikwels kuiers met die familie, sowel as vakansieherinneringe gedeel danksy die enkele skyfies wat my pa geneem het. Hierdie herinneringe was soveel meer werd as 'n hardeskyf vol ongekykte foto's.

Dan het ek nog 'n probleem met vakansiefoto's - ek raak kameradralui! Om af te flenter strand toe met 'n…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 12, 2011 at 9:16pm — 6 Comments

Zoem as komposisietegniek

Soms is ons so vasgevang in die tema wat ons afneem dat ons vergeet dat daar binne die tema ook moontlikhede is. So sal mens dikwels met 'n wyehoeklens na 'n landskap kyk en vergeet om in te zoem op 'n boom of rots binne die landskap wat ook fotopotensiaal het.

Of, soms dink ons aan die skoolkonsert as geheel:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 11, 2011 at 5:00am — 1 Comment

Hoe om vinnig jou foto's te deel...op die internet

Hierdie les lyk dalk gevorderd, maar dit is eintlik baie eenvoudig...

In een van die gespreksforums vra iemand 'n baie interessante vraag. Hoe vestig jy jouself as troufotograaf? (of dan enige tipe fotograaf).

Ek het so 'n bietjie gedink en een van die beste metodes is om 'n webwerf te he waar mense na jou foto's kan gaan kyk. Ek het tot onlangs 'n blog gehou van die foto's wat ek van troues ens geneem het, maar dit was 'n gewone blogger webwerf wat nie baie netjies is…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 8, 2011 at 9:00pm — 2 Comments

Iets om op te let wanneer jy 'n silhoeet-foto neem

Een van die lekkerste dinge wat mens kan doen wanneer daar min lig is, is om 'n silhoeetfoto te neem. Daar is egter so 'n paar dinge ten opsigte van komposisie om in ag te neem. Die foto hieronder het so 'n paar tekortkominge. Kyk gerus na die foto en dink self daaroor voordat jy verder lees.

Die heel…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 8, 2011 at 12:06pm — 3 Comments

Kom leer meer van fotografie op 'n lekker manier!

Fotoskool se lentereeks (ja, die koue sal verbygaan!) breek eersdaags aan:

Fotografiese ontwerp (22-23 Julie): leer hoe om jou prentjie saam te stel en jy sal dan ook beter kan sien wat om rondom jou af te neem (deur Hennie Cronjé)

Makro-fotografie (30 Julie): leer die beginsels van makro-fotografie en daar's baie geleentheid om te oefen (deur Hennie Cronjé en Charles Whitehead).

Kompakte kamera kursus (12-13 Aug): kom leer wat hierdie kleintjies alles kan doen - jy sal…

Continue

Added by Hennie Cronjé on July 6, 2011 at 2:41pm — No Comments

Die groot troue en die groot syfers

Een van die prominent Britse foto tydskrifte rapporteer die volgende statistiek oof die troue van die jaar - Prins Wiliam en Kate:

  • 24.5 Miljoen Britte het skouspel oor TV gevolg;
  • 162 miljoen internet bladsye het volgens Google die "Royal Wedding" genoem;
  • Nikon het navorsing gedoen en beweer na raming is sowat 327 miljoen fotos van die troue en verwante onderwerpe op 29 April geneem;
  • Die lens verhuurders in die Engeland verklaar dat hul voorraad  lang…
Continue

Added by Frans van Heerden on July 5, 2011 at 5:05pm — 1 Comment

Werkswinkels en Lesse - Is dit die moeite werd?

'n Vraag wat ek baie gevra word.. sal iemand se fotografie verbeter as hulle geld uitgee en lesse of werkwinkels bywoon. Is dit nie beter om dinge op die internet self na te slaan nie of om self net te oefen?.. dis mos hoe mens leer en regkom!

 

Ja, dinge kan so gedoen word. 'n Mens kan self leer en jou fotografie verbeter. Die enigste probleem is dat die tyd wat dit neem om resultaate te kry baie langer is. Baie keer verstaan ons nie wat doen ons verkeerd nie of ons verstaan…

Continue

Added by Robbie on July 4, 2011 at 10:02pm — 11 Comments

DIE FOTOGRAAF - 'n Komiese Kykie na ...

Aankondiging.  Hier aan die tuisfront is 'n nuwe spesie ontdek! - die wetenskaplike naam: Fotoskolia fotografus.

Ek wou mos sê daar wil 'n klokkie lui.  Staan hy nie ook in gewone taal bekend as Die Fotoskoler nie?

Eintlik is die spesie al 'n geruime tyd bekend aan die mensdom, maar word nou vir die eerste keer deur 'n makrolens beskou.  Kom ons kyk na die HOOFSPESIE.  Ons het hier te doen met 'n kleurvolle en veelsydige karakter. Ek…

Continue

Added by Marietjie Whitehead on July 4, 2011 at 7:00pm — 10 Comments

PERSEPSIES IN FOKUS!

 

Fotografie verander ‘n mens. Of ten minste verander dit jou persepsies. Dis asof die kameralens jou wêreldbeskouing verbuig en jy dinge anders begin beleef. Want  ... jy fokus!

 

“Waar was hierdie filosofiese insigte jare gelede gewees toe ek “clueless” in die Wysbegeerte klas gesit het?” wonder ek in my enigheid. Ek het niks van die vak gehou nie en dit so vinnig as moontlik…

Continue

Added by Rudi Kleynhans on July 2, 2011 at 9:14am — 12 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html