July 2012 Blog Posts (18)

"Spookbeelde" op digitale kamera vasgevang?

SPOOKBEELDE....

 

Ek wil ‘n klip in die bos gooi...

Hier naby Bloemfontein is ‘n plek genaamd, Sannaspos, met ‘n ryk geskiedenis van oorlog en ook spookstories.

 

Wikipedia:

Sannaspos is 'n spoorwegaansluiting sowat 30km oos…

Continue

Added by Sylvia du Toit on July 31, 2012 at 10:46pm — 5 Comments

Sony sessie nou beskikbaar op die UITSENDINGS tab

Hallo Fotoskolers!

Saterdag se SONY sessie wat in Bloemfontein gehou is, is nou op die UITSENDINGS tab bo aan die bladsy beskikbaar. Kom loer gerus daarna.

Vir die van julle wat dit lewendig probeer kyk het - ons het gestoei met bandwydte probleme, maar so leer ons - een van die dae gaan ons sommer lekker saamspeel met al die fotoskolers in alle stede en lande!

Groete

Igno

Added by Igno van Niekerk on July 28, 2012 at 8:30am — 1 Comment

Fotoskool - Nog iets nuut!!!

Nog iets nuut.

Ek wil julle eers ‘n bietjie meer vertel van my skoolloopbaan hier by Fotoskool. Hierdie blog is ook ‘n eeste vir my, maar ek het nou eenmaal besluit om my vlerke te sprei en ek is nie skaam om foute te maak en so daardeur te leer nie.

Soos Mariska onlangs in een van haar blogs vertel het, is ek ook knoppie-happy as dit kom by foto’s neem. As ek ‘n mooi prentjie sien, raak my kop aan die raas en dan druk ek net aanmekaar die knoppie sonder om eers te dink aan goed…

Continue

Added by Maronel Steyn on July 27, 2012 at 10:24am — 6 Comments

FOTOBOEK

Ek waag nou om iets baie persoonliks en baie sentimenteel met al my maatjies op Fotoskool te deel.  En vir party gaan dit lyk soos 'n nietigheid. Maar vir my is dit 'n groot accomplishment.  En ek het net Fotoskool daarvoor te danke, want hier het ek selfvertroue geleer! Anders sou ek dit nooit aangepak het nie.

Dis iets waaroor ek al baie lank droom. Ek wou nog altyd van my fotos op mooi blink papier in 'n boek gesien het.  En toe die belastingman so goedhartig was om 'n paar…

Continue

Added by Mariska Cilliers on July 26, 2012 at 8:34am — 17 Comments

Nuutste korrespondensie! Fotoskool begin met uitsending van "events!"

Hallo Fotoskolers!

Ek hoop elkeen van julle het sommer 'n wonderlike week wat wag!!  Vir die van julle wat nog nie Jimmy Jim James se pragtige storie oor Twinkelgelees het nie - gaan loer gerus in by die blogs op fotoskool. Dan is daar nog 'n nuwe blog oor Liz se passieen…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 23, 2012 at 8:00am — No Comments

Nuwe Canon Kamera kort opsomming (in Engels) vanaf BHPhoto se webwerf

Canon’s First Mirrorless Camera, the EOS M

By Bjorn Petersen
Published: Monday, July 23, 2012 - 12:01am

The new EOS M is Canon's first mirrorless camera. Combining the imaging quality of a DSLR with the convenience of a point…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 23, 2012 at 7:53am — No Comments

Algemene inligting

Graag wil ek voorstel dat ons FOTOSKOLERS meer moeite sal doen om van mekaar en self te leer...

om `n foto te neem van "iets" is lekker; om `n foto te neem van "ek weet wat dit is" is opvoedkundig...

Kom ons doen meer navorsing oor dit wat ons afneem en leer by mekaar!!

Added by Guy Jacques Zondagh on July 22, 2012 at 7:10pm — 1 Comment

Foto geleentheid

More almal, vir die wat belang stel daar is vanmiddag 14:30 (21 July) n kranslegging by die ou Fort museum en by die Pres Brand Begraafplaas. dit is deur die vriende van die Ou Presidensie gereel ter viering van Pres JH Brand, die 4de President van die Republiek van die Vrystaat. Dalk n goeie foto geleentheid??

Added by Gerhard Beukes on July 21, 2012 at 10:02am — No Comments

Motivering en Dankbaarheid

Op 'n koue Saterdagoggend was dit 'n heerlike voorreg om as spreker by die 212 Greatness Activation Seminaar in Johannesburg op te tree. Nog lekkerder was dat daar sommer 'n hele paar fotoskolers was wat die geleentheid bygewoon het! Ek hoop julle het dit sommer baie geniet! Omdat 'n groot deel van my lewe uit motiveringspraatjies bestaan is dit altyd lekker om dit met fotografie te kombineer. Maar dit was die laaste spreker van die dag wat my baie laat dink…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 16, 2012 at 8:04pm — 7 Comments

Hogsback fotografie kursus 2012

Added by Hennie Cronjé on July 15, 2012 at 4:30pm — No Comments

Dankie

Dankie

So sit ek vanaand voor die platboks... my dogter slaap en seun slaap oor by n vriend en Mamma hardloop rond met haar kamera in die huis en neem alles, wat waag stilstaan, af... buite waai daar so n lui windjie wat deur jou wil en nie om jou nie en sag syfer die Kaapse reen neer,dat jy die ligte klanke van water teen die venster hoor val en dan so af en toe hoor jy n effe groter druppel wat sy pad na die poeletjies…

Continue

Added by Pierre Hardinge on July 6, 2012 at 10:41pm — 8 Comments

"AHA MOMENT" ~ Dankie Fotoskool!

Ek het hierdie week 'n "aha moment" gehad soos Oprah altyd sê!

Eintlik moet ek begin deur te sê "Hallo my naam is Mariska, en ek is 'n foto verslaafde." En wat ek daarmee bedoel is nie my passie vir fotografie nie, maar die hoeveelheid wat ek die knoppie druk. Ek is totaal en al knoppie-happy! My man spot juis as ons met vakansie gaan het ek al 300 fotos geneem net tot by die eerste stop straat.

En dis nou waar my "aha moment" inkom. Want dit is presies waar my…

Continue

Added by Mariska Cilliers on July 6, 2012 at 8:30pm — 8 Comments

Koffietafelboek en Vryfees geleentheid

Hallo Almal!Sommer lekker nuus! 'n Groep baie talentvolle fotograwe het pas 'n fantastiese koffietafelboek die lig laat sien. Vir die van julle wat die Vryfees gaan bywoon en sommer bietjie fotografiese inspirasie soek, loer gerus of julle die volgende kan bywoon:

Nou, bietjie meer oor die boek (en…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 5, 2012 at 8:46pm — 1 Comment

Die belangrike rol van fokuspunte in jou kamera

Enige goeie foto moet aan een belangrike vereiste voldoen. Die foto, of die belangrikste deel daarvan, moet in fokus, oftewel “skerp,” wees. Nou daar is verskeie redes waarom foto’s uit fokus kan wees. As die kamera nie doodstil gehou word nie, gaan die foto nie skerp wees nie. Om daardie rede moet mens die kamera altyd so stil as moontlik hou, en dit is waarom baie fotograwe driepote gebruik. Veral wanneer foto’s teen ‘n lae sluiterspoed geneem word, is daar dikwels kamerabeweging wat…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2012 at 9:40pm — 2 Comments

Nuwe Temafoto-kompetisie

Nuwe tema:

Ons nuwe temafoto-kompetisie is vir Julie en Augustus. Dit gaan sommer 'n heerlike uitdaging wees.

Ons nuwe tema vir ons temafoto kompetisie is - "Stippels en Stoppels." Laai gerus jou foto met die titel: "Temafoto: Stippels en stoppels" voor 20:00 op Sondagaand 11 Augustus om 20:00.

Die wenner sal twee van my motiverings DVD's wen. So laat waai gerus met julle inskrywings. Die…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2012 at 9:35pm — No Comments

Wenke vir Beginners

Kom ons veronderstel jy is ‘n absolute beginner in fotografie. Jy kom met een versoek: Jy wil graag goeie foto’s neem. Jy het slegs twee minute en ek moet vir jou advies gee wat jou kan help. Dis ‘n moeilike versoek, maar kom ons loer na ‘n paar dinge. Neem in ag dat daar heelwat meer dinge is, maar toets jouself gerus aan die volgende:

Eerstens, maak seker dat jy jou toerusting ken. Verstaan die basiese beginsels van…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2012 at 1:47pm — 5 Comments

Vakansiepret met Photostory

Soms vertel ‘n foto ‘n storie, maar soms het mens ‘n reeks foto’s nodig om ‘n lekker storie te vertel. Deesdae is dit so maklik om ‘n foto-video-storie te maak, en dit is sommer ‘n heerlike vakansieprojek ook.

Microsoft bied al ‘n hele paar jaar ‘n kostelose program, Photostory, wat mens van die internet kan aflaai en wat baie eenvoudig is om te gebruik. Dit is werklik eenvoudig, so eenvoudig dat selfs grootmense dit…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2012 at 1:43pm — No Comments

Sprakelose Sprankel temafoto-kompetisie

Hallo Almal,

Na 'n lang oorweging (en verskillende debatte oor watter foto die wenner is), het ons besluit dat die foto wat hierdie rondte wen Liz se foto is. Die foto is lekker skerp, het goeie komposisie en laat stof tot nadenke.

Baie geluk Liz!

Stuur gerus jou adres aan Igno by igno@intekom.co.za

Hier is Liz se foto weer, asook die ander puik inskrywings wat ons ontvang het!…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2012 at 8:56am — 6 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html