August 2009 Blog Posts (5)

RAW vs JPEG

As ek 'n inset hieroor kan lewer - as beginner fotograaf het ek nie die nut ingesien van RAW nie, maar soos ek meer ervaring gekry het en met Lightroom en Photoshop op 'n meer gereelde basis begin speel het, het ek die waarde van RAW besef. Jy het net soveel meer beheer oor jou kleur, saturasie en enige ander verwerking waaraan jy kan dink sonder om resolusie te verloor. Na 4 jaar wat ek stelselmatig RAW begin gebruik het, skiet ek nooit meer met enige ander formaat nie. Om myself hier te… Continue

Added by Sonja Myburgh on August 21, 2009 at 3:14pm — 4 Comments

Fotogroottes en tipes lêers

Net 'n kort blog om bietjie julle gevoel te toets -



Eerstens - watter grootte memory stick is ideaal? Ek sal graag julle idees wil hoor - maar my gevoel is dat 4 X 2GB stokkies (veral vir troues) meer betroubaar is as 1X 8GB. Veral met troues (Dankie vir Sonja Myburgh vir daardie wenk), want mens kan selfs die verskillende dele van die troue (bv wanneer die bruid aantrek ens) op 2 stokkies neem - net om te verseker dat een stokkie jou nie in die steek laat… Continue

Added by Igno van Niekerk on August 20, 2009 at 5:39pm — No Comments

Geniet en Leer!

Twee dinge van fotografie:



Sover moontlik moet mens dit geniet. En waar moontlik moet mens leer.



Nou weet ons almal leer is nie altyd lekker nie. Veral as jou foto's nie gewerk het nie. Jy voel jy wil die kamera eenkant gooi (of vir die res van jou lewe op die auto en P funksies vertrou).



Gelukkig is ons in 'n digitale era waar leer nie so duur is as in die tyd van film nie! Juis daarom moet mens beter as ooit raak in terme van jou… Continue

Added by Igno van Niekerk on August 19, 2009 at 7:56am — No Comments

Een van die waardevolste lesse

Dis seker die mees waardevolle les wat mens in fotografie kan leer.



Maak seker dat jy jou kamera by jou het. Dis nogal moeilik om foto's te neem sonder jou kamera. En saam met daardie les is daar nog enetjie wat nogal waardevol is:



Maak seker jy het 'n driepoot by jou.



Onthou: Die kamera se klein LCD skerm vertel nie die ware verhaal nie. Ook nie die rekenaarskerm nie. Dis eers as mens jou foto op volle grootte sien (100% View of Ctrl+Alt+0 in… Continue

Added by Igno van Niekerk on August 18, 2009 at 5:12pm — No Comments

Wat hier gebeur!

Hallo Almal,

So nou en dan gesels ek met mense op fotografie werkswinkels, sosiale kuiertjies, en by die kameraklub. Mens is vol planne, gedagtes en jy leer sommer baie dinge. Dan neem die tyd weer sy loop, en skielik, drie maande later, het mens vergeet wat jy geleer en beplan het.

As amateur fotograaf bly ek in verwondering oor ons stokperdjie, en die feit dat mens die heeltyd aanhou leer. Daar is soveel nuwe dinge, soveel lekker dinge...en soveel dinge wat mens graag wil deel. Juis… Continue

Added by Igno van Niekerk on August 13, 2009 at 7:42pm — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html