August 2013 Blog Posts (9)

Respek en meer...

Hallo Fotoskolers,

As daar een ding is wat ek van die begin af van fotoskool geniet het, was dit die spontane hulpvaardigheid van fotograwe. Dit was uit die staanspoor nie iets wat ek kon beheer nie, geen mens kan die vorming van 'n kultuur beheer nie - tog het ek ongelooflike waardering daarvoor. Daar is altyd heerlike opbouende opmerkings en mense wat werklik tyd maak om voorstelle te maak en idees te deel.

Gedurende die laaste week of twee is ek konfronteer met mense se…

Continue

Added by Igno van Niekerk on August 28, 2013 at 9:58pm — 11 Comments

My siening oor weerkaatsing.

Die woord Weerkaatsing is volgens die H A T ook Terugkaatsing. Die boom in die water.

Die woord Weerspieëling is ook Terugkaatsing, die boom in die water,  Weergee.  

Die woord Refleksie is ook volgens die H A T Terugkaatsing of Weerspieëling.

Dit lyk dit vir my ons kan enige woord gebruik. Solank dit terug gee wat jy sien.

Hoop…

Continue

Added by Gerrie Lambrechts on August 25, 2013 at 12:15pm — 2 Comments

Wat beteken fotoskool vir my

Ek sit so en dink wat beteken fotoskool vir my? Wat is dit wat my so aan die gang hou hier? hoekom is dit die eerste en laaste plek wat ek besoek as ek voor my rekenaar gaan sit?

Die oplaai van foto's die kommentaar en die raad wat ontvang word om die foto's te verbeter, ja dit is in die eerste plek hoekom fotoskool daar is. Ek is seker daar is ander webwerwe wat dieselfde aanbied, so daar moet iets anders wees, wat my terugbring na fotoskool toe.

Die MENSE dit is wat fotoskool…

Continue

Added by Pieter Steyn on August 25, 2013 at 10:10am — 11 Comments

Kommentaar op my foto's

Heng ek was skepties om 'n inkommer te wees, soos die klein plattelandse klieks sê, toe Rudolph my vra hoekom ek nie aansluit by Fotoskool nie. Ek't so 'n jaar terug dieselfde uitnodiging gekry na 'n klub hier in die Weskaap ook deur 'n dierbare vriend van my. Omdat ek die nare sonde het om soms nie katvoet genoeg met my woorde, vrae uit onkunde en kommentaar om te gaan het ek my vasgeloop in baie ongevraagde, lelike kritiek wat my regtig 'n aap laat voel het en het ek nie vrymoedigheid…

Continue

Added by Riaan on August 21, 2013 at 4:07pm — 2 Comments

Fotoskolers se veld ervarings

Hallo al die Fotoskolers wat daarvan hou om die lang pad te vat en in die natuur deur te bring en daar fotos te neem. Ons kom op plekke wat ons soms regtig met ander mense wil deel, of wil soms meer weet oor die moets en moenies van Natuur Parke, die beste kampe en hoe die paaie lyk. Gestel nou maar ek wil Kgalagadi toe gaan, of die Richtersveld besoek, dan kan 'n mede fotoskolers dalk vertel van hulle moets en moenies wat hulle daar ervaar het. So kan ons met hierdie blog vertel van ons…

Continue

Added by Dana Pienaar on August 12, 2013 at 2:03pm — 9 Comments

Studio ligte

Naand almal,

Ek wil graag hoor wat is die beste beginners ligte vir studio fotografie wees? Plaas asb 'n link waar ek kan gaan kyk hoe dit min of meer lyk en hoeveel die kostes is.

Baie dankie

Groete

Added by Jaco vd walt on August 8, 2013 at 10:30pm — 2 Comments

___Strepies-woorde___

!@^&*:-(.... of soos ons Ingelse vrinne sal sê..   Wtf????    Dit was my emosies toe die eerste keer met Strepies te doene gekry het.    Snaakse bladsye word sommer-so oopgemaak as volle bladsy  of klein 'pop-ups' kom loer ongevraagd op jou skerm vir jou. Raak net aan die strepies-woorde en hulle bespring jou letterlik.  Kort duskant g-tvol, keelvol verby ... besluit ek toe om …

Continue

Added by ArrA on August 8, 2013 at 9:13am — 2 Comments

Kommentaar.

Ek wil net hoor of daar meer lede is wat sien dat daar nou sekere woorde in ons kommentaar blok onderstreep word.  Soms spring daar ook nou so advertensie tussen in. Ek is net bang dit is dalk goggas.  My toetser het gisteraand 3 ure geloop en niks gekry wat verdag lyk nie. Met die speltoetser sukkel ek ook. Ek het ge-google en dit blyk dat Windows-7 se toetser nie so lekker werk nie. Verskoon dus die Engelse woorde wat so inkom.  Fotoskolers julle is tops.

Added by Gerrie Lambrechts on August 5, 2013 at 7:50am — 6 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html