August 2014 Blog Posts (13)

Help - iets "creepy" is besit om te gebeur!

Ek het so 'n week of wat gelede 'n Namibiese landskapsfoto met die titel "Mukurob no more" geplaas. Gisteraand wou ek bietjie skoonmaak en delete onder my FS-posts, en dit blyk dat die foto vervang is met 'n vreemde foto van 'n vroulike gesig - ek ken die foto van geen kant af nie en ek het dit beslis nie geneem of geplaas nie. Die titel is nog dieselfde. Dit is net sigbaar as ek op "My photos" ingaan - op die "slideshow" wys die korrekte foto.

Kan iemand dalk 'n tegniese…

Continue

Added by Dine Potgieter on August 31, 2014 at 10:57am — 6 Comments

Flash of kamera probleem

Hallo daar

'n snaakse ding gebeur die afgelope tyd tydens my foto sessies.

Ek gebruik n Sigma External flash op my Nikon D3100.  Nou merk ek op dat die flash nie altyd afgaan nie. Soms flash dit maar dan is die  foto erg under expose,dan flash dit weer reg vir n paar fotos dan begin dit weer nie afgaan of wel afgaan maar die foto is erg under expose.

Direk daarna neem ek weer n paar fotos met die onboard flash en alles werk dan reg.

Ek maak seker dat die settings…

Continue

Added by Shawn Fry on August 25, 2014 at 5:11pm — 6 Comments

Fotografie Werkswinkel ~ 20 September 2014

Basiese kamera funksies en fotografie riglyne. Germiston, Gauteng. R300 per persoon, sluit middagete, tee/koffie in. Stuur e-pos na perse@vodamail.co.za as jy belangdtel.

Added by Mariska Cilliers on August 24, 2014 at 2:58pm — No Comments

Inligting oor fotografie kompetisie

Added by Igno van Niekerk on August 19, 2014 at 3:00pm — No Comments

Die Foto Wat Ek Nie Geneem Het Nie.

Vissermanne huil oor die ou grote wat weggekom het… Gisteraand het ek geween oor die once-in-a-lifetime foto wat ek nie gekiek kon kry nie! 

Ons woon op ‘n dorpie wat spog met ‘n voortreflike hardewarewinkel.  Ek en my man is d-i-y entoesiaste en gereelde kliënte. Hier het ons Benji ontmoet.  Liewe, goeie ou Benji - altyd gewillig om klante met raad en daad te bedien en die ekstra myl te loop.   In sy dertigs, maar met die aansien van ‘n pas uitgebroeide nonnetjiesuil…

Continue

Added by Louise Viljoen on August 19, 2014 at 2:23pm — 16 Comments

Kirstenbosch Samekoms

Ek val sommer met die deur in die huis...

Ons klomp Kapenaars gaan weer bymekaar kom...die keer is dit by Kirstenbosch. Ons het op die 28ste September 2014 besluit en wil al die Fotoskolers uitnooi... of jy nou van die Kaap is of elders jy's meer as welkom.

Tyd is stiptelik 8 uur die oggend (Eintlik al te laat, maar nou ja) voor die ingang....ons gaan sommer as n groep saam beweeg en die plek met ons kameras oorneem. Ons glo dat die weer dan sal saamspeel en dat…

Continue

Added by Pierre Hardinge on August 15, 2014 at 7:00pm — 11 Comments

Kirstenbosch Samekoms

Ek wil net hiermee vir AL die Fotoskolers uitnooi na n samekoms by Kirstenbosch op die 28ste September 2014...ons vertrou dat die weer great sal wees en dat die blomme pragtig sal wees...

As jy in WesKaap omgewing is is dit goed as jy buite die WesKaap grense woonagtig is is jy net so welkom....

Pak n Piekniekmandjie (eks crazy oor lekker koeksisters...ek se maar net...) bring kids (nie honde en katte nie), jou eggenoot of eggenote....oja jou kamera en driepoot is…

Continue

Added by Pierre Hardinge on August 11, 2014 at 6:37pm — 1 Comment

DANKIE VADER VIR DIE GAWE OM NOG TE KAN SIEN:

Dankie Heer vir die gawe om nog te kan sien….

Na ‘n motorongeluk op 1/7/2014, waarin iemand oorlede is en ek amper my oog verloor het, het ek weereens besef dat die gawe om te kan lewe en te kan sien by ons verbygaan…

 Ek wou dankie sê dat die Heer my oog gespaar het.  Met glasstukke in die oog en rondom die oog was Sy genade baie groot.

Ek het nooit by die getuie uitgekom tot ek Vrydag ons plaaslike koerantjie lees en ek haal Igno se skrywe daarin…

Continue

Added by Sylvia du Toit on August 9, 2014 at 6:56pm — 13 Comments

Ons wereld

Hierdie is nou nie regtig 'n "blog" soos wat ons normaal gebruik nie.

So 'n ruk gelede het ek fotos geneem van die natuur in Lesotho, die dam (die blou, blou fotos van die berge.......)

Vanoggend ontvang ek die volgende foto, vanuit die berg wat uitkyk oor die dam en omliggende gebied en al wat ek kan…

Continue

Added by Engela Johanna Magrietha Britz ( on August 8, 2014 at 7:40am — 7 Comments

Afrikaanse terme

Ek het onlangs 'n skrywe ontvang van iemand wat vra oor fotografiese terme in Afrikaans. Ek wil julle graag vra om in die comments/kommentare op hierdie blog die woorde wat julle al raakgelees het te deel. Ek deel so 'n paar:

crop = sny (maar ek moet noem dat sny nog nie vir my lekker klink nie, dalk het iemand al 'n beter woord gehoor).

zoom = zoem

Aperture = Lensopening (ek het al die woord apertuur ook gehoor).

Shutter =…

Continue

Added by Igno van Niekerk on August 7, 2014 at 9:30am — 23 Comments

Gehalte van fotos

Kan nie help om nou kommentaar te gee op skolers se fotos nie. Die fotos is so goed dat mens nie vir almal eintlik kan se hoe mooi hulle fotos is nie .Dit is n bewys van wat Fotoskool beteken . Skolers leer hier om werklik hoe kwaliteit fotografie te bemeester . Dankie vir die kenners prof Hennie en al die ander julle weet wie hulle is wat so gereeld wenke gee. Dankie Igno ek is so gelukkig hier tussen julle ek kan nie help om my geluk met julle te deel nie

Added by Ferdinand van der Merwe on August 5, 2014 at 8:03am — 2 Comments

Halo en Telefoon/Eskom Drade

Ek wonder of Prof Hennie hier sal raad gee en/of enige een wat meer weet as ek

Ek sien dikwels dat daar gekrit word oor "halo" om n voorwerp. Hoekom is dit nie reg nie? Ek sukkel om hiervan onslae te raak wanneer Son op of sak fotos geneem word. Dit kom ook voor wanneer ek die Canon Powershot gebruik en baie sterk in zoom

Die ander krit wat gereeld opduik,is drade,telefoon lyne of kraglyne. Dit lyk my dis n definitiewe "no-no"

Hoekom?

Gee lyne en drade nie…

Continue

Added by Elna Geringer on August 5, 2014 at 5:55am — 5 Comments

Help asb met Lens keuse

Ek wil graag vir my 'n lens koop, ek het tans 'n canon 70D kamera met 'n kit lens die 18-135 STM.

 

Ek wil die voels, meerkatte ens hier op die plaas afneem asook die kinders as hulle sport doen.

Ek oorweeg die Canon 400mm f4 STM L lens? Het iemand so lens? Beperk die f-stop mens baie? Ek kan ongelukkig nie die ander 400mm van amper R100,000 bekostig nie. Het raad en hulp nodig.

 

En wil ook 'n lens vir portrette aanskaf asook 'n externe flash as iemand…

Continue

Added by Elma Coetsee on August 3, 2014 at 12:57pm — 9 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html