September 2009 Blog Posts (5)

Koffietafel-fotoboeke

Hi almal!

Ek het verlede week foto's geneem vir 'n kliënt, en sy wil graag 'n koffietafel-fotoboek laat druk. Ek het dit nog nooit voorheen gedoen nie - het wel heelwat ervaring van Paint Shop Pro en digitale scrapbooking. Kan julle enige verskaffers aanbeveel? Ek sal enige wenke waardeer!

Added by Martie Venter on September 30, 2009 at 9:50pm — 3 Comments

Die neem van Gesinsfoto's

Hallo Almal,

Ek moes vanmiddag na werk 'n paar gesinsfoto's vir 'n vriend neem. Ek deel sommer so een of twee gedagtes. Dis sommer net lekker om 'n gesprek aan die gang te sit - en ja, dalk inspireer dit nog mense om gesinsfoto's op groepfoto idees te kom ruil. Sonja het onlangs gesels oor moontlike plekke vir lekker foto's. Ek vind dat enige stuk veld altyd lekker werk vir foto's van kinders. (Dink maar aan die mooi foto's van kinders wat hardloop in die gras, speel in die gras ens) Die… Continue

Added by Igno van Niekerk on September 9, 2009 at 9:35pm — No Comments

Dog Show

Daar's 'n Hondeskou op 19 September 10H00 by Grey College. Die kategoriee is: Fancy Dress / Best Dressed Dog, Best Trick en Cutest Dog. Daar kan dalk interessante fotos geneem word op hierdie dag.

Added by Carina Kotze on September 7, 2009 at 9:03pm — No Comments

Fotogeleenthede

'n Voorstel:
As iemand weet van geleenthede waar foto's geneem kan word, kom ons sit dit op die blog sodat daar meer van ons kan deelneem?? Almal van ons werk en leef in verskillende rigtings en weet van verskillende geleenthede, almal is altyd op soek na iets om af te neem. Soos die lugskou, of soos Colin Steyn se skyngevegte ens.
Wat dink julle daarvan?
Sonja Myburgh

Added by Sonja Myburgh on September 6, 2009 at 7:40pm — 2 Comments

FOTO GROOTTE

Hi hoe kry 'n foto se grootte kleiner, wil foto's aflaai op 'n blog maar hulle is te groot

Added by RICHARD VAN LEEUWEN on September 1, 2009 at 3:57pm — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html