September 2010 Blog Posts (4)

Net gewone foto's

Iewers in die week herinner iemand my weer aan een van die ongelooflike waarhede van fotografie -

Soms neem ons net 'n foto - sommer net so 'n foto. Die oomblik is maar 'n doodgewone oomblik. Mense staan rond en gesels, 'n kind sit op sy driewielfiets... iets allerdaags.

Maar oor 'n paar jaar is dit nie meer allerdaags nie. Dan is dit 'n kosbare herinnering. 'n Foto wat mens terugneem na 'n ander tyd. Die kind is lank nie meer op die driewiel nie - van die mense…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 30, 2010 at 9:40pm — No Comments

Cell C mini lugskou 19 Sep 2010

Ek het twee fotos opgelaai van die afgelope naweek se Cell C mini lugskou. Die lug was 'n lelike kleur gewees en baie deinserig. Die agtergrond is dus nie mooi nie.



Wat die fotos besonders maak is die posisie waar dit geneem was - reg op die eindpunt van die aanloopbaan wat met spesiale toestemming geskied het.



Dit is 'n geweldige ervaring om die vier bulderende Harvards laag bo-oor jou te sien vlieg met hulle kenmerkende klank. Dit is seker iets wat net een keer toegelaat was… Continue

Added by Charles Whitehead on September 20, 2010 at 10:00am — 1 Comment

Matriekafskeid en meer...

Sjoe!



As ek so na die boodskappe kyk wat ek kry oor matriekafskeidfoto's, dan lyk dit vir my ons is almal in vir die groot fotosessie.

Verskillende mense het wenke gevra oor matriekafskeidfoto's - so ek doen my bes...



Hier is my top wenke, en ek nooi almal van julle om nog wenke by te voeg:



1) Maak seker jou kamera is gelaai, het genoeg batterye, jy het 'n rugsteungeheuekaart (backup in goeie Afrikaans). As daar nou een ding is wat naas 'n troue moeilik… Continue

Added by Igno van Niekerk on September 13, 2010 at 8:17pm — No Comments

lens

Hallo almal.

Waar in Pretoria kan ek n canon 50mm f1.8 lens voor 20-09-2010 koop? dit is dringend asseblief.

Added by PC Potgieter on September 12, 2010 at 11:39am — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html