September 2011 Blog Posts (16)

Oor foto's en stories

Verlede week het ek die voorreg gehad om 'n motiveringsaanbieding by 'n prinsipale kongres te lewer. Wat 'n wonderlike voorreg om met 900+ mense te gesels oor hoe om meer inspirerend te wees ter wille van ons jeug se toekoms.

En ja, die heerlike voorreg was dat ek alles met foto's en stories kon doen. Net daar het ek weer besef dat ons nooit die krag van foto's en stories moet onderskat nie. Foto's het al keerpunte in die geskiedenis veroorsaak, familiestruwelinge begin en beeindig,…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 28, 2011 at 5:36pm — 2 Comments

Foto's instuur

Added by Hennie Cronjé on September 23, 2011 at 7:00pm — 3 Comments

Papierpaleis Inskrywings

Hallo Almal,

Die Papierpaleis tema het almal nogal lekker laat dink. Ek deel gou die wat ek kon raakloop, laat weet gerus as ek iewers ene gemis het! Hierdie is tans die lys waarna ons sal loer vir 'n wenner...

 

Ons begin met Marietjie se paleis - 

En dan was daar Michael…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 21, 2011 at 7:00am — No Comments

"Raaksiener"

 

Die visuele reis van emosies wanneer ek deur foto’s kyk bly ‘n verwondering.  

Ons het onlangs verjaarsdag geskenk gesoek.  Wat gee ek vir my ma op haar 70ste verjaardag.  Ek hoor myself die syfer in my gedagtes herhaal – sewentig, kan dit waar wees.  Waarom het die tyd so saggies ongemerk verby geglip.  Hoe kon ek dit gemis het.  Onwillekeurig begin ek terugdink en probeer ‘n “pause” knoppie druk wanneer ek iets onthou.  Ek besef ook dat die herinneringe soos kiekies in my…

Continue

Added by Adriaan Laubscher on September 20, 2011 at 1:31pm — 10 Comments

Gaan kyk hierna

Die "aurora lights" of "Northern lights" is n baie interessante verskynsel wat in die nag hemel naby die Noordpool voorkom. Ek dink om die fenomeen te fotgrafeer, stel besonderse eise aan enige fotograaf. Die kleur en beweging wat gewoonlik teen n donker, swart hemelruim verskyn het pragtige kleure. Die sleutel kwessie is dat dit alles "natuurlike lig" is.

Een fotograaf wat homself reeds goed onderskei het om dit af te neem is Dennis Anderson. Gaan kyk n bietjie op die volgende web…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 19, 2011 at 6:29pm — No Comments

HDR?

Is daar dalk iemand in die Centurion are what lus is om `n paar togs te vat en ons teleer om HDR te doen. Iets soos Frank se photo buddy konsep 3 of 4 togs gaan saam en reel model of tema en bespreek die shoot en die uitkoms na die tyd.

Added by Frans Venter on September 16, 2011 at 4:00pm — 13 Comments

Lag n keer soos ek, oor hierdie storie

Ek het hard en lank getob oor die besluit. Ek moes kies tussen "respek vir ander" en n ondeunde "sin vir humor". Laasgenoemde het gewen. Ek hoop nie ek kom enige iemand te na nie, of gee aanstoot nie, maar die volgende vertelling het my laat skater lag.

Die storie is n uitreksel van n ene Graham Martin wat vertel oor sy belewenis om as amateur fotograaf, die laaste "Shuttle" lansering af te neem.

"To a Shuttle photographer this was like being shown the holy grail! No way was I…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 14, 2011 at 1:30pm — 1 Comment

Namakwaland 2

Ek wil graag nog 3 foto's oor Namakwaland oplaai en heg hulle hierby aan.

Hennie

 

 …

Continue

Added by Hennie Cronjé on September 13, 2011 at 5:00pm — 3 Comments

Namakwaland

Continue

Added by Hennie Cronjé on September 13, 2011 at 4:30pm — 3 Comments

grein van fotos en lig

 

Ek sukkel partymaal met my fotos in n vertrek wat genoeg lig het of dalk te donker is. my Canon 400 D se fill in flash het gegaan maar ek het n external flash die Canon Speedlite 430EX 11.

as ek die flash gebruik dan is die gesig dalk oorbelig en die res donker.

partykeer lyk die grein van die fotos te swaar. is dit die lig of is dit my settings.

 

Ek sien julle se ons moet net aanhou speel en probeer. nou ja aanhouer wen dalk.

 

dankie

Added by Anet Potgieter on September 12, 2011 at 11:00pm — 6 Comments

Om goed te wees moet jy bereid wees om vrot te wees...

Elke keer na 'n Beginnersfotografie kursus is daar mense wat terugkom en voel dat hulle foto's baie swakker is as ooit tevore, vandat hulle van die Auto-knoppie wegbeweeg het. En dit is ook so. Maar dis hulle wat uitvind wat foutgaan, wat weer probeer, en wat aanhou stoei wat later gefassineerd met hulle puik foto's terugkeer...

 

Mens moet seker maar bereid wees om vrot te wees voordat jy kan probeer goed wees...moet net nooit moed verloor nie!

 

Onlangs luister…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 12, 2011 at 9:09pm — 2 Comments

Wenner van die Pouse langs die Pad temafoto-kompetisie

Hallo Almal,

Danksy Hennie se besoek aan Namakwaland vandeesweek het ek bietjie gewag met die kies van die wenner van die "Pouse langs die Pad" temafoto-kompetisie. Hennie is nog skaars uit die motor, toe moes hy help beoordeel! (En sien ons nie uit om sy Namakwaland foto's te sien nie!)

Nou loer gerus weer na al die foto's, dink oor watter een vir jou die meeste van "pouse langs die pad" vertel, en kyk of jy dalkies met die beoordeling saamstem. So, kom ons loer…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 12, 2011 at 8:22pm — 5 Comments

Raw fotos. Raad nodig oor die invoer en organisering daarvan.

Vriende, ek het jul raad nodig. Hou in gedagte ek is deel van die BC (Before Computers) generasie.

Tot dusver het ek hoofsaaklik in die JPEG formaat afgeneem en Lightroom 3.4 gebruik vir redigering.

Ek het 'n Lenovo Thinkpad PC met Windows 7 Professional waarop ek werk.

My prosedure is as volg:

Eerstens skep ek 'n "file" in "pictures" op my hardeskyf as dit 'n stel fotos oor 'n nuwe onderwerp is. Die "file" is dan ook in Lightroom.

Tweedens voer ek die…

Continue

Added by Josef Steyn on September 11, 2011 at 5:51pm — 3 Comments

Hoe om 'n groepie mense met een flash af te neem

Ek is gevra om Corine se vraag en die antwoord in a Blog om te skakel en ek doen dit met graagte.

 

Soms kom mens in 'n situasie waar jy gevra word om klein groepies mense af te neem soos in Corine se geval by 'n 21ste verjaarsdag geleentheid. Die probleem is : jy het net een flits! Een flits gaan bietjie problematies wees om die volgende redes :

1 - Een flits gaan skadus gooi teen die agtergrond (muur ens)

2 - Die flits se klein ligbron gaan harde lig op die…

Continue

Added by Charles Whitehead on September 8, 2011 at 10:01pm — 9 Comments

Die temafoto "Pouse langs die Pad" Inskrywings:

Hallo Almal,

Ek plaas in hierdie blog gou die inskrywings vir die "Pouse langs die Pad" temafoto-kompetisie. Ons wil graag almal beoordeel, so laat weet gerus indien julle dalk weet van ene wat oorgeslaan is...

Wat duidelik uit hierdie foto's blyk is dat ons fotoskolers langs vele paaie beweeg en baie stories het om met hulle foto's te vertel!

 

Charles het uit sy pad gegaan om die dinge langs die pad te rangskik:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 6, 2011 at 8:30pm — No Comments

Die blou skynsel op foto's

Ek het n wenk wat ek graag deel.

 

Wanneer n foto geneem word, veral in die geval van panorama foto's, is daar n geneigheid om, veral op die horison of op die gedeeltes wat "diep" in die agtergrond is. Ek verwys daarna as die "blue color cast".

 

Die fotograaf kan dit verminder deur na die "white balance" verstellings op die kamera te gaan en dit te verstel van "outomaties" na "overcast" of "shade".

 

Uit die aard van die saak kan n mens dit…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 1, 2011 at 2:25am — No Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html