October 2010 Blog Posts (4)

Portrette: Deel 3 - Gryp die oomblik

Wat is die mooi Afrikaanse woord vir "candid?" - Ek het nie 'n idee nie. Maar soms gebeur iets so spontaan, natuurlik en skielik, dat mens moet vergeet van komposisie en net neem. Sommige portretoomblikke is net so waardevol dat ek nie bekommerd is oor halwe melkbekers in die voorgrond nie. Ek's net so bly ek kon die oomblik vang. Hier sit Benno (my seuntjie) en sy Ouma en koffie drink. (Benno het sy ma se warm sjokolade koppie beet). Dit was daardie laaste…

Continue

Added by Igno van Niekerk on October 29, 2010 at 9:00pm — No Comments

Portrette Deel 2 - Atmosfeer deur die model!

Een van die belangrikste redes waarom 'n fotograaf moet verstaan hoe haar/sy toerusting werk, is om atmosfeer op die beste moontlike manier vas te vang ten einde uit te beeld te skep wat jy graag wil. Klein verstellings het 'n radikale impak op die atmosfeer van 'n foto - 'n effe onderbeligte portret kan meer melodramaties lyk, terwyl 'n helder beligte portret meer "lewenslustig" kan lyk.

Tog, dis nie die fotograaf alleen wat die "atmosfeer bepaal nie. Die model speel…

Continue

Added by Igno van Niekerk on October 28, 2010 at 9:00pm — No Comments

Portrette - Deel 1 - Dinge om op te let: Agtergrond...

Portretfoto's! 'n Paar jaar gelede was dit 'n stokstywe en formele geleentheid. Ongemaklike gesinne het in hulle warmste en pragtigste klere die ligte van foto-ateljees trotseer om " die familieportret" te laat neem. Ook individue het op klein stoeltjies gesit en wag tot die fotograaf "cheese" uitroep, en dan met 'n soms baberagtige glimlag onsself verewig vir die nageslag!

Dankie tog vir die nuwe digitale generasie! Hoewel die jonges…

Continue

Added by Igno van Niekerk on October 27, 2010 at 8:59pm — No Comments

Kreatiwiteit en die tyd waarin ons leef!

Is dit nie wonderlik dat ons in 'n tyd leef waar ons meer as ooit tevore die geleentheid het om ons kreatiwiteit uit te leef nie? Ek loer gereeld na die foto's hier op fotoskool en besef dan watter ongelooflike voorreg ons het. Ek kom uit die dae van film (waar elke foto 'n paar rand gekos het), en mens nie kon "apieloer" op die kamera se skermpie om te sien hoe die foto lyk nie...Om nie te praat van selfone wat kameras geword het nie! (Genade waar is die tyd toe die foon in die huis was en…

Continue

Added by Igno van Niekerk on October 12, 2010 at 9:04am — 3 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html