Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo Fotoskolers!
Sjoe, vir lank het ons nie gesels nie, nou gesels ons sommer twee keer in een week. Hoop dat dit met julle almal voor die wind gaan hier in die middel van die week!!
Temafoto-Wenners:
Baie geluk aan die wenners van ons temafoto kompetisie. Kom loer gerus na wie die wenners was by die blog area op fotoskool.…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on October 24, 2012 at 4:06pm — No Comments
Ek is onlangs gevra om 'n "Troufotograaf van die jaar" kompetisie te beoordeel. Wat my verstom het was die fotograwe wat deelgeneem het se onvermoe om goeie foto's in hulle "portfolio's" vir beoordeling te plaas. Daar was by die meeste van die deelnemers redelike foto's, maar dis asof hulle dit afgejaag het. Het jy vandag 'n portfolio van jou 10 of 20 beste foto's wat jou kwaliteite as fotograaf vir mense wys?
Ek deel graag my terugvoer aan die deelnemers. Dit klink dalk…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on October 24, 2012 at 4:00pm — 2 Comments
Hallo Almal,
Ons het lekker lank kopgekrap oor die wenner van hierdie kompetisie. Dit klink al afgesaagd om te noem dat al die foto's mooi was, maar werklik, hoe kies mens? Elke foto het meriete en kan deur enige ander beoordeling as die wenner gekies word...
Hier is almal weer... En onderaan noem ons die wenners...
Hier is Elzane se foto:…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on October 24, 2012 at 3:56pm — 13 Comments
Hi julle ek weet dis eintlik sommer niks maar ek is nogal heel in my noppies. Vier van my fotos verskyn saam met 'n vol blad artikel in ons plaaslike koerant( dit is oor die 4x4 pret dag)!
Dit is lekker om die koerant op te tel en jou eie fotos te sien!
Miskien is hier iemand wat ons so bietjie meer kan vertel oor foto voorbereiding vir publikasie doeleindes?
Added by Sandra Grobler on October 24, 2012 at 2:46pm — 5 Comments
Hallo Almal!
Hoe lekker om te sien hoe hierdie tema interpreteer is. Kom ons loer gou na die inskrywings:
Laat weet ook groot asseblief as ons iemand se foto uitgelaat het! Dan plaas ons dit ook voor beoordeling.
So, wat dink julle van die foto's?
Hier is Elzane se foto:
Hier is Coline se foto:…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on October 16, 2012 at 7:26pm — 7 Comments
Hallo Almal,
Indien daar van julle is wat in die grafiese ontwerp kant van fotografie (of ontwerp) belangstel, deel ek graag dat daar op 29 en 30 Oktober 'n "Design-konferensie" in Bloemfontein plaasvind.
Loer gerus na die aangehegte dokument vir meer inligting.
Groete
Igno
Added by Igno van Niekerk on October 16, 2012 at 12:41pm — No Comments
Added by Gerhard Oosthuizen on October 12, 2012 at 11:00am — 7 Comments
Graag bied ek die volgende kameratoesting aan my mede fotoskolers aan. Al die toerusting is in prima kondisie en is net so goed as toe hulle nuut was. Die enigste rede vir verkoop is omdat ek dit nie meer gebruik nie as gevolg van die feit dat ek opgradeer het. Die ring lite flash wat ek aanbied is splinternuut en is nog glad nie gebruik nie. Ek verkoop dit omdat ek vind dat my fotografie in 'n rigting beweeg waar ek dit selde gaan…
ContinueAdded by Josef Steyn on October 11, 2012 at 9:02pm — No Comments
Graag deel ek die prosedure wat ek gebruik om met Photoshop 'n aantal fotos te "stack" (Ek gebruik Photoshop CS5).
Die doel van "stacking" is om 'n aantal fotos wat op verskillende vlakke gefokus is saam te voeg sodat 'n foto verkry kan word wat oral in fokus is. Ek gebruik dit veral in blomfotografie wanneer dit my doel is om die hele blom in skerp fokus te kry en waar dit…
ContinueAdded by Josef Steyn on October 11, 2012 at 6:30pm — 4 Comments
Hello almal ek bly in Bloemfontein en ek wil net weet waar kan n mens Backdrop koop in Bloemfontein
Added by Jaco vd walt on October 8, 2012 at 11:10am — 4 Comments
Added by Petra on October 8, 2012 at 9:07am — No Comments
Hallo, as iemand dalk kan help. Ons het 'n Canon 1000D wat ons al 'n paar jaar gebruik met 'n 18-55mm,55-250mm (Canon) en 70-300mm(Sigma) lens. Omtrent twee weke gelede het die kamera snaakse geluide begin maak as ons die 55-250mm Canon lens opsit, die lens auto zoom en dan klink dit of iets in die lens / kamera "kook". Ons gebruik liewer nie die lens nie omdat ons bang is dit beskadig die kamera. Was vandag na Camera Tek in Randburg, maar toe die technician kyk en luister is daai lens /…
ContinueAdded by Henk Pretorius on October 6, 2012 at 8:19pm — 4 Comments
hallo, kan iemand raad gee asb. Ek het 'n nikon D3000 by iemand gekoop maar sy lens is stukkend, ek moet dit vervang. Aangesien ek moet 'n ander een koop, wat sal die voorstelle wees. Moet ek opgradeer of moet ek maar by dieselfde een bly. Dit is die standaard lens wat hulle mee uitkom. Dankie as iemand my kan help.
Added by charmaine van der merwe on October 2, 2012 at 12:20pm — 7 Comments
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by