Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo Fotoskolers!
Sjoe! Desember is hier... ek MOET eers gou vir julle hierdie storie vertel!
Een van my Leierskapstudente skryf in 'n werkstuk oor sy pa - "My dad was a REVERSE-PARANOID, he always believed that the universe was conspiring to do something GOOD for him!"
Is dit nie die pragtigste uitkyk op die lewe nie?
As fotograaf leer mens mos maar dat GLO IS SIEN. As jy glo dan kry jy oulike foto's, as jy nie glo nie - dan kry jy die teenoorgestelde…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on November 29, 2012 at 9:05am — No Comments
Sien julle die fout?
Ek dink dit is dikwels so met ons fotografie - mens raak so betrokke by die "prentjie" wat jy afneem dat jy dikwels vergeet van die tegniese deeltjies - soos goeters in die agtergrond, of blink onderwerpe wat die aandag steel, of bloot om net seker te maak daar groei nie lamppale of spuitfonteine uit jou onderwerpe se koppe nie.
Sien julle die fout op die prentjie ... of is dit te te…
Added by Igno van Niekerk on November 29, 2012 at 8:17am — 3 Comments
Ek het so n ruk gelede 2 fotos van monumente geplaas van die voortrekkers (naby Graaff Reinette) Die een met die ossewa-wiel wat donker was, wou ek gister (21/11) weer afneem en dis nie meer daar nie.So nog n stukkie geskiedenis daarmee heen behalwe as dit net verskuif is.
Nota bygevoeg:
Volgens Chris Jooste was daar n nota in die koerant dat die Andries Pretorius monument be Graaff Reinette verskuif word a.g.v vandalisme. Dankie vir die info
Added by Donald Daniel Jacobs on November 22, 2012 at 9:00am — 2 Comments
Hallo Fotoskolers!
Ek dink baie van ons ken al die basiese reels van fotografie (die derdes, die eenvoud, die balans ens). Tog, een van die goed waaraan ons min aandag gee is die "bewerking" van die foto terwyl dit geneem word. Die eerste reel is toerusting! Dit was so 'n lekker lui naweek dat ek nie eers daaraan gedink het om my kamera saam te dra toe my suster se seun ons help om die kano af te dra spruit toe nie. Bewerking van foto's begin met die toerusting, jy "bewerk" 'n foto…
ContinueAdded by Igno van Niekerk on November 21, 2012 at 9:56pm — No Comments
Is daar iemand wat die Nikon D3200 gebruik. Is jy tevrede met hom. Ek sukkel met die "sharpness" van my fotos. my vorige camera was die D3000 en sy beeld was baie beter. Ek het om terug gestuur Nikon toe en hulle se hulle het die sharpness gestel maar ek sien nie n verskil nie. Laat weet asb.
Added by Henry Inocco on November 19, 2012 at 8:06pm — 6 Comments
Ek het asseblief die kenners se hulp en raad nodig.
Ek is gevra om 'n tender in te sit vir 'n kommersiële photo shoot. Die kliënt het 'n plaas gekoop en soek fotos van die diere op die plaas, sowel as "landscapes" op die plaas.
Die kostes na die plaas en terug is nie 'n probleem nie en ek kan vir dit al tender. My probleem kom in by die shoot self. Die kliënt soek al die fotos in digitale formaat. Geen prints gaan gemaak word nie.
Hoe vra ek en vir wat…
ContinueAdded by Bertie Johan Theron on November 17, 2012 at 9:57am — No Comments
Goeie more
Kan iemand my bietjie advies/opinie gee. Ek wil graag vir my 'n nuwe SLR kamera koop. Ek neem nog heeltyd met Canon. Maar nou weet ek nie of ek weer 'n Canon moet koop of eerder oorgaan Nikon toe nie. Watter een van die sal julle voorstel?
Henriette
Added by Henriette Zeelie on November 16, 2012 at 12:10pm — 10 Comments
Kan julle dalk meer lig op die onderwerp gee.
Ek is ingelig dat jy begin met jou RAW file en doen die algemene verwerking soos(exposure,contrast,clarity,white balance ens.)
Daarna moet jy die RAW file convert na TIFF.
Nou doen jy verdere editing in Photoshop( al die mooi maak goed) met die TIFF file.
Nou eers "save" jy die file as 'n Jpeg.
Is die proses die korrekte een om te volg? Waarom eers na TIFF en nie somer direk na JPEG?
Groete…
ContinueAdded by Shawn Fry on November 4, 2012 at 9:54pm — 2 Comments
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by