December 2011 Blog Posts (33)

Die vakansiepret foto's - finaliste

Hallo Almal,

Die vakansiepret kompetisie het gesluit, en ek deel graag met julle die ses finaliste... Om net hierdie 6 te kies uit die pragtige verskeidenheid was weer eens 'n nagmerrie! Baie dankie vir elkeen wat hulle pragtige pret-oomblikke kom deel het!

Wie dink julle gaan die wenner wees, onthou daar is 'n eerste en tweede prys... Kom deel gerus jou mening in die "comments" afdeling...

As jy al die inskrywings wil sien, gaan gerus na die "FOTO'S" bladsy bo, en by…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 31, 2011 at 6:35am — 8 Comments

Die Mahala Temafoto's sover...

Hallo Almal,

Soos wat die Mahala temafoto's inkom besef ek hierdie gaan 'n taai ene wees! Ek laai solank die wat ek raakloop, kom lewer gerus julle menings in die "comments" gedeelte... Hierdie foto bepaal wie fotoskool se eerste "Fotoskool Fotograaf van die jaar" gaan wees!

Onthou gerus, daar is nog tyd tot 31 Des om 12:00 vir die ander finaliste (temafoto-wenners deur die jaar) om foto's te kom deel. Kom maak ook seker of jou foto op hierdie blog is, indien dit reeds na die…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 30, 2011 at 2:44pm — 7 Comments

Nikon vs Canon foto aflaai tyd

Ek was al die jare 'n Canon man maar het nou oorgeslaan na Nikon.

My probleem is dat die fotos =/- 1.45 mb was met my Canon. Ek sien die grootte met die Nikon is oor die 6mb. Dit vat 'n dag om die fotos af te laai. Waar is die fout. Ek het 'n Nikon 5100. Help asb.

Added by Dries Reyneke on December 26, 2011 at 7:30pm — 11 Comments

Liezl se Kersfeeshuisie

Aan al die "Fotoskolia Fotografii"

Mag die liggies van Vrede en Vreugde net so helder skyn in jul wonings en harte gedurende 2012 !

'n Baie Geseënde Kersfees vir almal…

Continue

Added by Charles Whitehead on December 25, 2011 at 9:01pm — 2 Comments

Nuutste Korrespondensie - Geseende Kersfees!

Hallo Fotoskolers!

Dis Kersaand. Die horlosie begin al weer tik na Nuwejaar, en dan jaag ons weer. Ek gun vir elkeen van julle vrede, liefde, mooi stories en pragtige herinneringe. Ek stuur hierdie e-pos met dankbaarheid aan almal wat hierdie jaar deur fotoskool met hulle stories, foto's, kommentaar, ondersteuning en inloer by fotoskool dit 'n voorreg gemaak het om met fotoskool te…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 25, 2011 at 7:21pm — 5 Comments

Kersfees Geskenk Verrassing

Liewe Fotoskool lede,

 

Ek wil graag met julle my storie deel en ek kan ongelukkig dit nie met net 1 foto vertel nie, maar ek het die 4 foto's as een gemaak.

Klein Jos (Jozette) is gebore nadat haar Ma en Pa vir 12jaar gesukkel het om 'n kindjie te kan hê. Sy is soos 'n engeltjie wat gestuur is vir haar ouers en die dierbaarste ding wat ek ken.  Ongelukkig met vandag se ekonomie en die lewenskostes wat so duur is, is haar Ma gedwing om aan te hou met werk soos baie…

Continue

Added by Susan on December 25, 2011 at 4:49pm — 2 Comments

Kersfees Geskenk Verrassing

 

Added by Susan on December 25, 2011 at 4:34pm — 8 Comments

Geseende Kersfees

Hi aan almal
Aan al die leeringe en "regwysers" hier by die skool julle moet n geseende kersfees he en sommer n baie voorspoedige 2012. ek gaan op n welverdiende breek na die mekka van fotografie (Namibia) OA na Spitzkoppe, Torrabaai, Kaokaveld, Damaraland en ook Van Zylspas om. So die kamera gaan veseker oortyd werk. Geseende groete uit Botswana

Added by Burger Strauss on December 24, 2011 at 12:20pm — 1 Comment

Keuses

 

 

“Pappa, jy mag nie vir my jok nie!” Dis my jongste aan die woord met ‘n ernstige kyk in haar oë. “Is Kersvader regtig?”

 

Dit was een van daardie rigtinggewende oomblikke. Ek moes fyn dink. Uiteindelik, nadat ek my in ‘n splitsekonde beroep het op al my professionele en persoonlike ervaring, kom my versigtige antwoord: “Dit hang af wat jý kies om te glo.”

 

Ek kon die vraagteken in haar oë sien en ek verduidelik toe verder: “As jy kies…

Continue

Added by Rudi Kleynhans on December 24, 2011 at 11:30am — 10 Comments

Somer Kersfees

 

Na aanleiding van Igno se versoek om ons gunsteling Kersfees foto oomblik te deel het ek gereken dat ek die volgende moet deel.  Sekere oomblikke beleef mens egter sonder ‘n kamera en het ek ongelukkig die foto met my hart geneem.  Ek vertel graag:

 

Somer Kersfees

“Kersfees kom, kersfees kom, gee aan God die eer…skenk ons ‘n helder somer Kersfees…” weerklink die stemme van die gemeente terwyl die reëndruppels teen die vensters afloop.  Ek maak my oë saggies toe…

Continue

Added by Adriaan Laubscher on December 23, 2011 at 6:51pm — 3 Comments

Hoe kan ek my foto's verbeter?

Oor die algemeen is die foto's wat na Fotoskool ingestuur word van 'n goeie standaard, maar hier is die sewe algemeenste foute wat mense maak:

  1. Die agtergrond is te besig.
  2. Beligtingsfoute, veral waar 'n ligte lug maak dat die landskap voor te donker is.
  3. Gebrek aan kontras - die foto lyk leweloos.
  4. Raampies wat oordryf word en die aandag wegtrek van die foto.
  5. Te veel kontras tot so 'n mate dat die foto onnatuurlik lyk (veral met…
Continue

Added by Hennie Cronjé on December 23, 2011 at 8:36am — 2 Comments

Seekoei gee geboorte

Ons was vir n rukkie Manyane toe, in die Pilanesberg.

So met die rondry kom ons af op die storie dat daar n seekoei is wat besig is om te kalf.

Nodelos om te sê jaag ons nou na hierdie watergat om die geboorte te gaan belewe. 'n Geleentheid om nooit te vergeet nie. Min mense het seker al so n voorreg gehad om dit te aanskou.

Daar aangekom vind ons die dier wat al vyf dae daar lê in n modder gat nie veel groter as sy self nie. Ons merk sy is ongewoon rustelooos. Die dam…

Continue

Added by Debbie Louw on December 23, 2011 at 8:01am — 2 Comments

Ok wat se julle hier van?

A photograph of a river, some grass, and sky was auctioned at Christie’s in New York last week for a record-setting $4,338,500 to an unknown buyer. “Rhein II,” created in 1999 by German artistAndreas Gursky, beat out Cindy Sherman‘s previous photo auction record of $3.89 million in May, 2011. 

We can’t…

Continue

Added by Burger Strauss on December 22, 2011 at 10:18pm — No Comments

Kersfees

Elke Kersfees het altyd sy eie bekoring gehad. Een van hulle was, al is daar nie geld vir geskenkies nie, kan jy nog altyd 'n geskenkie gee!  Raai, raai!!  Een Kersfees het my ma (pa was al oorlede) besluit hierdie slag koop ons nie geskenkies nie, maar, soek 'n prentjie van dit wat jy graag vir die ander een wil gee. (Ons is 'n hele hand vol kinders en toe nog skoolgaandes ook!) Dit was 'n opgewondeheid, want nou kan ek vir een 'n plaas gee, of selfs daardie rooi brandweer trok!  Die…

Continue

Added by Marita McCabe on December 22, 2011 at 8:55pm — 2 Comments

My beste Kersgeskenk

Vandat ek kan onthou het ons hele familie in een straat gebly en dit is hoe dit was vir baie lank ons het van die een kant van die straat af begin stap en elkeen by sy huis gaan kry en so het almal alles saam gedoen. Dit was altyd die wondelikste oor Kerstyd. Tot vandag toe werk dit nog dieselfde, Almal koop geskenkies en almal kuier by iemand (Almal kry n beurt so deur die jare) se huis. Soos natuurlik kom Kersfader die straat afgestap met n groot rooi sak oor sy skouer. En begin geskenke…

Continue

Added by Charmein on December 22, 2011 at 4:23pm — 3 Comments

FOTO'S GEDRUK OP BEKERS, TEELS, PUZZLES, BORDJIES ENS

Met vergunning van Igno wat my toestemming gegee het, wil ek graag net noem dat ek enige foto of prent ( of tekeninge) op wit koffiebekers, bordjies, puzzles, teels (in rame en sleutelhanger) en te veel om op te noem, druk. Druk ook fotos op 100% katoen (wit) T shirts asook op 100% Polyester (wit) hemde. Daar kan ook op donker kleur hemde gedruk word. Vir mense wat "laslappie" werk doen, fotos of effekte word ook op ongebleikte linne ook gedruk. Ek druk ook sleutelhouers…

Continue

Added by Deon Smit on December 22, 2011 at 1:06pm — No Comments

Waarmee begin 'n beginner...'n Paar idees...

Een van die vrae wat ek baie dikwels gevra word is van mense wat wil weet watter kamera hulle moet koop. En dit is seker een van die moeilikste vrae wat mens kan kry. Ons is nie elkeen in dieselfde situasie nie, en daarom kan mens nie regting namens iemand anders besluite neem nie. Tog, kom ons loer na wat die ernstige entoesias dalk sal nodig hê.

Die eerste vraag wat jy jouself sal afvra sal wees: “Wat wil ek met die kamera doen?” En dan die volgende vraag: “Hoeveel is ek bereid om…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 22, 2011 at 8:33am — 3 Comments

Nuutste Korrespondensie - Kom deel jou storie

Hallo Fotoskolers!

Vanoggend nadat ek weer na Rudi se kostelike kersvaderjas foto gekyk het, kry ek die volgende idee...ek wil julle almal vra om saam te kom speel/kuier...in die gees van die feesseisoen...

Kom deel gerus jou gunsteling foto-oomblik van die jaar as 'n kort storieblog op fotoskool. Jy kan die foto ook bysit. . Die foto hoef nie tegnies korrek te wees of beoordeel te word nie, maar dit sal heerlik wees om 'n paar blogs van jou gunsteling oomblikke te lees - (jy…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 22, 2011 at 8:27am — No Comments

Ietsie lig oor die vasvang van lig - Lensopening

Dis eintlik baie eenvoudig om te verstaan hoe ‘n kamera werk. Fotografie beteken mos om met lig te verf. Nou wanneer ons iets afneem laat ons die kamera toe om die lig “op te neem” en die prentjie wat in die lig verskyn dan “vas te vang.”

Nou kom ons vergeet van al die ander dinge en ons gesels vandag oor die hoeveelheid lig wat jou kamera vasvang. Hoe word dit bepaal? Wel, kom ons vat ‘n eenvoudige voorbeeld, as jy ‘n yskasdeur oopmaak – hoe lank vat dit voor jy die koelheid voel?…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 21, 2011 at 12:00pm — 1 Comment

Terug in Bloemfontein

Na 'n paar dae in Lesotho waar daar geen kontak met Fotoskool was nie, is ek weer terug en kan weer kommentare lewer. Aangeheg is 'n foto van die Maletsuneane waterval (die spelling is miskien nie heeltemal reg nie).…

Continue

Added by Hennie Cronjé on December 20, 2011 at 4:22pm — 11 Comments

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html